NAMA KHOI MUNISIPALITEIT
OMSENDBRIEF AAN INWONERS
Oktober 2005
|
VEREFFENING VAN DIENSTEREKENINGE ELEKTRONIESE BETALINGS Maak
asseblief seker dat u u diensterekening voor
of op die 25ste dag van elke maand betaal. Verseker dat u
diensterekeningnommer vermeld word wanneer u direkte inbetalings in die
Munisipaliteit se bankrekening doen ten opsigte van u diensterekening,
indien nie, aanvaar die
Munisipaliteit nie verantwoordelikheid wanneer dienste foutiewelik afgesny
word nie. Inbetalingstrokies
moet gefaks word na 027-7121635. |
|
STEINKOPF - KRAGTOEVOER
ONDERBREKING Kennis is ontvang van ESKOM dat
die kragtoevoer na Steinkopf op Sondag, Dit is belangrik dat inwoners kennis neem dat die toevoer te enige tyd
aangeskakel |
|
BOEDELS Alle
boedels van oorledenes moet geregistreer word kragtens die Boedelwet van
1965. Waar
n verbruiker oorlede is en die waarde van die boedel/eiendom minder is
as R50 000,00 - kan die naasbestaandes/begunstigdes van die oorledene self
die boedel registreer by die Meester van die Hooggeregshof in die
Noord-Kaap in lyn met Artikel 18(3) van Wet 66 van 1965. Die
vorms wat in so n geval voltooi moet word is beskikbaar by alle
dienspunte binne die Nama Khoi munisipale gebied.
Hulp met die voltooiing van die vorms |
|
|
KRAGONDERBREKING
SPRINGBOK 13 OKTOBER 2005 Op
13 Oktober 2005 is daar n kragonderbreking ondervind in Bergsig,
Matjieskloof en Springbok as gevolg van n onbekende persoon wat die
isolators op die kragpale stukkend geskiet het. Vandalisme
van hierdie aard bring groot ongerief en verliese mee. Ons
wil graag n beroep op inwoners doen dat indien u opmerk dat iemand
skade aan munisipale eiendom aanrig, om
sodanige geval skriftelik aan die Munisipaliteit te rapporteer.
Indien die skuldige skuldig bevind word,
word n eis teen die skuldige ingedien om te betaal vir die
herstelkostes en ontvang die persoon wat die oortreding gerapporteer het
n beloning van R100,00 by die Munisipaliteit. ONTHOU
!!!!! Munisipale
eiendom behoort aan u en moet u trots wees daarop. |
|
HOU ONS DORPE SKOON
!!!!!! n
Vriendelike beroep word op inwoners gedoen om asseblief die vrymoedigheid
te neem om self onkruid op die sypaadjies
voor hulle erwe te skoffel of te laat skoffel om sodoende ons dorpe
mooi en sindelik te laat vertoon. Ons
rig hierdie versoek aangesien dit nie vir die Munisipaliteit moontlik sal
wees om al ons dorpe voor die Kerstyd skoon te maak nie. Die
sakesentrum vertoon gewoonlik
na n besige Vrydag en Saterdag nie netjies nie en die oorsaak is ons as
inwoners se eie skuld, omdat
ons nie die vullishouers gebruik om ons vullis in te stort nie en die
vullis op die sypaadjie stort. Die
Munisipaliteit het nou meer vullisdromme in die dorpe aangebring en ons
versoek u vriendelik om asseblief
vullis binne in die dromme te stort. Dit
is die plig van elke okkupeerder/eienaar
van n winkel of handelsperseel om toe te sien dat die sypaadjie
voor of aangrensend aan sodanige winkel,
vry en skoon te hou van enige vullis en afvalmateriaal.
Maak dus asseblief voor u perseel skoon. Ons
doen ook n beroep op smouse
om asseblief die gebiede waar hulle handeldryf skoon en netjies te hou. BAIE DANKIE VIR U SAMEWERKING |
|
BERGSIG & MATJIESKLOOF DIENSPUNTKANTORE Die
gemeenskappe van Bergsig en Matjieskloof moet kennis neem dat
Dienspuntkantore geopen is en dat u voortaan u diensterekening daar
Die telefoonnommers vir die Dienspuntkantore is soos volg:
Bergsig
(027) 7188169
Matjieskloof
. (027) 7182092 |
|
OPENBARE BESKERMER Die
Openbare Beskermer besoek Springbok op Hy
sal vanaf |
|
HENKRIES
& GOODHOUSE KRAGTOEVOER
ONDERBREKING Kennis is
ontvang van ESKOM dat die
kragtoevoer na Doringwater-, Henkries- en Henkriesmond Substasies (Henkries
en Goodhouse) op Sondag, 27 November 2005 vanaf 08:00 tot 16:00 onderbreek
sal word om sekere herstel- en
instandhoudingswerke te doen. Dit
is belangrik dat inwoners kennis neem dat die toevoer te enige tyd
aangeskakel |
|
BUFFELSRIVIER In die saak tussen Nama Khoi Munisipaliteit (eiser) en die Buffelsrivier Advieskomitee (Verweerder) wat op 12 Oktober 2005 in die Landdroshof te Springbok voorgekom het oor die Buffelsrivier Gemeenskapsaal, was die uitspraak soos volg: Vonnis vir uitsetting teen Verweerder gelas met koste betaalbaar deur die lede van die Buffelsrivier Advieskomitee, gesamentlik en afsonderlik. Die Verweerder sal die saal teen einde Oktober 2005 ontruim. |