| TERUG NA BELEIDE |
NAMA KHOI MUNISIPALITEIT
DELIGASIES VAN BEVOEDHEDE
Die onderstaande lys van bevoedhede word tans deur die raad gewerkswinkel.
Artikel
151(2) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, No 108 van 1996, (die
Grondwet) bepaal dat die uitvoerende en wetgewende gesag van die munisipaliteit
by sy munisipale Raad berus: en
Artikel 32
van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale
Strukture, No 117 van 1998 (die Strukturewet) en artikel 59 van die wet op
Plaaslike Regering. Munisipale
Stelsels, no 32 van 2000 (die Stelselswet) bepaal dat ‘n Munisipale Raad ‘n
delegeringstelsel moet ontwikkel wat administratiewe en operasionele
doeltreffendheid sal optimaliseer en vir voldoende wigte en teenwigte
voorsiening sal maak ooreenkomstig gemelde stelsel.
Alle
bevoegdhede en pligte wat gedelegeer word, moet, tensy anders aangedui,
onderworpe aan die volgende voorwaardes uitgeoefen of verrig word:
1.
Geen afwyking van die
bepalings van enige besluite van die Raad of beleid wat deur die Raad aanvaar
is, mag toegelaat word nie.
2.
Geen uitgawes mag op,
of die kapitaal- of die bedryfsrekening aangegaan word tensy daar vir sodanige
uitgawes in die jaarlikse begroting voorsiening gemaak is en die uitgawes binne
die begrote tydperk gehou word nie.
3.
Alle kontrakte wat
aangegaan word, moet in terme van die aankope-beleid van die Raad wees op
voorwaardes wat uitdruklik deur die Raad bepaal is, en onderworpe aan die
goedkeuring, uit ‘n regsoogpunt, van die Bestuurder Korporatiewe Dienste en,
uit ‘n finansiële oogpunt, van die Bestuurder Finansiële Dienste en uit ‘n
Tegniese oogpunt van die Bestuurder Tegniese Dienste.
4.
Enige bevoegdheid om
‘n kontrak aan te gaan, sluit die magtiging in om in sodanige kontrak te
onderteken en, waar sodanige ooreenkoms voorsiening daarvoor maak en tersaaklike
regsremedies daarin vervat uitgeput is, te kanselleer.
5.
Die weiering van Enige
goedkeuring waarvoor in die Munisipale Verordeninge voorsiening gemaak is, moet
onderworpe wees aan appellering aan die komitee wat gemelde verordeninge
administreer, of indien daar geen komitee is aan wie die Raad sodanige
bevoegdhede gedelegeer het nie, die Uitvoerende Komitee.
6.
Die uitoefening van
bevoegdhede betreffende personeel is onderworpe aan die toepaslike verordeninge
of ooreenkomste wat in verband met personeelaangeleent-hede aangegaan is.
7.
Die Raad
8.
Alhoewel ‘n funksie,
bevoegdheid of plig aan ‘n beampte gedelegeer is,
9.
Die delegasie van
aangeleenthede wat met die personeel en ander werknemers van die Munisipaliteit
verband hou, afgesien van hulle diensvoorwaardes en dissiplinêre maatreëls, is
onderworpe aan oorlegpleging met die vakbonde en, waar nodig, met die
Arbeidsverhoudingeforum, en waar ooreenkoms nie oor die betrokke aangeleentheid
bereik kan word nie, moet die aangeleentheid vir beslissing aan die Uitvoerende
Komitee verwys word.
10.
Enige delegasie van
bevoegdhede, funksies en pligte wat verband hou met aangeleenthede wat deur die
munisipaliteit se Diensvoorwaardes gedek word, moet onderworpe aan sodanige
Diensvoorwaardes uitgeoefen of verrig word.
11.
Delegering aan ‘n
beampte wat nie die Munisipale Bestuurder of ‘n Departementshoof (Bestuurder)
is nie, moet onderworpe wees aan Enige opdragte wat die Munisipale Bestuurder of
die Departementshoof (Bestuurder) uitgereik, en die delegasie sal tot ‘n einde
kom indien enigeen van gemelde beamptes die betrokke beamptes skriftelik opdrag
gee dat hy of sy moet ophou om die bevoegdheid, funksie of plig wat gedelegeer,
uit te oefen.
12.
Alle bevoegdhede,
funksies en pligte wat aan Departementshoofde (Bestuurder) gedelegeer is, mag
net ten opsigte van die Departement van die betrokke Departementshoof
(Bestuurder) uitgeoefen word, tensy magtiging uitdruklik andersins verleen is.
13.
Ongeag die feit dat
‘n Munisipale bevoegdheid, plig, funksie of magtiging van ‘n politieke
struktuur (Raad), politieke ampsbekleër (Burgemeester en Speaker), Raadslid of
personeellid gedelegeer is, het die persoon aan wie gemelde gedelegeer is, die
gesag om ‘n besluit in terme van sy/haar gedelegeerde bevoegdhede te neem,
tensy die Raad ‘n beperkte bevoegdheid, plig, funksie of magtiging delegeer
wat ‘n verslag met aanbevelings van ‘n hoër gesag vereis.
14.
‘n Delegasie of
opdrag sluit die bevoegdheid in om ‘n gedelegeerde bevoegdheid te subdelegeer,
onderworpe aan Enige beperkings voorwaardes en opdragte wat gestel mag word.
15.
‘n Delegasie of
opdrag ontneem nie die Raad die verantwoordelikheid betreffende die uitoefening
van die bevoegdheid of die verrigting van die plig nie.
16.
Ingevolge artikel
32(3) van die strukturewet en artikel 59 (3) van die Stelselswet, kan die
Munisipale Raad ooreenkomstig prosedures in sy Standaardverordening insake die
Prosedure en Handhawing van Orde op Vergaderings, of moet, op skriftelike
versoek van minstens ‘n kwart van die Raadslede, Enige besluit wat deur so
‘n politieke struktuur, politieke ampsbekleër, ‘n Raadslid of personeellid
ten opsigte van ‘n delegasie of opdrag geneem is, hersien en die besluit
bevestig, verander of herroep behoudens Enige regte wat aan ‘n persoon mag
toegeval het.
17.
Appélle en
hersienings word behoudens die bepalings van artikel 62 van die Stelselwet,
saamgelees met die Standaardverordening insake die prosedure en handhawing van
orde op vergaderings, nagekom word.
18.
Die plig om aan
delegerende owerhede verslag te doen, moet ingevolge artikel 63 van die Stelsels
wet, saamgelees met die Standaardverordening insake die prosedure en handhawing
van orde op vergaderings, nagekom word.
DEEL
2:
Die volgende
aangeleenthede word nie gedelegeer nie en moet die Munisipale Raad besluit word.
A.
AANGELEENTHEID GERESERVEER IN ARTIKEL 160(2) VAN DIE GRONDWET
(1)
Die goedkeuring van
verordeninge
(2)
Die goedkeuring van
begrotings
(3)
Die heffing van
eiendomsbelastings, heffings en gelde;
(4)
Die opneem van
lenings.
B.
ANDER AANGELEENTHEDE VERMELD IN ARTIKEL 59(1)(a) VAN DIE STELSELWET
(1)
Die bevoegdheid om
tariewe vas te stel;
(2)
Besluite om ‘n
diensleweringsooreenkoms aan te gaan of om sodanige ooreenkoms te wysig of te
kanselleer;
(3)
Goedkeuring of
wysiging van die Munisipaliteit se Geïntegreerde Ontwikkelingsplan.
(1)
Die aanneming van en
wysigings aan ‘n waterdienste-ontwikkelingsplan, as waterdienste-owerheid,
ingevolge die Wet op Waterdienste, No108 van 1997;
(2)
Die goedkeuring van
grondontwikkelingsdoeleindes ingevolge die Wet op Ontwikkelingsfasilitering, No
67 van 1995;
(3)
Die goedkeuring van
enige ander statutêre planne ingevolge die betrokke wetgewing.
(1)
Die aanstelling en
ontslag van ‘n persoon in en uit die pos van Munisipale Bestuurder, en
Departementshoofde (nie in
(2)
In oorleg met die
Munisipale Bestuurder permanente poste te skep en aan en af te skaf en om
posbenamings te verander.
(3)
Die uitbreiding of die
vermindering van die aktiwiteite van enige departement of afdeling, die stigting
van Enige nuwe departement of afdeling, die herstruktuering van administrasie en
die afskaffing van Enige bestaande department of afdeling van die
Munisipaliteit;
(4)
Die verleen van
goedkeuring van ‘n personeellid van die Munisipaliteit ingevolge item 4(2) van
die gedragskode vir Munisipale Personeellede (Bylae 2 van die Wet op Munisipale
Stelsels om:
(a)
‘n party te wees by
‘n kontrak vir
i)
die verskaffing van
goedere of dienste aan die Munisipaliteit; of
ii)
die verrigting van
enige werk vir die Munisipaliteit; buiten
as ‘n personeellid;
(b)
‘n finansiële
belang in enige sake-onderneming van die Munisipaliteit te verkry;
of
(c)
betrokke te wees by
enige sake-onderneming, bedryf of beroep behalwe Munisipale werk.
(1)
Bo en behalwe die
finansiële aangeleenthede gemeld in paragrawe A en B hierbo:
(2)
Die aangaan van Enige
uitgawes wat ingevolge die goedkeurende begrotings uit leningsmagtigings en
leenfondse of uit voorskotte uit die kapitaalfonds wat deur die Raad ingestel
is, gefinansier moet word.
(3)
Onderworpe aan die
aankope beleid van die Raad die magtiging van Enige uitgawes waarvoor daar nie
in die goegekeurde begrotings voorsiening gemaak is nie.
(4)
Die skenking van geld
of dienste waar daar nie in die begroting van die Raad vir sodanige uitgawes
voorsiening gemaak is nie.
(5)
Die aanstelling van
‘n Ouditkomitee.
(6)
Die oorweging van die
volgende verslae oor die finansiële aangeleenthede:
(6.1)
Verslae van die
Ouditkomitee;
(6.2)
Verslae oor die Stand
van die Begroting;
(6.3)
Verslae oor die
Ongemagtige Uitgawes;
(6.4)
Formasiestaat oor
Beoogde Skuld; (aangaan van lenings)
F.
DORPSGEBIEDE, GROND EN INFRASTRUKTUUR (na
(1)
Die aankoop of
onteiening van onroerende eiendom, (werklike regte en grond) wat by die
munisipaliteit berus.
(2)
Die vervreemding van
onroerende eiendom wat deur die Munisipaliteit besit of beheer word of by hom
berus.
(3)
Die Verhuring van huur
van grond wat deur die Munisipaliteit besit of beheer word of by hom berus,
indien die verhurings- of huurtermym tien jaar of langer is.
