NAMA
KHOI MUNISIPALITEIT
INVORDERINGSBELEID
Hierdie beleid tree in werking op 1 Augustus 2002. Enige uitstaande bedrae ouer as 1 Augustus 2002 word nie in aanmerking geneem vir penalisering van dienste nie. (d.w.s. vir die afsny van dienste). Uitstaande bedrae ouer as 1 Augustus 2002 waarvoor geen afbetalingsreëlings getref is nie, is onderhewig aan die normale geregtelike stappe ter invordering van uitstaandes, op die onkoste van die verbruiker.
MUNISIPALE
DIENSTE
1.
Die volgende munisipale dienste word aan
verbruikers gelewer:
1.1 Elektrisiteitsvoorsiening (Konvensioneel/Voorafbetaald)
1.2 Watervoorsiening
1.3 Vullisverwydering
1.4 Riooldienste
1.5 Suigtenkverwydering
1.6 Nagvuilverwydering
1.7 Diverse heffings
2.
Betaling van munisipale rekeninge:
2.1 Diensterekeninge word maandeliks gehef op die 25ste van elke maand.
2.2 Betaling van die betrokke rekening gelewer, moet voor of op die 25ste van die daaropvolgende maand betaal word.
3.
Uitstaande munisipale rekeninge:
3.1 Indien munisipale rekeninge nie op genoemde datum betaal is nie, sal die volgende stappe teen die verbruiker geneem word, direk die dag na die 25ste van die maand:
3.1.1 Water- en/of elektrisiteit (konvensioneel) sal afgesny word. Voorafbetaalde elektrisiteitsverbruikers se aankope sal met 40% gepenaliseer word, wat teen die uitstaande munisipale rekeninge gekrediteer sal word.
3.1.2 Water- en/of elektrisiteitstoevoer sal nie aangeskakel word alvorens die volle uitstaande bedrag nie vereffen is nie.
3.1.3 Bogenoemde aansluitings van dienste is onderworpe aan ‘n heraansluitingsfooi van R50.00 (Vyftig Rand) en is betaalbaar alvorens dienste weer aangesluit sal word, met die uitsondering van die laer inkomste groep verbruiker wat ‘n dienstesubsidie ontvang.
3.1.4 Geen afgesnyde dienste sal na-ure (d.w.s. na 16h00) aangesluit word nie, behalwe waar dienste foutiewelik afgesny is.
3.1.5 Enige verbruiker wie eie reg gebruik om meters wat toegemaak is self oop te maak, maak hom/haar skuldig aan vervolging.
3.2 Afbetalingsreëlings op Lopende rekeninge
3.2.1 Verbruikers wie nie sy/haar volle uitstaande munisipale rekening kan vereffen nie kan ‘n afbetalingsreëling by sy/haar naaste dienspunt/betaalpunt soos volg tref:
3.2.1.1 10%van die totale agterstallige bedrag onmiddellik betaalbaar en die balans oor drie (3) maande.
3.2.1.2 Die lopende rekening van die verbruiker moet in alle gevalle maandeliks op datum betaal word.
3.2.1.3 Indien hierdie reëling verbreek word, word die verbruiker die geleentheid gegun vir ‘n tweede finale reëling.
3.2.1.4 Tweede en finale reëling – 20% van die totale agterstallige bedrag onmiddelik betaalbaar en die balans oor ‘n verdere drie (3) maande.
3.2.1.5 Die lopende rekening van die verbruiker moet in alle gevalle maandeliks op datum betaal word.
3.2.1.6 Indien die verbruiker sy/haar tweede reëling verbreek, sal geen verdere reëlings vir afbetaling van uitstaande rekeninge aan hom/haar toegestaan word nie.
3.2.1.7 Water- en/of elektrisiteit sal gestaak word totdat alle agterstallige gelde ten volle vereffen is.
3.2.1.8 Die rekening sal dan ook aan die Raad se prokureur oorhandig word vir geregtelike stappe, op die verbruiker se onkoste.
3.3 Afbetalingsreëlings op uitstaande bedrae voor 1 Augustus 2002. (Ou skuld)
3.3.1 Verbruikers met uitstaande bedrae voor 1 Augustus 2002 moet afbetalingsreëlings tref met hul naaste dienspunt/betaalpunt.
3.3.2 Indien geen afbetalingsreëlings getref word nie, word die verbruiker aan die Raad se prokureur oorhandig vir geregtelike stappe, op die verbruiker se onkoste.
3.4 Alle nuwe verbruikers wat ‘n diensteverbruikersooreenkoms met die Raad aangaan, moet ‘n dienstedeposito betaal, die bedrag soos van tyd tot tyd deur die Raad bepaal. Geen dienste sal aangesluit word alvorens die vollge depositobedrag nie betaal is nie.
4.
AANSPORINGSMAATREëL
4.1 Daar sal maandeliks ‘n gelukkige trekking gehou word van verbruikers wie hul munisipale rekening ten volle betaal het. Die betaling sal in die vorm van ‘n geskenk wees wat deur die burgemeester of speaker aan die gelukkige wenner oorhandig sal word. Die wenner sal in die maandelikse munisipale nuusbrief aangekondig word.
4.2 Hierdie trekking vind plaas op die 26ste van elke maand. Indien die 26ste oor ‘n naweek of openbare vakansiedag val, dan die eersvolgende werksdag daarna.
4.3 Raadslede en amptenare en hul gades is uitgesluit by hierdie gelukkige trekking.
MUNISIPALE
BELASTING
EIENDOMSBELASTING
1.
JAARLIKS
1.1 Eiendomsbelasting is jaarliks betaalbaar voor of op 30 September van elke jaar.
1.2 Indien jaarlikse belasting nie voor of op 30 September betaal is nie, sal die uitstaande rekeninge aan die Raad se prokureur oorhandig word vir geregtelike stappe, op die gerbruiker se onkoste.
2.
MAANDELIKS
2.1 Aansoek kan by die Raad gedoen word vir die vergunning om eiendomsbelasting maandeliks in gelyke paaiemente oor twaalf maande, te betaal, rentevry indien die maandelikse paaiemente stiptelik op die 25ste van elke maand betaal word.
2.2 Maandelikse betalers wie agterstallig raak met die belastingpaaiement, sal onmiddellik, sonder enige kennisgewing, oorgeplaas word na jaarliks en is dan verantwoordelik om die volle oorblywende aantal paaiemente onmiddellik te vereffen. So ‘n verbruiker sal in die toekoms nie weer in aanmerking kom vir die vergunning van maandelikse betaling van belasting nie. Rente teen die afgekondigde koers in die staatskoerant sal onmiddellik gehef word op die volle uitstaande bedrag. So ‘n verbruiker sal aan die Raad se prokureur oorhandig word vir geregtelike stappe, op die verbruiker se onkoste.