| TERUG NA BELEIDE |
NAMAKHOI MUNISIPALITEIT
Beleid
vir Kroeë / Nagklubs en Tavernes
Dit
is die beleid van Nama Khoi Munisipaliteit dat die gemeenskap en Amptenare van
inligting verskaf word rondom riglyne vir die goedkeuring of afkeuring van
grondgebruiksaansoeke vir kroeë, nagklubs en tavernes.
1.
Spesifieke Doelwitte
1.1
Die doel van die
beleid is om:
a
Die Raad in staat te
stel om grondgebruiksaansoek vir kroeë, nagklubs en tavernes deur middel van
duidelike riglyne te beoordeel.
b
Toe te sien dat die
korrekte grondgebruik van toepassing sal wees.
c
Deur middel van
tydelike vergunningsgebruik, beheer oor grondgebruik te bewerkstellig.
d
Openbare veiligheid
en sekuriteit rondom genoemde bedrywighede te reguleer, hetsy in woongebied of
sakegebied.
e
Geraasvlakke wat ‘n
steurnis
f
Voorheen agtergeblewe
persone ekonomies te bemagtig en werkskepping daar te stel.
g
Geraasvlakke en
openbare veiligheid en sekuriteit buite die perseel te reguleer.
h
Gemeenskapsdeelname
te bevorder in die vestiging van nagklubs en tavernes.
i
Sosiale
verantwoordelikheid op eienaars te vestig.
Waar
daar ‘n konflik is tussen die beleid van Nama Khoi Munisipaliteit en ander
wetgewing wat betrekking het op die beleid, sal sodanige wetgewing voorkeur
geniet bo die beleid.
2.
Algemene Bepalings
2.1
Definisies:
a
Kroeg / Nagklubs en
Tavernes: Dit
dra dieselfde definisie soos in die drankwet omskryf en beteken dit ‘n gebou
waarin hoofsaaklik alkoholiese drank verkoop word vir binne – verbruik en nie
van die perseel verwyder mag word nie. Voedsel
moet ook met alkohol bedien word en vermaaklikheid sluit in musiek, biljard
tafels ens.
b.
Sonering:
Die doel waarvoor grond gebruik
c.
Hersonering:
Die proses van aansoek om die verandering van ‘n bepaalde grondeenheid
se gebruiksregte (sonering).
d.
Openbare Konkurrensie:
Publieke deelname waar ‘n proses gevolg word waar die publiek beswaar
e. Effektiewe
Datum:
Die datum waarop hierdie beleid deur die Raad goedgekeur word
3.
Algemene Prosedures
3.1
Die aansoeker doen
aansoek vir ‘n spesiale ontwikkeling (vergunningsgebruik) in terme van die
soneringsregulasie, of in die afwesigheid van sodanige regulasie in terme van
‘n raadsbesluit, vir ‘n tydelike afwyking op die amptelike aansoekvorm.
3.2
Die perseel moet
reeds sakeregte het voordat die vergunningsgebruik daarop toegestaan word.
3.3
Indien die perseel
‘n residensiële sonering het, moet daar ook aansoek gedoen word om
hersonering na die korrekte en toepaslike sake sonering met die
vergunningsgebruik daarmee saam (indien nodig).
3.4
Die aansoek word
vergesel van ‘n aansoekfooi soos deur die Raad jaarliks deur middel van die
begroting bepaal.
3.5
Die aansoeker is ook
verantwoordelik vir die betaling van alle ander kostes wat uit die aansoek mag
voortspruit, soos onder andere advertensiekostes.
3.6
Aansoekfooie is nie
terugbetaalbaar indien die aansoek nie goedgekeur word nie.
3.7
Skematiese
Voorstelling:
|
Aansoek |
|
Kommentaar
van ander Departemente |
|
Kommentaar
van gemeenskap |
|
Besluit
van Raad met Voorwaardes |
4.
Algemene Riglyne
Nademaal
die Raad begerig is om beheer en kontrole oor kroeë, nagklubs en tavernes ens.,
uit te oefen, bepaal die Raad as volg:
4.1
Dat die Raad vanaf
die effektiewe datum slegs ‘n tydelike vergunning vir grondgebruik verandering
vir die bedryf van ‘n kroeg, nagklub en taverne sal toestaan vir ‘n periode
van drie jaar, onderhewig aan jaarlikse hersiening en wel op die volgende
voorwaardes:
4.1.1
Enige aansoek is
onderworpe aan openbare konkurrensie.