(4)
Die goedkeuring van
die bou en verbouing van en veranderings aan openbare parke en sport- en
rekreasie- en vakansiefasiliteite, en die benaming van sodanige parkfasiliteite
en oorde.
(5)
Die goedkeuring van
die aanlê van strate, paaie en deurgange en die benaming daarvan, asook die
benaming van nuwe uitbreidings van die dorp of die wysiging van die bestaande
name.
(6)
Die oorweging van alle
aansoeke om die stigting van die nuwe dorpsgebiede, stigtingvoorwaardes,
uitkeergelde, die voorwaardes vir die voorsiening van noodsaaklike dienste in
dorpsgebiede en die verlening van enige toestemming ooreenkomstig die
stigtingsvoorwaardes wat vir die Raad gereserveer is.
(7)
Die benaming en
permanente sluiting van strate, openbare oop ruimtes en ander openbare plekke.
(8)
Die identifisering van
grond vir, en oprigting van, permanente munisipale geboue.
(9)
Die vervreemding van
grond of regte oor grond wat aan die Raad behoort of onteiening.
G.
AANGELEENTHEDE WAT MET RAADSLEDE VERBAND HOU
(1)
Toestemming vir die
afwesigheid van ‘n Raadslid van ‘n Raadsvergadering en die instel van
sanksies teen die raadslede vir die nie-bywoning van vergaderings, soos bepaal
in Item 4 van die Gedragkode vir Raadslede. (Bylae 5 van die
Strukturewet)
(2)
(a)
‘n Party te wees tot
of voordeel te trek uit ‘n kontrak vir:
i)
die verskaffing van
goedere en dienste aan die munisipaliteit, of
ii)
die verigting van
enige werk behalwe in die hoedanigheid van as ‘n Raadslid vir die
Munisipaliteit
(b) ‘n
Finnansiële belang in enige sake-onderneming van die munisipaliteit te verkry,
of
(c)
Vir ‘n fooi of ander
oorweging ten behoewe van enige ander persoon voor die Raad of ‘n komitee te
verkry
H.
ALGEMEEN
(1)
Om Raadskomitees in te
stel en om opdragte aan die komitees toe te wys, te wysig of te onttrek.
(2)
(3)
(4)
(5)
(6)
Enige ander
bevoegdheid wat nie uitdruklik hierbo gemeld is nie in verband met enige
aangeleentheid waarvoor die goedkeuring van enige Nasionale Minister of
Provinsiale LUR vereis word ten opsigte waarvan die reg van appél tot die
Premier of enige ander staatsorgaan behou word.
(7)
(8)
DEEL
3
UITVOERENDE KOMITEE
Die
betrokke bevoegdhede wat nie gedelegeer
1.
2.
3.
4.
5.
6.
Ander aangeleenthede
vermeld in artikel 160(20) van die Grondwet van die RSA, No 108 van 1996.
Die
Raad delegeer hierby ooreenkomstig artikel 32 van die Strukturewet die
volgende bevoegdhede, funksies en pligte aan die Uitvoerende Komitee:
1.
Die Uitvoerende
Komitee is daarop geregtig om verslag van die Munisipale Raad te ontvang en om
dié verslae saam met ‘n aanbeveling(s) aan die Raad voor te lê wanneer die
Uitvoerende Komitee nie ingevolge die gedelegeerde byvoegdheid oor die
aangeleentheid
2.
Die Uitvoerende
Komitee moet ingevolge artikel 44 van die Strukture Wet –
(a)
Die behoeftes van die
munisipaliteit identifiseer;
(b)
Die behoeftes van
rangorde van prioriteit hersien en evalueer;
(c)
Strategieë, programme
en dienste by die Munisipale Raad aanbeveel om deur die Geïntegreerde
Ontwikkelingsplan in voorkeurbehoeftes te voorsien, asook ramings van inkomste
en uitgawes, met inagneming van enige toepaslike nasionale en provinsiale
Ontwikkelingsplanne; en
(d)
Die beste wyse, met
inbegrip van vennootskappe en ander benaderings, aanbeveel of bepaal om die
strategieë, programme en dienste te implementeer, tot die maksimum voordeel van
die gemeenskap.
3.
Die Uitvoerende
Komitee moet –
(a)
Kriteria identifiseer
en ontwikkel waarvolgens vordering met die implementering van die strategieë,
programme en dienste gemeld in subartikel (2)(c) geëvalueer kan word, met
inbegrip van sleutelprestasie-aanwysers wat spesifiek vir die betrokke
munisipaliteit geld en algemeen tot plaaslike regering in die breë is;
(b)
Vordering teen die
sleutelprestasie-aanwysers evalueer;
(c)
Die prestasie van die
munisipaliteit hersien ten einde die volgende te verbeter-
(i)
die ekonomies
doeltreffendheid en effektiwiteit van die munisipaliteit;
(ii)
die doeltreffendheid
van kredietbeheer, inkomste en skuldvorderings-dienste;
en
(iii)
die implementering van
die munisipaliteit se verordeninge;
(d)
die bestuur van die
munisipaliteit se administrasie aan die hand van die opdragte van die Munisipale
Raad monitor;
(e)
toesien dat die
dienste aan die gemeenkappe in die munisipaliteit op ‘n Volhoubare wyse
gelewer word;
(f)
sodanige pligte
uitvoer en bevoegdhede uitoefen as wat die Raad ingevolge artikel 32 van die
Strukturewet aan hom delegeer;
(g)
jaarlikse verslag doen
oor die betrokkenheid van gemeenskappe en gemeen-skaporganisasies in sake van
die munisipaliteit, en
(h)
verseker dat die
standpunte van die publiek in aanmerking geneem word en oor die uitwerking van
konsultasie op die besluit van die raad verslag doen.
4.
By die uitoefening van
die Uitvoerende Komitee se funksies en bevoegdhede mag geen uitgawe aangegaan
word waarvoor daar nie in die goedgekeurde begroting voorsiening gemaak is nie.
5.
Alhoewel die
bevoegdheid om ‘n saak af te handel aan die Uitvoerende Komitee gedelegeer is
kan die Uitvoerende Komitee sodanige saak steeds met sy aanbeveling vir
beslissing na die Raad verwys.
6.
Die Raad
7.
8.
9.
10.
Om verlof van die
Munisipale Bestuurder goed te keur deur middel van die Voorsitter van die
Uitvoerende Komitee, of enige ander lid, na gelang van die beskikbaarheid van
die Voorsitter.
11.
Dit in-beginsel
goedkeuring (aanbeveling) van die begroting en van oorskryding op
begrotingsposte.
12.
Funksioneer as
aanstellingskomitee ingevolge die Aanstellingsbeleid.
13.
Verteenwoordig die
Raad saam met die betrokke amptenaar by die Bedingingsraad versoeningstake en
wel deur die Burgemeester en/of enige ander lid van die
14.
Magtiging om tydens
CCMA verhore in die beste belang van die Raad te getuig.
15.
Funksioneer saam met
die Munisipale Bestuurder (wat die Voorsitter is) as appél meganisme by appélverhore,
indien die Burgemeester of enige genomineerde lid van die
DEEL
4
KOMITEES
VAN RAAD
Die
volgende komitees is reeds ingevolge artilkel 79 van die Strukturewet ingestel
en het volmag aangaande die oorweging van die maandverslae van die onderskeie
dissiplines soos aangetoon. Die
verteenwoordigers van die onderskeie komitees word as aanhangsels hierby
ingebind.
|
|
KOMITEE |
VOLMAG |
|
1. |
Administrasie |
Maandverslae Verslae
van spesiale subkomitees |
|
2. |
Finansies |
Maandverslae |
|
3. |
Tegniese
Dienste |
Maandverslae
(Elektries en Tegnies) Verslae
van spesiale subkomitees |
|
4. |
Gemeenskapsdienste |
Maandverslae
(Verkeersdienste, Brandweer, Hawe, Wetstoepassing) Verslae
van spesiale subkomitees |
|
5. |
LED |
Maandverslae Verslae
van subsiale subkomitees |
|
6. |
Uitvoerende
Komitee |
Afhandelingsbevoegdheid |
|
7. |
HOP
Komitee |
Maandverslae Verslae
van subkomitees |
DEEL
5
MUNISIPALE
BESTUURDER EN BESTUURDERS VAN DEPARTEMENTE
VOORWAARDES
VAN DELEGERING VAN BEVOEGDHEDE AAN MUNISIPALE BESTUURDER EN BESTUURDERS VAN
DEPARTEMENTE.
Die
delegering van die bevoegdhede aan die Munisipale Bestuurder en
Departements-hoofde is onderworpe aan die volgende voorwaardes:
1.
By die uitoefening van
gedelegeerde bevoegdhede moet die Munisipale Bestuurder en Departementshoofde
nie van ‘n besluit van die Raad, of van ‘n Wetlike bepaling of ooreenkoms
deur die raad aangegaan, afwyk nie en geen uitgawe aangaan waarvoor daar nie in
die begroting voorsiening gemaak is nie.
2.
Die weiering van enige
toestemming of vergunning is onderworpe aan appél by die Munisipale Bestuurder
of die Raad (wat die geval ookal mag wees) en by enige sodanige weiering moet
die aansoeker skriftelik van die rede vir die weiering sowel as van sy reg
van appél verwittig word.
3.
Die uitoefening van
bevoegdhede betreffende personeel is onderworpe aan die toepaslike wetgewing of
ooreenkomste wat in verband met personeel aangeleent-hede aangegaan is.
4.
Die Raad
5.
Nieteenstaande dat
‘n funksie, bevoegdheid of plig aan ‘n beampte gedelegeer is, kan so ‘n
beampte die betrokke aangeleentheid aan die Munisipale Bestuurder, of die
Uitvoerende Komitee of die Raad vir oorweging en afhandeling voorlê.
6.
Die Munisipale
Bestuurder
DELEGASIES
AAN:
Munisipale
Bestuurder
Sien Aanhangsel A
Adjunk
Munisipale Bestuurder
Sien aanhangsel B
Bestuurder:
Korporatiewe Dienste
Sien Aanhangsel C
Bestuurder;
Finansiële Dienste
Sien Aanhangsel D
Bestuurder:
Tegniese Dienste
Sien Aanhangsel E
Bestuurder:
Omgewingsgesondheid
Sien Aanhangsel F
Bestuurder:
Beskermingsdienste
Sien Aanhangsel G
AANHANSEL
A
![]()
MUNISIPALE
BESTUURDER
1.
Die Munisipale
Bestuurder, wat ingevolge artikel 82 van die Strukturewet en artikel 55 van die
Munisipale Stelselswet aangestel word:-
(a)
is die hoof van die
munisipale administrasie
(b)
is die rekenpligte
beampte van die munisipaliteit
2.
