MUNISIPALITEIT
NAMA KHOI
OMSENDBRIEF AAN INWONERS
APRIL 2005
|
BELANGRIKE TELEFOONNOMMERS |
|
|
Nama
Khoi Munisipaliteit |
027
– 7188100 |
|
Suid-Afrikaanse
Polisiediens |
027
– 7189100 |
Graag
stel ons die nuwe wapen van Nama Khoi Munisipaliteit aan alle inwoners bekend.

Betekenis
van die Nama leuse op die wapen is:
WERK VIR ‘
ONWETTIGE VARKSLAGTERY
Dit
het onder ons aandag gekom dat daar baie onwettige bosslagtings van varke in
die Nama Khoi area plaasvind. Die twee slagpales in Springbok slag glad nie
varke nie. Daar is egter ‘n
geregistreerde varkslagpale op die plaas Klipfontein naby Springbok.
Bosslagtings is onwettig en
WATERBESPARING
- Buite die huis
(Verlede
keer het ons wenke gegee vir waterbesparing binne die huis)
→Moenie
gras te veel water gee nie. Gras
het slegs water nodig elke 5 tot 7 dae in die somer
en in die winter elke 10 tot 14 dae.
As dit reën skakel die
natmaak van gras uit vir solank
as 2 weke.
→Maak
die gras vroeg in die oggend ure nat wanneer temperature laag is en die wind
se
spoed ook stadig is.
→Moenie
die straat of die sypaadjies natmaak nie.
Stel jou sprinkelaars so dat die water op
die gras en plante beland en nie op die plaveisel nie.
→Installeer
sprinkelaars wat waterdoeltreffend is vir elke gebruik.
Mikro- en drupbesproeiing
is voorbeelde van doeltreffende metodes van besproeiing.
→Monitor
gereeld die sprinkel sisteem en tydtoestel om te verseker dat dit behoorlik
werk.
→Plant
inheems en/of droogte vatbare
nodig om gereeld nat gemaak te word nie want hulle oorleef droogte
periodes sonder enige
water.
→Moenie
‘n tuinslang gebruik om die oprit of sypaadjie skoon te maak nie,
gebruik liewer ‘n
besem om die blare en ander vullis weg te vee.
→Maak
gebruik van ‘n afsluitingspuitstuk op jou tuinslang wat
sodat dit net die nodige hoeveelheid water deurlaat.
→Gebruik
wassers tussen proppe en waterpype om lekkasies uit te skakel.
→Moenie
sprinkelaars en pype sonder toesig laat nie.
Jou tuinslang
meer deurlaat in ‘n paar ure, derhalwe
moet u toesien dat die sprinkelaars nie heeldag loop
nie.
→Sien
gereeld die pype, proppe en verbinders na.
→Oorweeg
dit om gebruik te maak van besighede soos ‘n “car-wash” wat water
herwin. As jy
jou motor was, parkeer
dit op die grasperk.
→
Vermy die installering van ornamentele fonteintjies veral as die water nie
hersirkuleer nie.
→
Indien u ‘n swembad het, oorweeg
dit om van die nuwe waterbesparing swembadfilters
gebruik te maak.
HERNUWING
VAN DIENSTE SUBSIDIES
Almal
wie reeds kwalifiseer vir dienste subsidies word versoek om subsidies te
hernu by hulle onderskeie dienspuntkantore vanaf
1
Mei 2005 tot 30 Junie 2005.
STEINKOPF
* STEINKOPF
* STEINKOPF
Aan
alle verbruikers van Steinkopf:
Kom
ons kyk terug na ‘n baie geseënde jaar.
Deur al die droogtes en ander probleme het u as verbruikers
uitstekend gereageer op die oproep om ‘n beter betaalkultuur in Steinkopf
te skep!
●
Ons betaalpersentasie op lopende rekeninge is die beste uit al 9
dorpe
●
Ons agterstallige skuld het oor die afgelope 18 maande vanaf 10,3
miljoen rand na 9,1 miljoen rand afgeneem,
‘n allemintige 1,2 miljoen rand VERBETERING.
