| TERUG NA BELEIDE |
NAMA KHOI MUNISIPALITEIT
REIS-EN
VERBLYFTOELA
Inleiding
Die jurisdiksiegebied van die Nama Khoi Munisipaliteit is
dit wat deur die Afbakeningsraad voorgehou is.
Buite
jurisdiksiegebied ( indien oornag )
Indien ‘n werknemer moet oornag buite die grense van die
munisipaliteit se Hoofkantoor of Streekkantoor (gesien die setel van die
amptenaar) is die volgende opsies van toepassing :
1.
‘n
Bedrag van R370.00 per 24 uur en ‘n bedrag van R185.00 vir meer as 6 ure waar
die werknemer nie oornag. D.w.s.
waar ‘n werknemer 30 ure weg van sy standplaas gaan wees en hy/sy oornag sal
‘n bedrag van R 370 (24 uur) en R
185 (6 uur ) aan hom/haar betaal word. Indien
‘n werknemer 27 ure weg van sy standplaas
gaan wees en hy/sy oornag sal die volgende betaalbaar wees, R 370 ( 24 uur) en
toevallige werklike uitgawes ( etes ) vir die tydperk van 3 ure.
2.
R
60.00 ongeriefstoelae word ook betaal
of
3 .
Werklike
koste word betaal en wel as volg :
T.o.v. etes word die volgende bedrae aan die werknemer betaal: Ontbyt – R25.00, Middagete – R30.00 en Aandete – R60.00 = R 115.00. Indien die bedrag wat spandeer word minder was, moet die amptenaar die verskil terugbetaal. Voorlegging van bewyse word vereis
R 60.00 per dag as ‘n ongeriefstoelae.
of
Indien
die geval waar ‘n betrokke instansie die volle kostes van reis en verblyf
betaal is slegs ‘n bedrag van R60.00 as ongeriefstoelae betaalbaar.
Buite
jurisdiksiegebied ( nie oornag )
Reiskostes waar nie van Raadsvervoer gebruik gemaak word
nie.
Slegs die bedrag van R60.00 as ongeriefstoelae sowel as
etes ter sprake en wel as volg:
Ontbyt – R 25.00, Middagete – R30.00 en Aandete – R60.00.
Voorlegging van bewyse word vereis.
Binne
jurisdiksiegebied ( indien oornag )
1
Verblyf word betaal met vooraf toestemming van die Munisipale Bestuurder.
2
Etes
word betaal tot die maksimum van die volgende :
Ontbyt – R25.00
Middagete – R 30.00
Aandete – R 60.00
3
R
30.00 as ongeriefstoelae
Binne
jurisdiksiegebied ( indien nie
oornag )
1
‘n Toelaag van R20.00 ( geld nie binne ‘n 50 km radius ) vir tydperke
langer as 4 ure waar die kantoor verlaat word wat slegs betaalbaar is aan die
einde van die maand.
2
Eise moet by betrokke hoofde ingedien word wat dit verifieer en deurgee
aan die finansiële afdeling vir prossesering.
3
Paaiewerkers word hanteer soos huidiglik van toepassing totdat ‘n nuwe
eenvormige dispensasie daargestel word.
Algemeen
Indien reis en verblyfkostes aan werknemers betaal word en
hulle vroeër terugkeer as wat aanvanklik op hul eisvorms aangedui is moet die
hoofde van die betrokke departemente toesien dat terugbetalings aan die finansiële
afdeling gedoen word.
Parkering
, Bus-of Taxifooie
Die maksimum wat kan geëis word is gekoppel aan die
voorlegging van bewyse
Internasionale
reise
Die vlugkaartjie sowel as die verblyf word
deur die munisipaliteit gedra indien die betrokke instansie nie dit self
betaal nie. Persone ontvang verder
‘n dagtoelaag van $60 dollars gekoppel aan wat die heersende wisselkoers op
daardie stadium is.