As Hoof van
administrasie is die Munisipale Bestuurder behoudens die beleidaanwysings van
die Munsipale Raad, verantwoordbaar vir die volgende administratiewe funksies:
–
(a)
Die totstandkoming en
ontwikkeling van ‘n ekonomiese, effektiewe en verantwoordbare administrasie
wat –
(i)
Toegerus is om die
taak van die implementering van die munisipaliteit se geïntegreerde
ontwikkelingsplan ooreenkomstig Hoofstuk 5 van die wet op Munisipale Stelsels
uit te voer;
(ii)
Ooreenkomstig die
munisipaliteit se prestasiebestuurstelsel ooreenkom-stig Hoofstuk 6 van die Wet
op Munisipale Stelsels optree; en
(iii)
Gehoor gee aan die
behoeftes van die plaaslike gemeenskap om aan die sake van die munisipaliteit
deel te neem.
(b)
Die bestuur van die
munisipaliteit se administrasie ooreenkomstig die Stelselwet en ander wetgewing
wat op die munisipaliteit van toepassing is.
(c)
Die implementering van
die Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan en die monitering van
vordering met implementering van die plan. (Gesubdelegeer aan Adjunk
Munisipale Bestuurder)
(d)
Die bestuur van
diensverskaffing (Aanstellingsbeleid) aan die plaaslike gemeenskap op ‘n
Volhoubare en billike wyse.
(e)
Die aanstelling van
personeel anders dan die bedoel in artikel 56 (a) van die Stelselswet, behoudens
die wet op Diensbillikheid, 55 van 1998 in terme van die Aanstellingsbeleid.
(f)
Die bestuur,
effektiewe gebruik en opleiding van personeel.
(Gesubdelegeer aan Adjunk Munisipale Bestuurder)
(g)
Die handhawing van
personeeldissipline. (Gesubdelegeer
aan Adjunk Munisipale Bestuurder)
(h)
Die Bevordering van
gesonde arbeidsverhoudinge en nakoming deur die munisipaliteit van toepaslike
arbeidswetgewing. (Gesubdelegeer
aan Adjunk Munisipale Bestuurder)
(i)
Die advisering van die
politieke strukture en politieke ampsbekleërs van die Munisipaliteit.
(j)
Die bestuur van
mededelings tussen die Munisipaliteit se administrasie en die uitvoering van die
besluite van die politieke strukture en politieke ampsbekleërs van die
Munisipaliteit.
(k)
Die administrasie en
implementering van die Munisipaliteit se verordeninge en ander wetgewing.
(Gesubdelegeer aan Adjunk Munisipale Bestuurder)
(l)
Die uitoefening van
enige bevoegdhede en die verrigting van enige pligte.
Wat ingevolge artikel 59 van die Stelselswet aan die Munisipale
Bestuurder deur die Munisipale Raad gedelegeer word, of gesubdelegeer word deur
ander delegerende owerhede van die Munisipaliteit.
(m)
Die fasilitering van
deelname deur die plaaslike gemeenskap in die sake van die Munisipaliteit
(n)
Die ontwikkeling en
instandhouding van ‘n stelsel waardeur gemeenskaps-tevredenheid met Munisipale
dienste bepaal word.
(o)
Die Implementering van
nasionale en provinsiale wetgewing wat op die Munisipaliteit van toepassing is;
en
(p)
Die verrigting van
enige ander funksies wat deur die Munisipale Raad opgedra mag word.
3.
As rekenpligtige
beampte van die Munisipaliteit, is die Munisipale Bestuurder verantwoordelik en
verantwoordbaar vir –
(a)
Alle inkomste en
uitgawes van die Munisipaliteit;
(b)
Alle bates en die
nakoming van alle verpligtinge van die munisipaliteit;
(c)
Behoorlike en
noulettende nakoming van toepaslike wetgewing oor Munisi-pale finansiële
bestuur.
GESUBDELEGEER
AAN
4.
Die oorplasing van
personeel van een departement na ‘n ander departement binne die voorskrifte
van die Standaard Diensvoorwaardes na oorlegpleging met die onderskeie
Departementshoofde en Munisipale Bestuurder.
(Gesubdelegeer aan Adjunk Munisipale Bestuurder)
5.
Die versoek en
goedkeuring vir die hervatting van sy werk voordat ‘n Bestuurder se
vakansieverlof verstryk het.
6.
7.
8.
Die goedkeuring aan
Bestuurders vir bywoning van kongresse, werkswinkels, jaarvergaderings, ens.
Ooreenkomstig die Beleid van die Raad en onderhewig daaraan dat voldoende
voorsiening op die begroting gemaak is om die uitgawe te dek. (Gesubdeligeer
na Adjunk Munisipale Bestuurder.)
9.
Die goedkeuring vir
die betaling van reis- en verblyfkoste ingevolge die Raad se goedgekeurde skema,
met inbegrip van etes en die opsie van lugvervoer vs padvervoer.
(Gesubdelegeer aan Adjunk Munisipale Bestuurder)
10.
11.
12.
13.
14.
Goedkeuring vir die
betaling van behuisingshulp te verleen. (Behuisingsubsidies
van werknemers). (Gesubdelegeer
aan die Bestuurder Finansiële Dienste)
15.
16.
Die magtiging van
terugbetaling van behuisingkoste aan amptenare wat diens by die Raad aanvaar
ooreenkomstig die beleid van die Raad soos van tyd tot tyd van toepassing.
(Gesubdelegeer aan die Bestuurder Finansiële Dienste)
17.
Die ondertekening van
vrywarings ten gunste van die Pensioenfonds ten opsigte van kollaterale
beleggings deur die Raad met betrekking tot behuisingslenings aan amptenare.
(Gesubdelegeer aan die Bestuurder Finansiële Dienste na
oorlegple-ging met die Hoof van die Personeelkantoor)
18.
Om ooreenkomste namens
die Raad in oorleg met die
19.
Die bevoegheid om
waterbeperkingsmaatreëls in krisis situasies in te stel.
20.
Die ondertekening van
alle kontrakte namens die raad, (insluitend
transportprokurasies of enige gepaard-gaande inligting wat in die afwesigheid
van die Bestuurder Finansiële Dienste onderteken sal word.)
21.
Magtiging in die
goedkeuring en ondertekening van tjeks. Goedkeuring
in die uitreiking van tjeks.
22.
Magtiging om uitgawes
vir verversings wat met nooddienste verband hou, tot ‘n bedrag van R500.00 te
magtig sonder voorlegging aan die Raad. (Gesubdelegeer
aan Adjunk Munisipale Bestuurder)
23.
Die amptelike
woordvoerder van die Raad vir die uitreik van persverklarings of magtiging aan
‘n spesifieke Bestuurder om ‘n persverklaring uit te reik of die media te
woord te staan oor ‘n spesifieke aangeleentheid.
24.
Magtiging om die
vervoertoelae soos voorgeskryf van maand tot maand goed te keur en te
implementeer. (Gesubdelegeer aan
die Bestuurder Finansiële Dienste)
25.
Die bewaarder van alle
rekords van die Munisipaliteit behalwe waar anders voorsien ooreenkomstig met
die belang van Artikel 117 van die Stelselswet 2000.
(Gesubdeligeer aan Bestuurder
Korporatiewe Dienste)
26.
Behalwe waar anders
bepaal, is alle rekords en dokumente van die Munisipaliteit in die bewaring van
die Munisipale Bestuurder.
27.
‘n Munisipale
Bestuurder moet binne ‘n beleidsraamwerk wat deur die Munisipale Raad bepaal
word:
-
‘n diensstaat vir
die Munisipaliteit goedkeur;
-
‘n posbeskrywing vir
elke pos op die diensstaat voorsien;
-
die besoldiging en
ander diensvoorwaarde vir die poste bepaal soos ooreenkomstig enige toepaslike
arbeidswetgewing bepaal mag word; en
-
om gereeld die
diensstaat te evalueer, en indien nodig, die diensstaat en die besoldiging en
die diensvoorwaardes te hersien.
28.
Die Munisipale
Bestuurder moet ‘n afskrif van die gedragskode aan elke personeel-lid van die
Munisipaliteit voorsien en elke personeellid van enige wysiging van die
gedragskode voorsien.
29.
Verseker dat die doel,
inhoud en gevolge van die gedragskode aan personeellede wat nie
30.
Sonder vertraging
enige verliese as ‘n uitslag van verdagte kriminele gedrag aan die S.A.P. te
rapporteer.
31.
Op ontdekking van
enige ongemagtigde uitgawes, moet onmiddelik skriftelik gerapporteer word,
besonderhede van die uitgawes aan die Bestuurder/ Burgemeester/Speaker, lede van
die Uitvoerende Komitee van die Provinsie verantwoordelik vir finansies,
Plaaslike Regering en die Ouditeur-Generaal.
(Gesubdelegeer aan Adjunk Munisipale
Bestuurder)
32.
·
Teenstrydig met of
weier om te voldoen aan die bepalings van Finansiële wetgewing, Finansiële
Regulasies, beleide en prosedures van die Munisipaliteit.
·
‘n daad pleeg wat
die Finansiële Bestuur en interne beheerstelsel van die Munisipaliteit
ondermyn.
·
Enige ongemagtigde of
vrugtelose uitgawes aangaan of toelaat.
33.
Verseker dat uitgawes
van die Munisipaliteit in ooreenstemming is met die goedge-keurde begroting en
dat effektiewe en geskikte stappe geneem word om die volgende te voorkom:
·
Oorspandering van
goedgekeurde begroting
·
Onderinvordering van
belasting verskuldig aan die Munisipaliteit ;
en
·
Ongemagtigde en
vrugtelose uitgawes
34.
Binne 15 dae na die
einde van elke maand ‘n voorlegging doen aan die
·
Inligting in die
formaat soos voorgeskryf deur die Nasionale Tesourier op werklike inkomste en
uitgawes vir die betrokke maand.
·
‘n Bepaling van
verwagte inkomste en uitgawes vir die oorblywende gedeelte van die huidige
Finansiële jaar.
·
Indien nodig ‘n
verduideliking van enige materiële verskille;
en
·
‘n Opsomming van die
stappe wat geneem is om te verseker dat geprojekteer-de uitgawes en inkomstes
binne die goedgekeurde begroting bly.
35.
Gebruik die besparing
op een pos in die begroting om die oorspandering op ‘n ander pos te bestry,
behalwe waar die Raad anders bepaal en doen verslag aan die Raad aangaande die
handelings.
36.
Gee redelike geskrewe
kennis van enige vergaderings waar die Finansiële state en Oudit-Verslae vir
oorweging voorgelê word, aan die Ouditeur-Generaal, Provinsiale Tesourier en
die Provinsiale Departement verantwoordelik vir Plaaslike Regering.
37.