Die
Raadslede, Dienspunt personeel
en Wykskomiteelede wens almal opreg te bedank vir hulle pragtige samewerking,
maar onthou die stryd duur voort,
ons
Uitdagings
●
●
●
DIE
PRYS VIR U GETROUE BETALINGS
Ontwikkeling
geskied in Steinkopf:
● Paaie word gebou
● Sportvelde word opgradeer
● Sentrum word binnekort
opgradeer
●
Uitgebreide Publieke Werke Programme
gaan voort en vele meer word beplan.
BELANGRIK
!!!!!
●
Baie verbruikers wie kwalifiseer vir subsidie op diensterekenings kom
doen nie aansoek nie.
Onthou
indien u werkloos is,
u ‘n pensioenaris is of minder as R1 800,00 per maand verdien,
kom nou na die dienspunt en registreer as ‘n hulpbehoewende.
●
Kom doen aansoek vir afslag op u belasting indien u kwalifiseer.
●
Kom doen aansoek vir afbetalingsreëlings om u belasting in 12 maande
af te betaal.
Datum
van belang
●
Betaal u diensterekening voor of op die 25ste dag van elke maand.
WEEREENS
BAIE DANKIE AAN ALMAL,
KOM
ONS DOEN NOG BETER !!!!
2
KILOLITER GRATIS WATER
Neem asseblief kennis dat die Raad onlangs weens finansiële implikasies besluit het om nie meer die 2 kiloliter gratis water aan inwoners te voorsien nie.
|
VERHURING VAN HOP HUISE Die
behuisingsnood bly onopgelos, alhoewel
baie huise gebou is. Na
aanleiding van die uitverhuring van HOP huise het die Raad besluit dat
opnames gemaak word na hierdie tipe praktyk en dat eienaars versoek word
om hulle huise te betrek. Gevalle
waar nie kaart- en transport is nie en eienaars nie ag slaan op die
versoek nie, sal huise her-toegeken
word aan behoeftige gesinne. Dit
voorkom geldmakery uit arm/behoeftige mense.
Mense het ook die opsie om vrywilliglik af te teken om sodoende in
die toekoms weer te kwalifiseer vir subsidie. |
|
BESIGHEDE VULLISVERWYDERINGS Hiermee word daar weereens ‘n ernstige beroep op besighede gedoen om vullis slegs op dae wanneer vullisverwyderings gedoen word uit te plaas. Besighede
wat ‘n reëling het vir meer as een keer per week Reëlings
vir ekstra vullisverwyderings Verder is elke eienaar ook verantwoordelik om toe te sien dat sypaadjies voor en aangrensend besighede op ‘n daaglikse basis skoongemaak en skoongehou word. |
BESIGHEDE
OOPSTEL
VAN TOILETTE
Dit
word soms ondervind dat lede van die publiek oopruimtes as toilet gebruik en
sodoende die omgewing besoedel.
Hiermee
wil die Munisipaliteit graag alle besighede in die regsgebied vriendelik
versoek om hul toiletgeriewe vir kliënte/lede van die publiek oop te stel.
Waardering
word uitgespreek aan besighede wat dit alreeds doen.
Die Munisipaliteit wil nie graag nog openbare toilette oprig nie,
omdat die huidige strukture afgebreek en bemors word.
Ons
vertrou op u vriendelike samewerking in hierdie verband.
BESIGHEDE
BTW REGISTRASIE NOMMERS
Eienaars/Bestuurders
van besighede word versoek om skriftelik besighede se BTW registrasie nommers
by die onderskeie Dienspuntkantore in te handig.
BESIGHEDE
KITSKRAG AANSLUITINGS
Nama
Khoi Munisipaliteit wil graag alle klein besighede uitnooi om aansoek te doen
vir kitskragmeters.
Vir
meer inligting skakel asseblief met die Kantoorhoof by u Dienspuntkantoor.
KITSKRAG AANSLUITINGS
Neem kennis dat alle aansoeke vir kitskragaansluitings ten volle
betaalbaar is alvorens die aansluiting gedoen sal word.