|
NAMA
KHOI MUNISIPALITEIT OMSENDBRIEF
– NOVEMBER 2005 |
|
Raadslid Simboyia Kersfees
is ‘n tyd van hoop en verwagting, wanneer
die geheimenis van ons herinneringe herwaardeer word onder die sagte gloed
van God se liefde. Of jy nou die verwagting van die jeug of die besadigheid van die ouderdom
het – die boodskap van die Christusfees is vir almal. Die gees
van Kersfees leef van dag tot dag in die harte van mense.
Liefde, vreugde, vrede, geduld, goedheid, barmhartigheid,
getrouheid, verdraagsaamheid en selfbeheersing – dit alles is ervaar toe
Christus gebore is, nie in
‘n krip nie, maar in die
harte van doodgewone mense. ‘n
Lewe aan Christus toegewy sal deur die hele jaar die gees van Kersfees
openbaar, tot eer van God. Ek wil
graag aan almal binne die Nama Khoi Munisipale gebied ‘n baie geseënde
en gelukkige Kersfees toewens. Geniet
elke oomblik van die kerstyd saam met u familie en geliefdes. Baie
dankie aan alle verbruikers en lede van die gemeenskap,
dat u so getrou u dienste-, instandhouding-,
en belastingrekening vereffen, en
sodoende bydra tot die sukses en voortbestaan van Nama Khoi Munisipaliteit. Aan elke
amptenaar van Nama Khoi Munisipaliteit wil ek graag die dank en waardering
vanaf die Raad oordra vir die goeie diens wat u lewer om die werksaamhede
van Nama Khoi Munisipaliteit vlot te laat verloop. Baie
dankie aan elke raadslid vir u samewerking en die bydrae wat u lewer.
Groete Liena
Simboyia Burgemeester |
|
STANDAARD KONSEPVERORDENINGE Kennisgewing in terme van artikel 12 (3) van Wet
32 van 2000, die Wet op
Plaaslike Regering: Munisipale
Stelsels, 2000. Kennis geskied hiermee dat die LUR vir Plaaslike
Regering in die Noord Kaap, Standaard
Konsepverordeninge uitgevaardig het in terme van Artikel 14(20)(a) van Wet
32 van 2000. Nama Khoi Munisipaliteit is van voorneme om die
voorgestelde verordeninge aan te neem en te publiseer in die Provinsiale
Koerant as verordeninge van die Munisipaliteit. Die voorgestelde verordeninge sal vanaf Maandag,
07 November 2005, by alle
Dienspunte van Nama Khoi Munisipaliteit ter insae lê vir openbare
kommentaar, insette en vertoë. Bogenoemde insette,
vertoë en kommentaar kan gerig word aan die Munisipale Bestuurder
en moet ontvang word by Privaatsak X22, Springbok, 8240 teen nie later as
5 Desember 2005 nie. |
|
Inwoners wat ’n gewoonte
daarvan maak om nie hulle
munisipale diensterekeninge en of belasting te betaal nie,
sal voortaan streng vasgevat word.
Ook inwoners wat per abuis vergeet om hulle rekeninge te betaal sal
ongelukkig ook daaronder lei in die Raad se nuutste poging om wanbetalers
vas te vat. Die Munisipaliteit het die
dienste van ’n eksterne kontrakteur bekom wat voortaan alle wanbetalers,
van belasting- en dienstegelde,
se elektrisiteit of water of albei sommer sal afsny. Alle inwoners word dus versoek
om asseblief toe te sien dat hulle rekeninge stiptelik betaal word,
en indien u weens onvermydelike omstandighede verhoed word om die
betaling te doen moet u vooraf (voor 24ste van die maand) die betrokke
Dienspunthoof nader sodat ’n spesiale reëling vir u getref kan word. Die Kontrakteur gaan deur die
Kersseisoen werk, en om te
voorkom dat u dalk vir dae sonder krag of water sit moet u vroegtydig reëlings
tref, veral as u met vakansie
gaan. Ons wil graag persone wat van internet
bankdienste gebruik maak, versoek
om u rekening vroegtydig te betaal. U
betaling moet voor of op die 25ste dag van elke maand op ons bankstaat
verskyn. Somtyds neem dit ’n
geruime tyd (tot 3 dae), vir
’n transaksie om op ons bankstaat te verskyn.
Sorg asseblief ook dat u munisipale rekeningnommer vermeld word.
Tans is daar duisende rande se betalings deur inwoners gemaak
waarvan die oorsprong nie opgespoor kan word nie. Namens die Raad en bestuur vra
ons verskoning aan u, die
gereelde betaler, dat u nou
ook geraak word deur hierdie streng optrede.
Indien meer fondse op hierdie manier geïn kan word sal die
Munisipaliteit se finansiële posisie verbeter en sal u ’n beter diens
ten opsigte van byvoorbeeld die herstel van strate van ons kan verwag. |
|
Reis
versigtig en kom veilig tuis !!!!
Moenie
drink en bestuur nie !!!! |
ONDERBREKINGS IN WATERTOEVOER Neem asseblief kennis dat Namakwa Water besig is om ’n gedeelte van die
pyplyn tussen Henkries suiweringswerke en Doringwater pompstasie te
vervang. Dit kan egter gebeur
dat daar onderbrekings in die watertoevoer tydens die koppeling van die
pype mag ontstaan. Ons vertrou dat dit nie te veel ongerief sal veroorsaak nie. |
|
KRAGONDERBREKING HENKRIES- EN HENKRIESMOND SUBSTASIES Kennis is ontvang van ESKOM dat
die kragtoevoer na Henkries- en Henkriesmond Substasies op Sondag,
11 Desember 2005 vanaf 08:00 tot 16:00 onderbreek sal word om
sekere herstel- en instandhoudingswerke te doen. Dit
is belangrik dat inwoners kennis neem dat die toevoer te enige tyd
aangeskakel kan word sodra die herstelwerk afgehandel is.
Alle elektriese installasies moet egter te alle tye as lewendig
beskou word. |
|
NOODGEVALLE 10177
/ 027 71 28000
WATER
027
71 88141 / 072 108 2901
ELEKTRISITEIT
083 649 3427
RIOOL
027 71 88142 / 073 154
6653 |
|
Dit
maak sin om u dienste- en belastingrekening te betaal omdat dit bydra tot
ontwikkeling in u gemeenskap. Betaal
asseblief u diensterekening voor of op die 25ste dag van elke maand. |