Indien hy/sy nalaat om
Finansiële state aan die Ouditeur-Generaal voor te lê en die Ouditeur-Generaal
se ouditverslag aan die Raad voor te lê, hy/sy moet ‘n skriftelike
verduideliking opstel met uiteensetting van redes hoekom dit nie voorgelê was
nie.
38.
Wanneer ‘n jaarlikse
begroting aan die Raad voorgelê is, moet die Munisipale Bestuurder meetbare
inkomste voorlê en uitgawes telkens vir die Finansiële jaar voorlê wat met
die begroting verband hou.
39.
40.
Gee publieke
kennisgewing op ‘n manier vasgestel deur die Raad van die tyd, datum en plek
van elke:
·
Gewone vergaderings
van die raad en enige Komitee, en
·
Spesiale of dringende
vergadering van die Raad en enige Komitee
41.
Bepaal en verhaal die
kostes van enige verlies of beskadiging opgedoen deur die Munisipaliteit van die
persoon verantwoordelik vir die verlies of beskadiging en waar nodig stel
dissiplinêre aksies in. ‘n
Werknemer wat deur die Munisipaliteit in diens geneem is/was is verantwoordelik
vir ‘n verlies of beskadiging indien dit bewys is tydens ‘n dissiplinêre
verhoor dat hy/sy:
·
Nagelaat het om geld
verskuldig aan die Munisipaliteit in te vorder waarvoor hy/sy verantwoordelik
is;
·
Is/was verantwoordelik
vir ‘n betaling van geld sonder die nodige gedelegeerde bevoegdheid of sonder
om die voorgeskrewe prosedure te volg of sonder ‘n deeglike ondersteunende
bewyse;
·
Vanweë versuim om
sy/haar pligte uit te voer hy/sy, verantwoordelik is/was vir vrugtelose
uitgawes;
·
Is/was verantwoordelik
vir skade aan die vernietiging van geld van die Munisipaliteit, seëls of ander
dokumente, sekuriteite of ander eiendom van die Munisipaliteit,
en
·
Vanweë versuim
in die uitvoer van sy/haar pligte verantwoordelik is/was vir ‘n eis
teen die Munisipaliteit.
42.
Herstel die bedrag of
enige ongemagtigde uitgawes van die persoon wat verantwoordelik was vir die
blootstelling van so ‘n uitgawe of die voordeligheid daarvan.
Uitgawes is ongemagtig wanneer:
·
‘n Betaling gemaak
is sonder dat voorsiening in die goedgekeurde begroting gemaak is met inagneming
van enige wetlike bepalings t.o.v. die betaling;
·
‘n Betaling of enige
gedeelte van betaling tot gevolg het dat die totale bedrag van die goedgekeurde
begroting, oorskry word;
·
Enige eksterne of
interne magtiging vereis deur die wet dat ‘n betaling nie opgelewer
·
‘n Betaling is
gedoen sonder enige deeglike wetlike matiging of veranderlik met enige
veriestes, en
·
Uitgawes van ‘n pos
in die begroting wat nie verbind is met die doel van daardie pos nie.
43.
Om appél tot ‘n hoër
44.
In oorleg met die
Uitvoerende Komitee, om uitgawes aan te gaan om ondersoekers aan te stel om sake
van beweerde onreëlmatigheid of wangedrag te ondersoek.
45.
In oorleg met die
Tesourier kontraktuele boete-klousules toe te pas in gevalle waar goedere of
Dienste laat aan die Raad/Munisipaliteit gelewer word.
46.
47.
48.
Om te besluit op die
terugbetaling van tenderdeposito’s met betrekking tot die tenders waar die
Raad nie enige kontraktuele verpligtinge het om deposito’s terug te betaal
nie.
49.
Die bevoegdheid om die
volgende dokumente te teken:
·
Tesame met die
Burgemeester en die Speaker die vergunning van burgerskap en vryheid van die
Munisipaliteit;
·
Dokumente vir die
oordrag of aanskaffing van vaste eiendom of regte met betrekking daarvan;
·
Dokumente om te begin
met enige wetlike proses hetsy krimineel of siviel namens die Raad en om enige
regsproses teen die Raad, hetsy krimineel of siviel te verdedig of teen te
staan;
·
Dokumente ter
voorlegging of opponering van ‘n appél na ‘n hoër
·
Enige ander kontrak of
dokument wat nie gespesifiseer is met betrekking tot enige departementshoof nie.
50.
In sy/haar deskresie
nie ‘n gebou van die Raad te verhuur indien hy/sy van mening is dat die risiko
te groot is.
51.
Die sluit van
Raadsbiblioteke op ‘n tydelike basis.
52.
Die bevoegdheid om die
funksies te verrig en gesag uit te oefen wat gestel is om die Raad in terme van
die bepalings van:
·
Artikel 3(1) tot 3(7)
van die burgelike beskermingsordonansie, 1977 (ordonansie no 10 van 1977).
Enige Finansiële implikasies in terme van die delegasie moet aan die
Raad voorgelê word vir goedkeuring.
53.
Die verlening van
toestemming vir die gratis gebruik van Raadsgeboue vir die departementele
funksies en ander Munisipale verbandhoudende aktiwiteite/funksies.
54.
In oorleg met die
Bestuurder Korporatiewe Dienste besluit oor die aanvaarding al dan nie van ‘n
kennisgewing van diensbeëindiging van ‘n werknemer wat op ‘n korter periode
dui as die periode soos uiteengesit in die diensvoorwaardes van die werknemer.
55.
In samewerking van die
Bestuurder Korporatiewe Dienste die bevoegdheid uit te oefen om die geldigheid
van nie-akkumulerende verlof van ‘n werknemer te verlang.
56.
Op skriftelike versoek
deur ‘n personeellid ‘n afskrif van of uittreksel uit die personeelstelsels
en prosedures, insluitende enige wysigings, aan daardie personeellid beskikbaar
stel in ooreenstemming met die bepalings van artikel 67 van die stelselswet,
2000
AANHANGSEL
B
DEPARTEMENTSHOOFDE
/ BESTUURDERS VAN DEPARTEMENTE
1.
Die Hoofde van
Munisipale Departemente word ingevolge Artikels 56 en 57 van die Stelselswet
aangestel en is Bestuurders wat regstreeks aan die Munisipale Bestuurder
verantwoordbaar is.
2.
Die gedelegeerde funksies en pligte van die persone wat as
Departementshoofde (Bestuurders) aangestel is en wat met die betrokke poste
geassosieer word, word in diè gedeelte uiteengesit.
ADJUNK
MUNISIPALE BESTUURDER
1.
Die implementering van die Munisipaliteit se geïntegreerde
ontwikkelingsplan en die monitering van vordering met implementering van die
plan.
2.
Namans die Munisipale Bestuurder die bestuur, effektiewe gebruik en
opleiding van personeel, en die
handhawing van personeeldissipline.
3.
Die Bevordering van gesonde arbeidsverhoudinge en nakoming deur die
munisipaliteit van toepaslike arbeidswetgewing.
4.
Die administrasie en implementering van die Munisipaliteit se
verordeninge en ander wetgewing.
5. Namans die Munisipale Bestuurder die oorplasing van personeel van een departement na ‘n ander departement binne die voorskrifte van die Standaard Diensvoorwaardes na oorlegpleging met die onderskeie Departementshoofde en Munisipale Bestuurder.
7.
8.
9.
Die goedkeuring aan Bestuurders en amptenare binne die GOP departement,
vir bywoning van kongresse, werkswinkels, jaarvergaderings, ens.
ooreenkomstig die Beleid van die Raad en onderhewig daaraan dat voldoende
voorsiening op die begroting gemaak is om die uitgawe te dek.
10.
Die goedkeuring vir die betaling van reis- en verblyfkoste ingevolge die
Raad se goedgekeurde skema, met inbegrip van etes en die opsie van lugvervoer vs
padvervoer.
11.
12.
Magtiging om uitgawes vir verversings wat met nooddienste verband hou,
tot ‘n bedrag van R500.00 te magtig sonder voorlegging aan die Raad.
13.
Op ontdekking van enige ongemagtigde uitgawes, moet onmiddelik skriftelik
gerapporteer word, besonderhede van die uitgawes aan die Bestuurder/
Burgemeester/Speaker, lede van die Uitvoerende Komitee van die Provinsie
verantwoordelik vir finansies, Plaaslike Regering en die Ouditeur-Generaal.
14.
Die
goedkeuring vir die gebruik van ampsvoertuie.
15.
Goedkeuring vir die ondertekening van tjeks in die afwesigheid van die
Bestuurder: Finansiële Dienste of een van die gedelegeerdes in die
betrokke departement.
16.
Die ondertekening van
kontrakte, transportprokurasies en gepaardgaande dokumentasie namens die raad,
in die afwesigheid van die Munisipale Bestuurder.
17.
Magtiging vir die
advertering van personeelvakatures ooreenkomstig die aanstellingsbeleid
onderhewig daaraan dat die werwing van interne applikante en die Wet op Gelyke
Indiensneming telkens inaggeneem moet word.
18.
Daaglikse
administrasie van sy departement.
19.
Bevordering van goeie
arbeidsverhoudinge.
20.
Nagaan van alle
amptelike korrespondensie voor versending.
21.
Daaglikse oopmaak van
die pos en verwysing van besonderhede na departementshoofde vir
kommentaar/verdere informasie.
22.
·
Teenstrydig met of
weier om te voldoen aan die bepalings van Finansiële wetgewing, Finansiële
Regulasies, beleide en prosedures van die Munisipaliteit.
·
‘n daad pleeg wat
die Finansiële Bestuur en interne beheerstelsel van die Munisipaliteit
ondermyn.
·
Enige ongemagtigde of
vrugtelose uitgawes aangaan of toelaat.
23.
Die ondertekening van tjeks tesame met die ander gemagtigdes namens die
Raad.
24.
Administratiewe en
verwante funksies met betrekking tot (RDP) behuising.
25.
Die Adjunk Munisipale Bestuurder neem waar is die plek van die Munisipale
Bestuurder wanneer laasgenoemde afwesig, uitstedig
of met verlof is.
AANHANGSEL
C
![]()
1.
Die Hoofde van
Munisipale Departement word ingevolge Artikel 56 en 57 van die Stelselswet
aangestel en is bestuurders wat regstreeks aan die Munisipale Bestuurder
verantwoordbaar is.
2.
Die gedelegeerde
funksies en pligte van die persone wat as Departementshoofde (Bestuurders)
aangestel is en wat met die betrokke poste geassosieer word, word in die
gedeelte uiteengesit.
BESTUURDER:
KORPORATIEWE DIENSTE
1.
Parkeerplekke aan
amptenare van die Raad of Raadslede toe te ken indien daar so ‘n beleid
bestaan.
2.
3.
