MUNISIPALITEIT NAMA KHOI MUNICIPALITY
TARIEFBEHEERBELEID
1. WOORDOMSKRYWINGS
In
hierdie verordening, tensy die sinsverband anders aandui beteken:
“buite-spitstyd”
‘n elektrisiteitstoevoer wat op skriftelike versoek aan grootmaatverbruikers
buite spitstye voorsien word. KVA
sal gehef word teen die verbruiker gedurende buite-spitstye of die bydrae tot
die Raad se maksimum aanvraag, watter ookal die grootste is
“grootmaatverbruikers”
betreffende elektrisiteitsdienste, sluit huishoudelike verbruikers uit en hou
verband met enige ander verbruikers wie se elektrisiteitsaanvraag meer as 100
KVA per maand vir ‘n ononderbroke tydperk van 12 maande is.
“huishoudelike
verbruikers” betreffende elektrisiteitsdienste, sluit die private woonhuis,
huishoudelike woonstelle en hostels met ‘n afsonderlike meter in.
“kommersiële
en algemene verbruikers” betreffende elektrisiteitsdienste, sluit huishoudelike
verbruikers uit en hou verband met enige ander verbruikers wie se
eletrisiteitsaanvraag minder as 100 KVA per maand vir ‘n ononderbroke tydperk
van 12 maande is.
“koste
om verhaal te word” die koste van aankoop, die koste om die produk te verwerk vir lewering,
kapitaalkoste, administratiewe, ondersteuningskoste, kapitaaluitgawe,
vervangingskoste van bates en bdryfskoste.
“Raad”
die
NAMA KHOI Plaaslike Munisipale Raad en sluit in die Burgemeester, Politieke
Ampsbekleërs, Politieke Strukture, Munisipale Bestuurder en enige ander beampte
met gedelegeerde bevoegdheid ingevolge artikel 59 van die Wet op Plaaslike
Regering: Munisipale Stelsels, (Wet 32 van 2000);
“tydelike
verbruikers” sluit bouers, karnivalle, kermisse, vermaaklikheids- of enige ander
verbruiker van tydelike aard in.
2.
TARIEFBELEID
Die
heffings vir elke diens sal in ooreenstemming wees met die Dienstetariefbeleid
van die Raad
3.
KOSTE VAN DIENSTE
(1)
Die Raad sal gelde hef vir die lewering van
dienste.
(2)
Die gehefde bedrae sal koste verhaal om die volgende dienste te
lewer:
Elektrisiteit
(b)
Vullisverwydering
(c)
Sanitasie/Riolering, en
(d)
Water
(e)
Enige ander dienste gelewer
4.
SURPLUSSE VERKRY
(1)
Die Raad mag surplusse op die volgende dienste verkry
wat nie meer as 10% in die geval van elektrisiteit en water oorskry nie en nie
meer as 5% in die geval van sanitasie/riolering en vullisverwydering mag wees
nie.
5.
ELEKTRISITEITSDIENSTE
(1)
Die Raad moet 50 eenhede gratis aan armlastige
huishoudings soos gedefinieer in die beleid van behoeftige mense van die Raad
verskaf.
(2)
Die Raad mag die volgende tariewe hef:
(a)
Beskikbaarheidsheffings gebaseer op verbruik, soort persele en aard van
verbruikers en mag differensieer vir verskillende gebruikers.
(b)
Verbruikersheffings per KWH.
(i)
Huishoudelike Verbruikers
(ii)
Kommersiële en Algemene verbruikers
(iii)
Grootmaatverbruikers
(iv)
Tydelike verbruikers
(v)
Selektiewe grootmaatverbruikers (tot 7% toeslag is
toepaslik)
Verbruikersheffings (per KVA aanvraag)
(i)
Grootmaatverbruikers
(ii)
Buite-spitstydverbruikers
(iii)
Selektiewe grootmaatverbruikers
(tot 7% toeslag is toepaslik)
(d)
Spesiale heffings
(i)
Metertoetsing
(ii)
Spesiale aflesing
(iii)
Aansluitingsfooie
(e)
BTW is nie ingesluit by die tariewe nie en moet
bygevoeg word.
(3)
Die Raad mag besigheidstariewe in lyn met die Nasionale
Elektrisiteits Reguleerder se beleid en aansporingskemas van die Raad aanpas.
(4)
Alle elektriese voorsiening moet gemeet
6.
VULLISVERWYDERING
(1)
Die Raad subsidieer vullisverwydering aan die
huishoudings soos bepaal in die beleid oor behoeftige persone.
(2) Die Raad mag die volgende hef:
(a)
Vullisverwyderings vir private woonhuise, hospitale, kerke, losieshuise,
sportklubs, welsynsorganisasies: een keer per week per sak/drom.