4.1.2
Waar die perseel
waarvoor aansoek gedoen word om die nabyheid van residensiële area is, moet
voldoende bewyse voorgelê word waarin ‘n twee-derde meerderheid van die
gemeenskap in ‘n 500 meter radius ten gunste van die besigheid is;
4.1.3
Slegs een (1) nagklub
en taverne binne ‘n radius van 500 m toegestaan word met dien verstande dat op
die gebruiklike voorgeskrewe wyse aansoek gedoen word om ‘n
vergunningsgebruik;
4.1.4
Geen aansoek sal
goedgekeur word waar die beoogde besigheid binne ‘n radius van 100 meter van
enige skool, crèche, kerk, publieke oopruimte, biblioteek, kliniek of enige
ander gebruik wat na die Raad se mening daardeur nadelig beïnvloed sal word,
beplan word;
4.1.5
Waar
vergunningsgebruik toegestaan word, moet die lisensiehouer ook vir ‘n
besigheidslisensie by die Munisipaliteit aansoek doen onderworpe aan al die
vereistes wat daaraan gekoppel is;
4.1.6
Om voorsiening te
maak vir ‘n toename in verkeer en die aflewering van goedere, behoort die Raad
hierdie gebruike te beperk tot persele met ‘n straatbreedte van minstens 12m;
4.1.7
Dat die
vergunningsgebruik nie toegestaan sal word binne enige doodloopstraat en / of
lae orde straat nie;
4.1.8
Volledige bouplanne,
wat veral vir die nodige toiletgeriewe, dansarea kroegfasiliteit, stoorruimte,
nooduitgange, brandblussers en parkering voorsiening maak, sal ‘n voorvereiste
vir goedkeuring wees;
4.1.9
Dat in die geval van
‘n nagklub en taverne dit ‘n voorvereiste is dat etes bedien word;
4.1.10
Dat in gevalle waar
musiek verskaf word sodanige musiek nie buite die gebou ‘n steurnis mag wees
nie, met ander woorde die gebou moet klankdig wees;
4.1.11
Dat musiek gedurende
weeksaande nie later as 22H00 gespeel word nie en gedurende naweke of ‘n aand
wat ‘n godsdienstige vakansiedag voorafgaan nie later as 24H00 nie;
4.1.12
Kroeg, Nagklub of
Taverne sal nie op godsdienstige dae of openbare vakansiedae bedryf word nie;
4.1.13
Dat eienaars van
sodanige besighede moet toesien dat die openbare veiligheid, sekuriteit, en
geraasvlakke wat ‘n steurnis veroorsaak, binne en buite die besigheidserf
gehandhaaf en beperk word;
4.1.14
Dat eienaars toesien
dat hul kliënte nie buite die besigheid in hul motors alkohol gebruik of musiek
maak nie;
4.1.15
Dat eienaars toesien
dat hul perseel en die onmiddelike omgewing van ‘n 10 m
radius buite die perseel te alle tye sindelik sal vertoon;
4.1.16
Geen alkohol aan
persone onder 18 jaar verkoop sal word nie;
4.1.17
Eienaars gaan toesien
dat die nodige kennisgewing in die besigheid aangebring word wat alkohol verkope
aan minderjariges verbied;
4.1.18
Eienaars gaan nie
toelaat dat persone onbeheerlik dronk of geweldadig op sy perseel gaan optree
nie;
4.1.19
Die toegestane
vergunningsgebruik nie oordraagbaar is nie.
Dit wil sê die vergunningsgebruik verval indien perseel van eienaar
verwissel;
4.1.20
Die eienaar sal te
alle tye enige Regulasie en of verordening wat deur die Plaaslike Owerheid
daargestel is, nakom en moet homself van tyd tot tyd op hoogte bring van enige
toepaslike regulasie of verordening wat op die bedryf van toepassing is;
4.1.21
Klagtes van die
publiek sal deur middel van beëdigde verklarings na die Munisipaliteit gestuur
word;
4.1.22
Die
Omgewingsgesondheidsbeampte of enige ander Munisipale amptenaar met die nodige
bevoegdheid
4.1.23
Dat alle bestaande
wetgewing mutatis mutandis van toepassing gaan wees op die tersaaklike
besigheid: Wet op Gesondheid,
Noordkaapse Wet op Ontwikkeling en Beplanning en enige ander relevante
wetgewing;
4.1.24
Die aansoeker het die
reg tot appél teen enige raadsbesluit deur die aangeleentheid te verwys na die
Direktoraat in die Noorkaapse Provinsiale Regering wat verantwoordelik is vir
die funksie van ontwikkeling en beplanning. Die prosedures vir appél soos
uiteengesit in die Noordkaapse Wet op Ontwikkeling en Beplanning geld mutatis
mutandis.
Indien
die Raad, na aanleiding van besware en/of tydens ‘n ondersoek bevind dat die
aansoeker gedurende die duur van die termyn van die vergunning nie hou by die
voorwaardes soos hierbo vervat, kan die hernuwing van die handelslisensie en die
tydelike vergunning onmiddelik opgeskort word en die aansoeker verplig word om
die bedryf onmiddelik te staak.
Die Raad behou homself ook die reg voor om enige goedkeurde gebruiksreg wat in ‘n ononderbroke tydperk van twee jaar nie uitgeoefen word nie, te laat verval en word die grondeenheid dan geag te wees die sonering waarvoor dit aangewend was voor die goedgekeurde Aansoek.