Om in samewerking met
die betrokke departementshoof, ‘n
beampte van verlof terug te roep of die neem van goedgekeurde verlof uit te
stel, indien die vereistes van die
diens dit noodsaak en magtiging te verleen om die verlof binne ses maande na die
verval datum te neem.
4.
Namens die Raad en in
oorleg met die Munisipale Bestuurder maar onderhewig aan raadsgoedkeuring te
onderhandel en tot onderhandelings toe te tree met
betrekking tot die verkryging of vervreemding van grond of belange in
grond.
5.
Die nodige stappe te
doen om die voorwaardes waarop eiendom van die Raad verhuur of verkoop is, af te
dwing.
6.
Verhaalbare uitgawes
ooreenkomstig die beleid deur die Raad neergelê, aan te gaan.
7.
8.
Die verlening van
goedkeuring dat ‘n telefoon op of in eiendom van die Raad geïnstalleer word.
9.
Om goedkeuring te
verleen dat die Raad se biblioteek boeke afgeskryf mag word en magtiging te
verleen dat die koste van verlore boeke aan die Provinsiale Biblioteek vergoed
word tot ‘n maksimum van R2 000.00 per jaar.
10.
10.1
Regsmenings in oorleg met die Munisipale Bestuurder van die Raad se
adviseurs te verkry.
10.2
Om al die nodige
stappe te doen om die bepalings van die soneringskema, weiering om ‘n
vergunnings gebruik toe te staan, of enige voorwaardes met betrekking tot ‘n
dorpsgebied of ‘n erf in ‘n dorpsgebied of landbouhoewe of om enige
verandering of reg van die Raad, of om die nakoming van enige voorwaarde wat in
verband staan met ‘n toegestane vergunningsgebruik ingevolge die Soneringskema
of om die bepalings van ‘n serwituut, toestem-mingsakte of ooreenkoms wat deel
van ‘n skikking met betrekking tot enige regsaangeleentheid in terme van die
Soneringskema of ander verordening van die Raad vorm, af te dwing.
10.3
Om al die nodige
stappe te doen en om al die nodige dokumente voor te berei en te teken om
sodoende uitvoering van ‘n besluit van die Raad om regstappe te doen teen ‘n
liggaam of ander persoon, te gee.
11.
Die verkryging van beëdigde
waardasies en landmeter-diagramme ten opsigte van die koop, verkoop, huur en
verhuur van grond, onderverdeling, konsoliderings, serwitute en sluitings.
12.
Uitreiking van
sertifikate aan die Landmeter-Generaal dat ‘n voorgestelde onderverdelingsplan
in ooreenstemming is met die Soneringskema.
13.
In gevalle waar die
Raad ‘n vergunde gebruik toegestaan het en die onderneming van eienaars
verwissel, die verleen van goedkeuring aan die nuwe eienaars om sy regte in
terme van die vergunde gebruik voort te sit, onderhewig aan sodanige voorwaardes
as wat nodig geag word.
14.
Die uitreiking van
sertifikate dat die Raad afstand doen van sy verkoopsreg.
15.
Dat uitreiking van
sertifikate in oorleg met die, Bestuurder: Finansiële Dienste, Bestuurder:
Tegniese Dienste aan die Registrateur van Aktes se onderverdelings-voorwaardes
nagekom is.
16.
Die goedkeuring van
beplande oortyd aan amptenare om die goedgekeurde salaris-skaal van die Raad.
17.
Die toestaan van
vergunning aan ‘n organisasie om op ‘n openbare plek of straat ‘n
verkoping wat ‘n rommelverkoping insluit, te hou.
18.
Die voorbereiding van
enige dokument of stuk om uitvoering te gee aan ‘n besluit van die Raad om
‘n bepaling van enige van die Raad se verordeninge af te dwing (met inbegrip
van die dorpsaanlegskema wat in oorleg met ‘n Stadsbeplanner gedoen moet
word).
19.
Goedkeuring van
aansoeke om optogte (in oorleg met die SAPD) en gepaardgaande fondsinsamelings
binne die munisipale gebied te hou.
20.
Toestemming te verleen
vir die oprigting van baniere en plakkate en inbegrip van politieke plakkate.
21.
Die toekenning van
Raadswonings in oorleg met die Munisipale Bestuurder.
22.
Toestemming,
onderworpe aan die beleid van die Raad, te gee aan geregistreerde welsyns- en
liefdadigheids-organisasies en godsdienstige instellings om kollektes, veilings
of verkopings op enige straat of ander terrein wat aan die Raad behoort of
waaroor die raad beheer het (uitgesonder parke en sportgronde) te hou of om
sulke terreine sonder om vergoeding te betaal, vir fondsinsamelings te gebruik.
23.
Na oorlegpleging met
die betrokke departementshoof, aanstellings
van personeel sowel as aflos en tydelike werkers ooreenkomstig die
Aanstellingsbeleid.
24.
Goedkeuring vir die
oprigting van skouhuis tekens en die aanbring van rigting-wysers op munisipale
grond.
25.
In oorlegpleging met
die betrokke departementshoof, die aanstel/aanwys van ‘n amptenaar in ‘n
waarnemende hoedanigheid ingevolge die betrokke diensvoorwaardes.
26.
27.
Bevoegdheid om die
gebruik van saalfasiliteite teen ‘n normale tarief toe te ken en wel
onderhewig aan die voorwaardes en tariewe wat die Raad van tyd tot tyd mag
bepaal.
28.
Om borge en waarborge
ten behoewe en kontrakteurs te aanvaar/verwerp soos deur die
29.
Die aanwys as
skakelpersoon met die SETA ingevolge die Wet op Vaardigheids-ontwikkeling.
30.
Die aanwys as
Diensbillikheidsbestuurder ingevolge die Wet op Gelyke Indiensne-ming.
31.
Verteenwoordiger van
die Raad by Bedingsraadsake saam met die Burgemeester en Personeel beampte.
32.
Verteenwoordig die
Raad by CCMA sake saam met die Personeel beampte.
33.
Plasing van
advertensies vir personeelvakatures in oorlegpleging met die Adjunk Munisipale
bestuurder.
34.
Advertering van
publieke deelname tydens grondgebruikaansoeke:
33.1
dat kennisgewings op die eiendom ter sprake aangebring sal word, sowel as
by prominente openbare geboue in die verskillende dorpe, te wete-
in
Springbok
by die Munisipale kantore
in
Bergsig
by die betaalkantoor
in
Matjieskloof
by die Kliniekgebou
in
Concordia
by die Munisipale Kantore
in
Okiep
by die Munisipale Kantoor, die biblioteke en klinieke, die gemeenskapsaal
in
Steinkopf by
die Munisipale kantoor, Biblioteek, Kliniek en Poskantoor
in
Nababeep
by die Munisipale Kantoor
in
Komaggas
by die Munisipale Kantoor, die Biblioteek, Poskantoor en die kliniek
in
Buffelsrivier
by die Munisipale Kantoor, Biblioteek, die Poskantoor en die Kliniek
in
Goodhouse
by die Munisipale Kantoor
33.2
Dat die proses van publieke deelname, m.a.w. die betekening van
kennisgewings by openbare geboue, gelyktydig sal plaasvind.
33.3
Dat die betekening van verdere kennisgewings aan geregistreerde eienaars
gedoen word in oorleg met die Adjunk Munisipale bestuurder.
35.
36.
Goedkeuring van tyd-af
aan vakbonde ingevolge die Organiseringsregte-ooreenkoms in oorleg met
departementshoofde.
37.
Die bevoegdheid om die
toepaslike funksies te verrig en gesag uit te oefen wat gesetel is in die Raad
in terme van die bepalings van:
·
Standaardreëls en
opdragte
·
Biblioteek regulasies
·
Openbare
optogregulasies
·
Verlofregulasies
·
Gedragkode vir
amptenare
·
Diensooreenkoms
·
Arbeidswetgewing
·
Ander wetgewing van
toepassing op Plaaslike Regering; en
·
Die Munisipale Kode
38.
Magtiging
om goedkeuring te verleen aan kerke om op munisipale grond kerkdienste te hou,
onderhewig aan die volgende voorwaardes:
37.1
ten opsigte van
luidsprekers:
(a)
dat die volume daarvan
nie ‘n steurnis mag veroorsaak vir ander inwoners nie;
(b)
dat dit nie later as
21:00 gebruik mag word nie;
(c)
dat dit vir hoogstens
twee uur per geleentheid gebruik mag word, en wel op die ure soos onderling
ooreengekom.
37.2
dat die terrein
telkens skoon en netjies gehou moet word;
37.3
dat ‘n tarief soos
van tyd tot tyd deur die Raad bepaal vooraf betaalbaar sal wees;
37.4
dat voldoende
toiletgeriewe en vullisverwydering deur die applikant voorsien moet word, soos
vereis deur die OGB;
37.5
dat die Munisipaliteit
die alleen diskresie het om, indien enige bepalings van enige Wet of Verordening
nie deur die aansoeker nagekom word nie en ‘n ondersoek meriete of substansie
daarin sou bevind, die goedkeuring onmiddellik tersyde te stel sonder die
terugbetaling van enige gebruiksgelde;
37.6
dat die goedkeuring
van aansoeke in oorlegpleging met die betrokke wyks-raadslid gedoen word;
37.7
dat die tydperk
waarvoor goedkeuring verleen word nie twee weke mag oorskry nie.
39.
Die bevoegdheid om
amptenare van sy departement aan te wys as Gesondheid- en
Veiligheidsverteenwoordigers vir sy departement in terme van die bepalings van
die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet no 85 van 1993).
40.
Bywoning van alle
Raadsvergaderings, Uitvoerende-
en ander komitees en ander vergaderings.
41.
As Menslike Hulpbronne
Bestuurder verantwoordelik vir:
·
Hantering van
persoonlike lêers berekening van verlof en die byhou van die verlofregister,
aanstellingsbriewe, dienssertifikate, werkloosheidsversekerings-fonds
(blou-kaarte), arbeidsnavrae te hanteer, personeelmemorandums, aanbe-ling van
verlofaansoek.
·
Vaardigheidsontwikkeling,
en gelyke indiensneming; en
·
Algemene Menslike
Hulpbronnebestuur.
42.
Komiteedienste.
43.
Ondersteuningsdienste
aan Burgemeester/Speaker en raadslede.
44.
Uitvoering van
toepaslike Raadsbesluite.
45.
Hou van registers:
Beleidsregisters, Besluiteregister, Verlofregister en Bywoning van
Vergaderingsregister.
46.
Daaglikse
administrasie van sy departement.
47.
Hulpdienste:
Rekords (liaseringstelsel), tik, skakelbord, Skoonmaakdienste, fotokopiëring,
boodskapperdienste, ens.
48.
