NAMA
KHOI MUNISIPALITEIT
WAARNEMINGSTOELAE
BELEID
DOEL
Die
werkgewer en die Vakbonde is dit eens dat alhoewel die huidige Diensvoorwaardes
nie voorsiening maak vir waarneming nie, en die partye bewus is dat sodanige
beleid / Diensvoorwaardes nie op plaaslike vlak onderhandel kan word nie, is dit
nou essentieël om ‘n beleid vir die interim saam te stel.
Die
doel is dus om ‘n beleid daar te stel wat eenvormigheid rondom
waarnemingstoelae daarstel.
BELEID
1.
Die
waarnemingsaamstelling moet vooraf deur die Hoof van die Departement en
Bestuurder Kooperatiewe dienste skriftelik goedgekeur word voordat waarneming
begin.
2.
Betaling van ‘n
waarnemingstoelaag sal slegs geskied indien die waarnemer 15 dae of meer in die
hoër posisie waarneem.
3.
‘n Werknemer wat in ‘n hoër
posisie waarneem moet alle pligte en verantwoordelikhede van daardie pos oorneem.
4.
‘n Werknemer wat waarneem in
‘n hoër posisie is steeds verantwoordelik vir alle pligte en
verantwoordelikhede van sy/haar eie pos.
5.
Slegs werknemers in die volgende
lyn van toesighouding mag waarneem in ‘n hoër posisie.
6.
‘n Waarnemingstoelaag gelyk aan
die verskil tussen sy/haar se salaris en die
minimum kerf van die salarisskaal van die pos waarin hy/sy waarneem sal aan die
werknemer betaal word vir die periode waarin sy waarneem.
7.
‘n Werknemer sal nie ‘n
waarnemingstoelaag betaal word waar hy/sy met verlof, kraamverlof of om enige
ander rede afwesig is nie.
8. Die Hoof Menslike Hulpbronne sal die besonderhede
van die waarneming
deurgee aan die salaris Afdeling vir betaling van die waarnemingstoelaag
op die
25 ste van elke maand waar van toepassing.
Hierdie
interim beleid is van krag tot dat ‘n Nasionale of Provinsiale beleid
daaromtrent beding word.