BACK TO NEWS LETTERS

 

 

OMSENDBRIEF AAN INWONERS

Augustus 2005

 

 

 

VEREFFENING VAN DIENSTEREKENINGE / AFSNY VAN DIENSTE

 

Neem asseblief kennis dat die Munisipaliteit ‘n onafhanklike kontrakteur aangestel het vir die afsny van dienste – so maak asseblief seker dat u u diensterekening voor of op die 25ste dag van elke maand betaal.

 

Maak asseblief seker dat u diensterekeningnommer vermeld word wanneer u direkte inbetalings ten opsigte van u diensterekening doen,  indien nie aanvaar die Munisipaliteit nie verantwoordelikheid wanneer dienste foutiewelik afgesny word nie.

 

 

WATER- EN ELEKTRISITEITSVERSPREIDING

 

Inwoners word gemaan om nie water aan bure en vriende te verkoop nie.  Slegs ‘n waterverspreidingsowerheid is gemagtig om water te verkoop.  Indien u wel water aan ‘n ander inwoner,  byvoorbeeld bure verkoop,  maak u uself skuldig aan ‘n oortreding wat strafbaar is in die hof .

 

Inwoners word verder gemaan om nie onwettige kragkabels van u woonhuis na ‘n ander woonhuis toe te laat nie.  Weereens,  slegs ‘n elektrisiteitsverspreidingsowerheid aan wie ‘n lisensie toegestaan is,  mag elektrisiteit versprei.  Sommige aansluitings is onwettig en ook onveilig en kan noodlottige gevolge hê vir diegene wat hulle hieraan skuldig maak.  Dit is ook ‘n oortreding wat strafbaar is in terme van wetgewing.

 

Daar sal voortaan streng opgetree word teen diegene wat hulle skuldig maak aan onwettige water- en elektristeitsaansluitings en verkope.

 

 

GRONDBEPLANNING BESTUUR / RUIMTELIKE ONTWIKKELING

 

Die Raad van Nama Khoi Munisipaliteit is tans in die finale stadium om sy soneringskema vir die Nama Khoi Munisipale gebied te laat goedkeur,  maar ingevolge die bepalings van die Noord-Kaapse Wet op Ontwikkeling en Beplanning (Wet 7/1998) word die Raad verplig om ook ‘n Ruimtelike Beplanning vir die munisipale gebied te voltooi wat tesame met die soneringskema en toepaslike skema regulasies goedgekeur sal word.  Die Ruimtelike Beplanning is ook alreeds ver gevorder en lê ter insae in die kantoor van die Hoof:  Administrasie,  Mnr. J.C. Victor en moet skriftelike insette die Munisipale Bestuurder bereik voor of op 2 September 2005 .


 

 

WENKE OM WATER TE BESPAAR

 

1.                   Be-oog bewusmaking onder kinders om hulle te leer van die nodigheid van water bewaring.  Moet ook nie speelgoed koop wat met water werk veral as hulle verkieslik met konstante stroom moet spuit.

2.                   Gehoorsaam water bewaring,  tekorte en beperkings wat in jou gebied van toepassing is.

3.                   Moedig jou werkgewer aan om water bewaring toe te pas onder werkers.  Stel voor dat water bewaring in pas by werkers oriëntering handleiding en opleidingsprogramme.

4.                   Moedig besighede aan wat water bewaring uitoefen en bevorder (byvoorbeeld droë sanitasie toilette)

5.                   Rapporteer alle opvallende waterverliese (gebarste pype,  misbruik van sprinkelaars, ensovoorts) aan grondeienaars of plaaslike owerhede.

6.                   Moedig skole en plaaslike regerings aan om te help met die ontwikkeling en bevordering van water bewaring onder kinders en grootmense.

7.                   Ondersteun projekte wat lei tot die gebruik van herwinde afval water vir besproeiing en ander gebruike.

8.                   Ondersteun pogings en programme wat ‘n bekommernis skep oor water bewaring onder toeriste en besoekers aan ons land.  Maak seker jou besoekers verstaan die nood vir en nut van water bewaring.