Bestuur en handhawing
van ‘n geriewe insluitende veiligheid.
49.
Opstel van
Raadsomsendbriewe aan die gemeenskap.
50.
Bevordering van goeie
arbeidsverhoudinge.
51.
Sekretariële Dienste:
Rampbestuur sowel as ander gedelegeerde Rampbestuur-funksies.
52.
Die bevoegdheid om die
lisensiëring van organisasies te oorweeg in ooreenstemming met die bepalings
van die besigheidswet, 1991 (wet 71 van 1991).
53.
Die bevoegdheid (in
samewerking met die raad) om uitstel toe te staan vir die periode waar die
gevestigde regte, soos bepaal deur die Raad, uitgeoefen moet word in gevalle
waar ‘n konsent gebruik was, goedgekeur is deur die Raad in terme van sy
Stadsbeplanningskema en ander soortgelyke wetgewing.
54.
Die bevoegdheid om die
nodige stappe te neem, toepaslike hofbevel te verkry wat die eienaar of besitter
van die grond verplig om aan die vereistes van Stadsbeplanningskema te voldoen
in die geval waar eienaar of besitters van grond of eiendom versium om die
vereistes van die Stadsbeplanningskema na te kom.
55.
Die bevoegdheid om
aanbevelings te maak (vir vooruitlegging van die Raad) met betrekking tot
aansoeke vir die kansellasie, uitstel of wysiging van titel voorwaardes wat
beperkend is om die titelakte van ‘n eiendom of grond in lyn te bring met die
Stadsbeplanningskema, behalwe in die gevalle waar ‘n terugvalklousule ten
gunste van die Raad in die titelakte bestaan.
56.
Die bevoegdheid om
aansoeke vir Behuising industrie en huiswinkel te oorweeg in terme van die
Stadbeplanningskema. In gevalle wat
hy/sy reken dat die aansoek van ‘n betwisbare aard is of wat ‘n ingrypende
impak het op die omliggende gemeenskap mag hê moet hy/sy in die geval van
besware deur omliggende inwoners, dit na die raad verwys vir ‘n besluit.
57.
Die bewaarder van alle
rekords van die Munisipaliteit behalwe waar anders voorsien ooreenkomstig met
die belang van Artikel 117 van die Stelselswet 2000.
58.
Uitvoer van enige
ander pligte soos van tyd tot tyd gedelegeer mag word deur die Munisipale
Bestuurder.
AANHANGSEL
D
DEPARTEMENTSHOOFDE
/ BESTUURDERS VAN DEPARTEMENTE
2.
Die Hoofde van
Munisipale Departemente word ingevolge Artikels 56 en 57 van die Stelselswet
aangestel en is Bestuurders wat regstreeks aan die Munisipale Bestuurder
verantwoordbaar is.
3.
Die gedelegeerde
funksies en pligte van die persone wat as Departementshoofde (Bestuurders)
aangestel is en wat met die betrokke poste geassosieer word, word in diè
gedeelte uiteengesit.
BESTUURDER
: FINANSIëLE DIENSTE :
1.
2. Om ‘n beampte van
verlof terug te roep of die neem van goedgekeurde verlof uit te stel indien die
vereistes van die diens dit noodsaak en magtiging te verleen om die verlof binne
ses maande na die vervaldatum te neem.
3.
4.
Die ondertekening van effektesertifikate tesame met die Munisipale
Bestuurder namens die Raad.
5.
Die ondertekening van tjeks tesame met die ander gemagtigdes namens die
Raad.
6.
Die voorwaardes en tydperk van terugbetaling van lenings uit die Bates
– finansieringsfonds te bepaal.
7.
8.
Die goedkeuring vir die aangaan van uitgawes vir die herstel van
masjinerie, voertuie, ensovoorts tot ‘n bedrag soos van tyd tot tyd deur die
Raad bepaal.
9.
10.
Die betaling van salarisse aan amptenare en Raadslede op ‘n datum soos
deur die Munisipale Bestuurder, bepaal.
11.
Opdrag aan Prokureurs uit te reik om alle gelde wat aan die Raad
verskuldig is, ingevolge die bepalings van die toepaslike verordeninge en beleid
in te vorder.
12.
Om versekering by instansies soos deur die Raad goedgekeur te reël ten
einde sorg te dra dat die Raad behoorlik verseker is teen gebeurlikhede waardeur
die Raad skade
13.
Die toepassing en administrasie van die Finansiële Verordeninge van die
Raad.
14.
Die goedkeuring vir die betaling van behuisingsubsidies en
behuisingtoelaes volgens die beleid van die Raad.
15.
Die uitbetaling van gratifikasie aan werknemers wie daarvoor kwalifiseer.
16.
17.
18.
Beëdigde waardasies van grond of ander eiendomme aan te vra vir
voorlegging aan die Raad of vir uitvoering van ‘n Raadsbesluit.
19.
Die goedkeuring van beplande oortyd aan amptenare op die goedgekeurde
salarisskaal van die Raad (met inagneming van die perk soos bepaal deur die Wet
op Standaard Diensvoorwaardes).
20.
Die goedkeuring aan werknemers in die betrokke departement vir die
bywoning van kongresse, werkswinkels, jaarvergaderings, en so meer ooreenkomstig
die beleid van die Raad en onderhewig daaraan dat voldoende voorsiening op die
begroting gemaak is om die uitgawes te dek.
21.
Die goedkeuring vir die gebruik van ampsvoertuie buite die Munisipale
gebied.
22.
Die magtiging van terugbetaling van verhuringskoste aan amptenare wie
diens by die Raad aanvaar ooreenkomstig ‘n besluit van die Raad soos van tyd
tot tyd van toepassing.
23.
Bevoegdheid vir die tref van reëlings vir die afskaling van dienste of
die omskakeling na ‘n ander tarief as gevolg van ‘n bepaalde
betalingsrekord, asook die diskresie aangaande die toekenning van Equitable
Share ingevolge die Raad se beleid.
24.
Bevoegdheid vir die staking van elektrisiteitstoevoer en water kragtens
die toepaslike verordeninge.
25.
Die aanstel/aanwysing van ‘n amptenaar in ‘n waarnemende hoedanigheid
ingevolge die betrokke diensvoorwaardes na oorlegpleging met die munisipale
bestuurder.
26. Residensiële grond en skema huise onder beheer of wat die eiendom is van die Raad, onderworpe aan die beleid van die Raad te verhuur of te verkoop.
27.
Onderhandelings met beurshouers oor die afbetalingstermyn van
verskuldigde bedrae onderhewig daaraan dat die maksimum periode nie 6 maande mag
oorskry nie.
28.
Die uitreiking van ‘n Klaringsertifikaat wat sertifiseer dat die
tarief, bedrag, fooie en rente wat betrekking het op ‘n sekere hoedanigheid in
die Munisipale gebied aan die Raad betaal is soos bepaal deur die toepaslike
wetgewing.
29.
Die bevoegdheid om fondse vry te stel met betrekking tot hoofitems in
terme van die goedgekeurde kapitaalbegroting.
30.
Die bevoegdheid om geld van salarisse of lone af te trek, wat ‘n
amptenaar aan die Raad verskuldig is.
31.
Die hantering van versoeke van Finansiële instansies vir die
dienslewering wat betrekking het op die betaling van Munisipale Rekeninge.
32.
Die bevoegdheid (in
samewerking met die Munisipale Bestuurder) om ‘n reëling te maak tot die
aanvang van die regsproses vir die bewering van beskadiging aan Raadseiendom
veroorsaak deur ‘n derde party, en vir die uitgawes met betrekking tot
beserings opgedoen deur ‘n amptenaar terwyl hy/sy aan diens was, wat die Raad
moet optree in terme van die “Workmens Compensation Act”.
33.
Die bevoegdheid om die funksies te verrig en die magte uit te oefen wat
berus by die Raad in terme van die bepaling van :
| Honde
Regulasies | |
| Finansiële
Regulasies | |
| Regulasies
rakende die Munisipale pensioen en toelaefonds, en | |
| Water
en elektrisiteitsvoorsieningsregulasies met die inagneming van Finansiële
belange. |
34.
Die oorweging van alle versoeke vir die beskikbaarstelling van name en
adresse van water en elektrisiteitsverbruikers en die belastinglys in terme van
die toepaslike wetgewing en die Raad se eie Administratiewe omstandighede en
vereistes wat voorrang neem te alle tye.
35.
Die bevoegdheid om die volgende dokumente te teken;
·
Aandelesertifikate met
betrekking tot goedgekeurde lenings
·
Dokumente rakende die
invordering van geld, verskuldig aan die Raad in of die Magistraats of
Hooggeregshof, en
·
Debiteure Sertifikate
·
Tjeks, amptelike
bestellings en Klaringsertifikate
36.
Die bevoegdheid in samewerking met die Munisipale Bestuurder om draagbare
goedere aan te koop vir die bedrag soos vasgestel deur die toepaslike wetgewing
sonder die nodige versoek van tenders.
37.
Die bevoegdheid om versekeringseise te finaliseer met betrekking tot die
Raad se interne verskeringsfonds.
38.
In samewerking met die departementshoof betrokke, die bevoegdheid om
boete-klousules af te dwing, saamgevat in Raadskontrakte vir die lewering van
goedere en dienste.
39.
Die handhawing van Raadsregisters vir die huurkontrakte en die jaarlikse
voorlegging daarvan op 30 Junie vir inligting aan die Raad.
40.
Begrotingskontrole
41.
Bywoning van Raads- en ander toepaslike Komiteevergaderings.
42.
Die gesag om amptenare aan te stel in sy departement as Gesondheids en
Veiligheidsverteenwoordiger vir sy departement in terme van die bepaling van die
Beroepsgesondheids en Veiligheidswet, 1993 (wet no. 85 van 1993).
43.
Die uitoefening van alle pligte wat berus in die Tesourie Departement.
![]()
DEPARTEMENTSHOOFDE
/ BESTUURDERS VAN DEPARTEMENTE :
1.
Die Hoofde van Munisipale Departemente word ingevolge Artikel 56 en 57
van die Stelselswet aangestel en is bestuurders wat regstreeks aan die
Munisipale Bestuurder verantwoordbaar is.
2.
Die gedelegeerde funksies en pligte van die persone wat as
Departementshoofde (Bestuurders) aangestel is en wat met die betrokke poste
geassosieer word, word in diè gedeelte uiteengesit.
BESTUURDER :
TEGNIESE DIENSTE :
1.
2.
Om
‘n beampte van verlof terug te roep of die neem van goedgekeurde verlof uit te
stel indien die vereistes van die diens dit noodsaak en magtiging te verleen om
die verlof binne ses maande na die vervaldatum te neem.