(b)
Woonstelblokke: per woonstel
(c)
Verwydering vir besigheids persele, kantore, industriële persele en
regeringsinstellings: per sak/drom.
(i)
Drie keer per week
(ii)
Vyf keer per week
(d)
Gekompakteerde vullis: per
verwydering
(i)
Per 0.084 m3
(ii)
Per houer eenheid per m3
(e)
Suigtenkdienste
(f)
Spesiale verwyderings
(g)
Tuinvullis
(h)
Bourommel of grootmaat verwyderings
(i)
Verwydering van dooie diere.
(j)
Skoonmaak van persele van lang gras, onkruid, struike en opeenhoping van
vullis.
(k)
Alle ander dienste waarvoor nie voorsiening gemaak is nie.
(3)
BTW is nie ingesluit by die tariewe nie en moet bygevoeg word.
7.
SANITASIE/RIOLERING
(1)
Die Raad subsidieer huishoudings soos omskryf in die beleid oor
behoeftige persone.
(2) Die Raad sal die beginsel van
gelykheid vir hierdie diens toepas.
(3) Die Raad mag die volgende tariewe
hef:
(a)
Aansoekfooie (bouplanne)
(b)
Verbruikersheffings (operasionele heffings) gedifferensieerd
(c)
Werkheffings
(i)
Seël van openinge
(ii)
Herseëling van openinge
(iii)
Verwydering van blokkasies
(iv)
Veranderinge aan rioolgate
(v)
Rioolaansluitings
(4) BTW is nie ingesluit by die
tariewe nie en moet bygevoeg word.
8.
WATER DIENSTE
(1)
6(ses) kl aan hulpbehoewendes en 2 (twee)
kiloliter water word gratis aan alle huishoudings voorsien.
(2) Die Raad mag die volgende tariewe
hef:
(a)
Verbruikersheffings
(b)
Heffings vir die aansluiting na die hoofwaterpyp.
(c)
Heffings vir die aansluiting van watervoorsiening.
(d)
Diverse heffings:
(i)
Metertoetsing
(ii)
Spesiale aflesings
(iii)
Enige ander diens nie genoem nie
(e)
Swembad.
(f)
BTW is nie ingesluit by die tariewe nie en moet
bygevoeg word.
(g)
Bystand/hulp aan buur Munisipaliteite.
(3)
Die Raad mag verbruikersheffings kategoriseer en mag
gedifferensieerde tariewe soos volg hef:
(a) Gemeterde verbruik
(i) Huishoudings,
(i)
Besighede,
(ii)
Enige ander kategorie soos deur die Raad bepaal.
Verbruik
wat nie gemeet word nie,
Rou
water
Besproeiingswater
9.
ANDER DIENSTE
(1)
Die Raad mag gereguleerde tariewe hef vir dienste ingevolge die
Dienstetariefbeleid van die Raad.
(2)
Gedifferensieerde tariewe mag gehef word ooreenkomstig ouderdom, naweke,
vakansie-seisoene, soort en vlak van diens en enige ander kategorie soos deur
die Raad bepaal.
(3)
Die Raad mag die diensheffings jaarliks hersien met die verhoging in die
Verbruikersprysindeks soos gedurende die begrotingsproses.
(4)
BTW wanneer toepaslik moet bygevoeg word.
10.
EIENDOMSBELASTING
(1)
Die Raad subsidieer huishoudings soos omskryf in die
beleid van behoeftige mense. Die
Raad mag eiendomsbelasting slegs op grondwaarde en verbeterings hef.
(2) Elke entiteit word op die
onderskeie waardasierolle gehef.
(3)
Die Raad sal ‘n waardasierol vir die hele gebied opstel, sodat die hele
gebied op ‘n eenvormige grondslag belas word.
(4) Kortings word vir die volgende
kategorieë toegelaat:
(a)
Pensioen wat op jaarlikse
inkomste gebaseer word;
(b)
Skenkings aan geregistreerde welsynsorganisasies, welsynsorganisasies wat
liefdadigheidswerk verrig, inrigtings vir veterane, amateur sportliggame, Boy
Scouts of soortgelyke organisasies en toegelate organisasies soos gedefinieer in
die Wet op Kultuurinstellings, 1969. Soos
in die Property Bill vervat.
(c)
Die Raad mag dokumentêre bewys verlang van die registrasie en doelwitte
van die welsyn organisasie of enige ander organisasie.
(5)
Die Raad mag ‘n plafon plaas op eiendomsbelasting vir invordering van
inkomste wat nie 25% van die totale begrote inkomste mag oorskry nie.