9.                   Moedig jou vriende en bure aan om deel te wees van ‘n waterbewuste gemeenskap.

10.               Bewaar water want dit is die regte ding om te doen.  Moenie water mors net omdat iemand anders die rekening betaal soos by hotelle waar jy bly.

11.               Probeer om een ding elke dag te doen wat water besparing tot gevolg het.  Elke druppel tel al is dit minimaal.  Elke persoon kan ‘n verskil maak.  Vertel jou vriende, bure en kollegas om ‘n kraan toe te draai en toe te hou.

12.               Leer hoe om jou watermeter te lees en lees dit gereeld.  Kyk elke maand na die gebruike en as daar ‘n groot verskil in die lesings is maak seker of daar nie ‘n lekkasie is of dalk ‘n fout met die meter is.

 

Sonder water kan daar nie lewe wees nie en daarom is dit die dure plig van elke mens om wys met water te wees.  Dit is noodsaaklik om ‘n  groter waardering vir water en ‘n groter waterbewustheid aan te kweek.  Dit is daarom ook verblydend dat soveel waterinstansies wêreldwyd,  klem lê op beter betrekkinge met watergebruikers en programme loods om ‘n beter kennis van water en groter waterbewustheid te ontwikkel.  Hierdeur word ‘n groter liefde vir water gekweek wat waterspaarsaamheid in die hand werk en besoedeling en vermorsing teëwerk.

 

Deur die eeue heen het reën en water die mens se verbeelding aangegryp en digters het die wonder daarvan besing.  Ook in die Bybel is baie verwysings na die wonder van water soos in Deutronomium 8 : 7  “… want Hy sal jou in ‘n goeie land bring:  ‘n land met fonteine en riviere wat in valleie en berge ontspring …”

 

Met alles wat gesê en nog gesê sal word,  kom dit maar net daarop neer:  “ons het ‘n dure plig om water te waardeer.”

 

 

 

 

 



 

       OUTOMATIESE TELEFOON ANTWOORDSTELSEL / DIENS

 

Soos in die vorige omsendbrief vermeld het die Munisipaliteit ‘n verbeterde telefoon antwoord stelsel daargestel.  Hier volg die direkte nommers na elke afdeling / departement wat u kan skakel of alternatiewelik die nommer wat u moet druk indien u na die skakelbord skakel om na ‘n betrokke afdeling / departement deurgeskakel te word.

 

Afdeling / Departement

Direkte nommer

Nommer ex skakelbord

Kliëntediens

7188150

1

Finansies

7188124

2

Motorregistrasies

7188170

3

Behuising

7188175

4

Tegniese Dienste

7188154

5

Invorderings

7188174

6

Administrasie

7188164

7

Biblioteke

7188136

8

Museum

7188134

9

Verkiesing (IEC / OVK)

7188112

0

Munisipale Bestuurder

7188101

-

Burgemeester / Speaker

7188145

-

Korporatiewe Dienste

7188145

-

Menslike Hulpbronne

7188103

-

Gemeenskapsdienste

7188138

-

Verkeersdienste

7188151

-

Omgewingsgesondheid

7188120

-

Belastingnavrae

7188119

-

Springbok Dienspunt

7188159

-

 

HUISWINKELS / MOBIELE WINKELS / BESIGHEDE

VANAF RESIDENSIËLE ERWE

 

Dit het onder ons aandag gekom dat daar geweldig baie mense is wat besighede vanaf hul huise bedryf sonder die nodige toestemming van die Munisipaliteit.  Hiermee word ‘n dringende beroep op persone gedoen wat wel hiermee besig is om hulle bedrywighede by die Munisipaliteit te kom aanmeld om seker te maak of u wel toestemming daarvoor benodig al dan nie.

 

Die Munisipaliteit is ook besig met ’n ondersoek hierna en indien iemand skuldig aan ‘n oortreding is,  sal verdere stappe teen so ‘n persoon geneem word.