3. Om aankope van goedere en dienste en die uitvoering van werke ingevolge die toepaslike beleid tot ‘n maksimum waarde soos van tyd tot tyd deur die Raad ten opsigte van Departementshoofde bepaal van R 80 000 per keer te magtig.
4.
Verhaalbare uitgawes ooreenkomstig die beleid deur die Raad neergelê,
aan te gaan.
5.
Toepassing van die
verordeninge van toepassing op die Bestuurder : Tegniese Dienste.
6.
Ooreenkomstig die beleid van die Raad goedkeuring vir die sink van
boorgate te verleen in oorleg met die Bestuurder : Gesondheidsdienste en
Behuising.
7.
Bou- en dreineringsplanne, planne vir advertensietekens en planne vir die
oprigting van antennestelsels goed te keur onderworpe aan die bepalings van die
betrokke wetgewing en die verordeninge van die Raad.
8.
Goedkeuring of ondersteuning van ‘n aansoek om ‘n gebou wat vir
woondoeleindes gebruik word in ‘n sakegebou te omskep, mits besigheidsregte
ingevolge die Dorpsbeplanningskema aan die betrokke grond toegeken is onderworpe
aan enige wetsbepaling en in oorleg met die Bestuurder : Gesondheidsdienste en
Behuising en Bestuurder : Korporatiewe Dienste.
9.
Goedkeuring of ondersteuning van ‘n aansoek om ‘n gebou wat vir
woondoeleindes gebruik word, te sloop, mits die Bestuurder : Gesondheidsdienste
en Behuising die sloping aanbeveel en onderworpe aan enige wetsbepaling.
11.
Die goedkeuring van planne vir en die plasing van beligte
advertensietekens in oorleg met die Bestuurder : Elektriese Dienste.
12.
Magtiging vir die terugbetaling van bouplangelde goed te keur op sodanige
voorwaardes as wat van tyd tot tyd deur die Raad gestel word.
13.
Toesig te hou met betrekking tot ooreenkomste van die Raad vir die
oprigting van geboue, paaie, brûe ens. en enige bou- en konstruksiewerk wat vir
die Raad ingevolge ‘n ooreenkoms gelewer word en enige stuk, sertifikaat of
verklaring in verband daarmee te onderteken.
14.
Die uitreiking van sertifikate vir die verskaffing van noodsaaklike
dienste waaraan die bepalings van die Raad voldoen is in oorleg met die betrokke
Departementshoofde/Bestuurders.
15.
Aansoeke om die verkoop van grafpersele te finaliseer en daarmee
gepaardgaande die toepassing van die Raad se Begrafplaasverordeninge. Die grawe
van grafte en uitbou daarvan.
16.
Die Raad se
swembaddens ingevolge die Raad se Swembadverordeninge en die Raad se beleid,
tydelik vir die publiek te sluit en die gebruik van die swembaddens aan skole of
swemklubs beskikbaar te stel teen betaling van die bedrae deur die Raad bepaal.
17.
Die bepaling van
watter erwe, persele en terreine by die Raad se water- en rioolhoofgeleidings
aansluitbaar is.
18.
Afkeuring van aansoeke om boulyn-verslappings met dien verstande dat alle
aansoeke wat afgekeur word, aan die Tegniese Dienste komitee gerapporteer word.
19.
Goedkeuring te verleen vir die oprigting van bouersafdakke, pophuise,
plant en/of potplanthuise, tuingereedskapskuur, steenkoolskuur, fietsloods,
somerhuise, swembadkleedkamers, pomphuis, reservoir, hondehok en enige ander
struktuur of gebou, met dien verstande dat die vereistes soos uiteengesit in
voorafbepaalde Raadsbeleid alle tye nagekom word. (Klein bouwerke soos omskryf
in SABS 0400).
20.
Goedkeuring van bevoegde persone vir strukturele ontwerpe ingevolge
SABS-voorskrifte.
21.
Goedkeuring van bevoegde persone vir loodgieterswerke ingevolge die Wet
op Nasionale Bouregulasies.
22.
Die goedkeuring van beplande oortyd aan amptenare op die goedgekeurde
salarisskaal van die Raad (met inagneming van die perk soos bepaal deur die Wet
op Standaard Diensvoorwaardes).
23.
Die goedkeuring aan werknemers in die betrokke departement vir die
bywoning van kongresse, werkswinkels, jaarvergaderings, en so meer ooreenkomstig
die beleid van die Raad en onderhewig daaraan dat voldoende voorsiening op die
begroting gemaak is om die uitgawes te dek.
24.
Die goedkeuring vir die gebruik van ampsvoertuie buite die munisipale
gebied.
25.
Die toepassing van die bevoeghede ooreenkomstig die bepalings van
tersaaklike wetgewing met betrekking tot die verwydering van bome en ander
belemmering op privaatpersele.
26.
Om reëlings te tref in oorleg met die Bestuurder
Finansiële Dienste ten opsigte van die afbetaling van parkeerbydraes en
die bou van parkeerinhamme, met dien verstande dat ‘n rentekoers soos van tyd
tot tyd van toepassing, gehef word en die maksimum termyn nie 12 maande sal
oorskry nie.
27.
Aanstelling van personeel (posvlak 9 – 15 gebaseer op ‘n graad 3
Plaaslike Owerheid) sowel as aflos en tydelike personeel.
28.
Die aanstel/aanwysing van ‘n amptenaar in ‘n waarnemende hoedanigheid
ingevolge die betrokke diensvoorwaardes.
29.
Goedkeuring van bouplanne waar boulyne oorskry word (oorlegpleging met
Boubeheerbeampte) vir kennisname aan die HOP Komitee.
30.
Verantwoordelikhede van boubeheer : Toesien na boubedrywighede ingevolge
die Wet op Nasionale Bouregulasies en Standaarde met inbegrip van Artikel 21
aansoeke en die aflê van verklarings.
31.
Die bevoegdheid om te verleen vir die oprigting van ‘n tweede
addisionele wooneenheid op ‘n perseel met die nodige kennisname van die Raad.
32.
Om onderhewig aan die bepalings van die Finansiële Verordeninge van die
Raad magtiging te verleen vir die herstel van voertuie of toerusting of
installasies, soos en wanneer nodig, om die vlot verloop van dienste te
verseker, met dien verstande dat die bedrag soos van tyd tot tyd deur die Raad
bepaal, nie oorskry nie.
33.
34.
Die oprigting van bykomstige straatligte waar die nodige Finansiële
voorsiening bestaan.
35.
Die bevoegdheid wat ingevolge die Elektrisiteitswet aan die Raad opgedra
is uit te oefen.
36.
Die bevoegdheid wat ingevolge die bepalings soos vereis deur die Wet op
Beroepsgesondheid en Veiligheid, No 85 van 1993, met betrekking tot die algemene
veilige gebruik van masjinerie en toerusting wat aan die Raad opgedra is, wat
nou ook die Gebruikskode vir die Bedrading van persele SABS 0142/1982 Regulasies
met betrekking tot Elektrotegniese Draadwerkers insluit, uit te oefen.
37.
Toepassing en administrasie van die Elektrisiteitsverordeninge van die
Raad.
38.
Die uitreiking van
kennisgewings vir die doeleindes van die aanlê van elektriese kabels oor die
deur privaat eiendom binne die Munisipale gebied.
39.
Die bevoegdheid (in samewerking met die Raad) om toestemming te verleen
vir afwyking of verslapping in terme van die Nasionale Bouregulasies,
Bouregulasies en Boustandaardwet, 1977 (Wet no 103 van 1977) behalwe vir ‘n
regulasie met betrekking tot die kwaliteit en stabiliteit van geboue.
AANHANGSEL
F
1.
Die Hoofde van Munisipale Departemente word ingevolge Artikels 56 en 57
van die Stelselswet aangestel en is Bestuurders wat regstreeks aan die
Munisipale Bestuurder verantwoordbaar is.
2.
Die gedelegeerde funksies en pligte van die persone wat as
Departementshoofde (Bestuurders) aangestel is en wat met die betrokke poste
geassosieer word, word in diè gedeelte uiteengesit.
1.
Toepassing van die verordeninge van die Raad waar van toepassing op
Departement.
2.
Die maak van aanbevelings aan die Raad ten opsigte slopingspermitte en sodanige
voorwaardes as wat dienstig geag word.
3.
3.1
Die toepassing van
alle wetgewing soos van toepassing op die betrekking.
Onder andere:
3.2
Mediese
en gesondheidswetgewing soos van tyd-tot-tyd gewysig.
3.3
Wet op Voedingsmiddels,
Skoonheidsmiddels en Ontsmettingsmiddels,
No 54 van 1972.
3.4
Wet
op Voorkoming van Lugbesoedeling, Wet 45 van 1965.
3.5
Regulasies betreffende
die Voorkoming van Knaagdier besmetting en die opberging
van graan, voer, ens. in Stedelike en Plattelandse Gebiede van die Republiek van
Suid-Afrika, Buitengewone Staatskoerant 1541 van 23 September 1966.
3.6
Bestel
van gesondheidsverwante-prosesstukke namens die Raad.
Die
ondersoek van persele en voertuie met die oog op berging en vervoer van
artikel vir menslike gebruik.
3.7
Die uitreiking van
kennisgewings ingevolge enige toepaslike wetgewing vir
die verwydering van oorlaste vanaf persele.
3.8
Goedkeuring van
aansoeke om die inbring en lewering van gepasteuriseerde melk en melkprodukte
binne die Munisipale gebied.
3.9
Uitreiking
van smouspermitte indien van toepassing.
3.10
Met betrekking tot die
hersieningsprosedure ingevolge die bepalings van wetgewing insake uitreiking van
Lisensies, te reël vir verteenwoordiging namens die Raad voor die Lisensieraad.
4.
Verantwoordelik om
lisensies uit te reik ingevolge die wet op besighede van 1991.
1.
Die Hoofde van Munisipale Departemente word ingevolge Artikels 56 en 57
van die Stelselswet aangestel en is Bestuurders wat regstreeks aan die
Munisipale Bestuurder verantwoordbaar is.
2.
Die gedelegeerde funksies en pligte van die persone wat as
Departementshoofde (Bestuurders) aangestel is
3.
Verhaalbare uitgawes ooreenkomstig die beleid deur die Raad neergelê,
aan te gaan.
4.
Om aankope van goedere en dienste en die uitvoering van werke ingevolge
die toepaslike beleid tot ‘n maksimum waarde soos van tyd tot tyd deur die
Raad ten opsigte van Departementshoofde bepaal; per keer te magtig.
5.
Toepassing van die bevoegdhede wat die Raad kragtens die bepalings van
die Verkeerswet, No 29 van 1989, soos gewysig, en insluit die bevoegdhede om
ingevolge Artikel 83 verkeerstekens binne die munisipale gebied op te rig, met
dien verstande dat geen verskeersligte sonder toestemming van die raad opgerig
of verwyder mag word nie.
6.
Toepassing van verordeninge van die Raad waar van toepassing op sy
departement.
7.
Tydelike sluiting van strate in oorleg met die Hoof van Verkeer vir
verkeerbeheer.
8.
Die goedkeuring van hulp verlening met betrekking tot brandweer-,
ambulans- en verkeersdienste buite die munisipale gebied met inagneming van die
plaaslike behoeftes en omstandighede, in ooreenstemming met die beleid van die
Raad.
10.
Die verwydering van versperrings op sypaadjies in oorleg met die
Bestuurders: Tegniese Dienste en Gesondheidsdienste en Verkeer
wat die normale voetgangersgebruik belemmer of ‘n verkeersgevaar
skep.
11.
Magtiging in oorleg met die Hoof van Verkeer verleen tot die oprigting
van tydelike roete- en advertensietekens.
12.
Die bepaling en aanbring van laaisones in die sakegebied in oorleg met
die Bestuurder : Siviele Ingenieursdienste en Hoof van Verkeer.
13.
Die toepassing van bevoegdhede
van die Raad kragtens die Wet op
Rampbestuur Wet 57 van 2000, in oorleg met die Kantoor van die Munisipale
Bestuurder.
14.
Die uitreik en uitvoering van lasgewings.
15.
Die bepaling van ‘n ramp soos omskryf in die Rampbestuurswet in oorleg
met die Kantoor van die Munisipale Bestuurder.
16.
Gevolmagtigde vir die registrasie en lisensiëring van voertuie (as
Verteenwoordiger vir die registrasie en lisensiëring van voertuie asook die
registrasie van operateur ingevolge die padverkeerswet).
17.
Magtiging vir optrede teen onregmatige plakkers en verkryging van die
nodige hofbevel(e) via die betrokke regsadviseur na oorlegpleging met die
Munisipale Bestuurder en die OGB.
18.
Die aanbeveling van beplande oortyd aan werknemers op die goedgekeurde
salarisskaal van die Raad (met inagneming van die perk soos bepaal deur die wet
op standaard diensvoorwaardes), en binne die raad se begroting.
19.
Die aanbeveling aan werknemers in die betrokke departement vir die
bywoning van kongresse, werkswinkels, jaarvergaderings, en so meer ooreenkomstig
die beleid van die Raad en onderhewig daaraan dat voldoende voorsiening op die
begroting gemaak is om die uitgawes te dek.
20.
Die aanwysing van ‘n amptenaar in ‘n waarnemende
hoedanigheid in die plek van die Hoof Gemeenskapsdienste of ander ondergeskikte
pos, in oorleg met die kantoor
van die Munisipale Bestuurder.
KOMITEE : MENSLIKE HULPBRONNE BESTUUR, MUNISIPALE
ADMINISTRASIE, PUBLIEKE DEELNAME EN OWERHEDE :
Die Komitee
beheer en hersien die uitoefening van die volgende bevoegdhede en die uitvoering
van die funksies en maak aanbevelings aan die
·
Bestuur van
administrasie
·
Bestuur van kontrakte
·
Interne
transformasieproses en die institusionele herstrukturering
·
Dissipline in die
Munisipaliteit
·
Verteenwoordig die
Raad in werkplekforum
·
Kapasiteitsbou
programme
·
Personeel Prestasie
Bestuurstelsel
·
Werwing, keuring,
verplasing en bevorderings
·
Ontwikkeling en
bevordering van prestasie-bestuurstelsel
·
Interaksie tussen die
Raad, gemeenskap en amptenare
·
Handhawing van goeie
samewerkingsverhoudinge met tradisionele leiers, plaaswerkers, Unies en SALGA
·
Masakane Veldtogte
BEVOEGDHEDE
: REËLS KOMITEE :
1.
Die opstel van reëls en opdragte van die Raad.
FINANSIëLE
KOMITEE :
| Finansiële
oorsig | |
| Oudit
funksies | |
| Monteer
die implementering van die Kredietbeheerbeleid en Armoede Verligtingsbeleid | |
| Die
nakoming van tenderregulasies | |
| Regstellende
voorkeur-/verkrygingsbeleid | |
| Doeltreffende
en effektiewe benutting van bronne | |
| Die
publieke deelname in die begrotingsproses | |
| Verbintenis
tussen begroting en IDP’S | |
| Die
verkryging van befondsing vir kapitale projekte |
KOMITEE
: LOCAL ECONOMIC DEVELOPMENT (LED) :
Die Komitee beheer en hersien die uitoefening van die volgende bevoegdhede
en die uitvoering van die funksies en maak aanbevelings aan die
| Plaaslike
ekonomiese ontwikkelings – (LED) en beleggingsstrategieë | |
| Plaaslike
ekonomiese ontwikkelings – (LED) aktiwiteite | |
| SMME
Ontwikkeling | |
| Plaaslike
sakebelange | |
| Beleide
wat verband hou met markte en lewensvatbaarheid daarvan | |
| Bemagtigende
inisiatiewe | |
| Beheer
van markte | |
| Ekonomiese
Ontwikkelingstrategie van streek | |
| Genootskap
met die privaatsektor vir belegging | |
| Munisipale
Internasionale verhoudings aktiwiteite | |
| Implementering
van ruimtelike ontwikkelings-inisiatiewe | |
| Landbou
Ontwikkeling en Vroue-Landbou entrepreneurs | |
| Landelike
Ontwikkelingsstrategië in verhouding tot landelike Behuising | |
| Infrastruktuur
Ontwikkeling |
Die Komitee
beheer en hersien die uitoefening van die volgende bevoegdhede en die uitvoering
van die funksies en maak aanbevelings aan die
| Regulering
en monitoring van die voorskrifte betreffende Munisipale Gesondheidsdienste | |
| Monitoring
van die voorsiening van fasiliteite vir die akkomodasie van, versorging en
begrawing van diere | |
| Regulering
en monitoring van lugbesoedeling | |
| Regulering
en monitoring van brandbestrydingsdienste | |
| Regulering
en monitoring primêre gesondheidsorg | |
| Regulering
en monitoring omgewingsgesondheidssorg | |
| Ontwikkeling
van gemeenskap Veiligheidsprogramme | |
| Gemeenskapspolisiëring | |
| Afdwinging
van Verkeerswetgewing | |
| Instandhouding
van padtekens | |
| Handhawing
van voertuie toetsstandaard en die uitvoering van regulasies | |
| Instandhouding
van Munisipale Lughawens | |
| Bestuur
van parke en ontspanningsfasiliteite | |
| Beheer
van ondernemings wat drank, kos ens. verkoop | |
| Kindersorg
fasiliteite | |
| Bestuur
van stortingsterreine | |
| Omheiningsontwikkeling | |
| Sportontwikkeling |
2.
Meent en saailande
3.
Stad en streeksbeplanning
4.
Behuising
| Ontwikkelingsbehoeftes
van die gemeenskap | |
| Hersiening
en evaluering van die behoeftes van die gemeenskap in belang van prioriteite | |
| Bevordering
van interne en eksterne Munisipale integrasie in terme van die dienslewering
en Ontwikkeling in die algemeen | |
| Ontwikkeling
en monitor van geintegreerde diensleweringsplanne | |
| Bevordering
van venootskappe aan dienslewerings | |
| Bepaling
van die behuisingsbehoeftes van die gemeenskap | |
| Monitor
van die implikasies van die behuisingsbeleid in verhoging tot subsidies,
menslike behuisingsontwikkelings akkreditasie ensovoorts | |
| Identifisering
van die infrastruktuur agterstand | |
| Monitor
van opbouende regulasies | |
| Munisipale
behuisingswerke |
DELEGASIE :
BURGEMEESTER :
| Verantwoordelik
dat die | |
| Is
‘n amptelike Raadslid verantwoordelik vir finansies | |
| Voorsitter
van die | |
| Moet
verseker dat die | |
| Bepaal
die datums, tye en plekke van gewone en spesiale vergaderings van die | |
| Bevorder
die beeld van die Munisipaliteit | |
| Lei
en bevorder Sosiale en Ekonomiese Ontwikkeling van die Munisipaliteit | |
| Verrig
seremoniële pligte soos deur die Raad bepaal | |
| Skakeling
met gemeenskap |
Die volgende
statutêre magte en pligte is aan die Speaker gedelegeer in samewerking met die
bepaling van Artikel van die Munisipale Strukturewet, 1998.
| Tree
op as Voorsitter/ster van die vergaderings van die Raad | |
| Moet
verseker dat die Raad ten minste kwartaalliks vergader | |
| Moet
orde handhaaf tydens Raadsvergaderings | |
| Moet
verseker dat die gedragskode vir Raadslede in die vergaderings van die Raad
en Raadskomitees nagekom word | |
| Moet
toesien dat Raadsvergaderings ooreenkomstig die reëls en orders van die
Raad verloop | |
| Moet
tyd, datums en plekke vir gewone en spesiale vergaderings bepaal | |
| Moet
spesiale vergaderings van die Raad belê op die plek en tyd wat sy/hy bepaal
as gevolg van enige versoek tot so ‘n vergadering soos bepaal in artikel
29(1) van die Srukturewet, 1998. | |
| Moet
verseker dat die voorskrifte soos vervat ten opsigte van die voorregte van
die Raadslede soos vervat in Artikel 28 van die Strukturewet, 1998, en enige
ander toepaslike wetgewing, eerbiedig word. | |
| Moet
alle navrae/verslae aan die Raad voorlê vir oorweging. | |
| Verifieer
dat besluite register op datum is. | |
| Die
Speaker moet voorsit by vergaderings van die beleidskomitee wat die beleide
en orde-reëlings van die Raad bepaal. | |
| Die
Speaker het politieke verantwoordelikheid oor die sakelys van die Raad.
| |
| Die
Speaker is verantwoordelik om te verseker dat verordeninge aan die Raad
voorgehou en dat voldoen moet word aan die bepalings van die Grondwet, die
Strukturewet, en waarvan toepaslike Nasionale en Provinsiale wetgewing. | |
| Die
Speaker moet toegang het tot die regsadvies beskikbaar van die
Munisipaliteit. | |
| Die
Speaker word as rekenpligtige amptenaar beskou sover dit die volgende
aangaan : Die opstel van ‘n jaarlikse Raadsverslag en ook ‘n verslag
rondom die aktiwiteite van die Speaker. | |
| Die
Speaker is verantwoordelik vir die bestuur van die Raad se aktiwiteite in
die uitoefening van sy/haar plig. In hierdie uitvoering moet sy
onvoorwaardelik wees. | |
| Die
Speaker is ook verantwoordelik om toe te sien dat gemeenskapsbetrokkenheid
en die instelling van wykskomitees op ‘n geordende wyse verloop.
|