 

U kan Me. N. le Breton of Mnre J. Victor / D. Magerman by die Munisipale Kantore in Springbok skakel vir meer inligting.

 

OPENBARE BESKERMER BESOEK SPRINGBOK

26 Augustus 2005

08:00 – 14:00

Springbok Dienspunt Kantore

30 September 2005

08:00 – 14:00

Springbok Dienspunt Kantore

28 Oktober 2005

08:00 – 14:00

Springbok Dienspunt Kantore

25 November 2005

08:00 – 14:00

Springbok Dienspunt Kantore

23 Desember 2005

08:00 – 14:00

Springbok Dienspunt Kantore

 


BEGROTING 2005/6

 

Na deeglike oorweging en beraadslaging met die onderskeie gemeenskappe binne Nama Khoi Munisipaliteit se regsgebied het die raad gedurende Junie 2005 die begroting vir die 2005/6 finansiële jaar goedgekeur.

 

Die  Bedryfsbegroting verteenwoordig ‘n bedrag van R54 336 834,00,   terwyl die raad se kapitaalbegroting voorsiening maak vir kapitale uitbreidings en aankope van R 13,68 miljoen vir onder andere:

 

Herstel van strate

R 700 000,00

Aankoop van tipbakvragmotors

R 720 000,00

Verbeterings aan begraafplase

R 150 000,00

Watervoorsiening

R 4,9 miljoen

Sportsentrum – Okiep

R 1,3 miljoen

Droë Sanitasie Toilette

R 3,3 miljoen

Aankoop:  Vragmotor en bakkies

R 550 000,00

Beveiliging van Steinkopfdam

R 300 000,00

Dienspunt – Matjieskloof

R 150 000,00

 

Die nuwe Wet op Finansiële Bestuur,  Wet 56 van 2003,  plaas verskeie verpligtinge op Munisipaliteite onder andere dat die raad nie vir ‘n verlies mag begroot nie,  en dat die inkomste begroting voorsiening moet maak vir werklike verwagte inkomste.  Ten einde die Begroting te laat klop was die raad verplig om tariewe aan te pas.  Tariewe  is deurgaans verhoog met ongeveer 8%.

 

Die raad se hele tariefstruktuur is aangepas nadat die firma Deloitte sekere voorstelle aan die raad gedoen het.  ‘n Belangrike wysiging in die tariefstruktuur was die herinstel van basiese fooie vir Water,  Riool en Vullisverwydering.  Die rede hiervoor was om genoegsame fondse te in vir die behoorlike instandhouding en opgradering van die Munisipaliteit se infrastruktuur,  wat veral die laaste aantal jare agteruit gegaan het.   Besighede,  wat uitgawes kan afskryf teenoor inkomste,  is oor die algemeen meer belas as die individuele verbruiker.

 

Die Munisipaliteit se begroting en volledige tariewelys sal eersdaags op die raad se webwerf aangebring word.   Indien u enige verdere inligting verlang is u welkom om met die Bestuurder:  Finansiële Dienste te skakel, gedurende normale kantoorure.

 

OPRIGTING VAN TYDELIKE TOILETGERIEWE OP BOUPERSELE

 

Kontrakteurs/Eienaars moet kennis neem dat daar op alle boupersele waar met bouwerksaamhede begin word,  voorsiening gemaak moet word vir tydelike toiletgeriewe vir die werkers op daardie spesifieke perseel.  Inspekteurs is tans besig met inspeksies en bouwerk sal gestaak word waar toilette nie voorsien is nie.

 

KOMAGGAS – KRAGTOEVOER ONDERBREKING

 

Kennis is ontvang van ESKOM dat die kragtoevoer na Sandveld- en Komaggas Substasies op Donderdag,  8 September 2005 vanaf 08:00 tot 16:00 onderbreek sal word om sekere herstel- en instandhoudingswerke te doen.

 

Dit is belangrik dat inwoners kennis neem dat die toevoer te enige tyd aangeskakel kan word sodra die herstelwerk afgehandel is.  Alle elektriese installasies moet egter te alle tye as lewendig beskou word.