NAMA KHOI MUNISIPALITEIT

 

BELEID: BETALING VAN REIS- EN VERBLYFKOSTES

 

DOELWIT VAN DIE BELEID:

 

Om eenvormige toelaes te betaal aan Raadslede en personeel wat die Raad verteenwoordig by kongresse, werkswinkels, vergaderings en ander aktiwiteite wat in Gemeenskapsbelang bygewoon moet word.

 

1.      WOORDOMSKRYWING:

 

1.1       Jurisdiksie gebied:-  Dit is die gebied wat omgrens word deur die lyne soos deur die Afbakeningsraad van tyd tot tyd bepaal.

1.2       Dagfooi:-   n Fooi vir etes en voorval uitgawes soos voorgeskryf deur SARS.

1.3       Reiskostes:-   Tolgelde, parkeergelde en buskaartjies.

 

 

2.  TARIEWE

 

Die volgende Reis en Verblyfkostes kan betaal word:-

 

            TARIEF A:-         Indien oornag word buite die Nama Khoi Jurisdiksiegebied,                                                 sal die Munisipaliteit sover moontlik alle verblyf reël en die                                                    verskaffer direk betaal, indien onmoontlik,  sal n voorskot                                                           bedrag voorsien word.

 

            TARIEF B:-         Indien oornag word buite die setel van woon, maar binne die

jurisdiksie gebied, sal die Munisipaliteit die verblyf reël en betaal.  ‘n Dagfooi kan geëis word.

 

      TARIEF C:-         Indien buite die jurisdiksie gebied en nie oornag word nie, word ‘n dagfooi  betaal.    Direkte uitgawes ten opsigte van reiskostes kan addisioneel geëis word, met die voorlę van kwitansies.

 

 TARIEF D:-         Betaling van reiskoste per kilometer wanneer van eie privaat      (ongesubsideerde) voertuig gebruik gemaak word.

 

            TARIEF E:-         Betaling van reiskoste per kilometer wanneer van ‘n Munisipale

gesubsideerde voertuig gebruik gemaak word.

 

 

-2-

 

3          ALGEMEEN

 

3.1.      Die Raad onderneem om aan elke Raadslid of amptenaar ‘n toelaag te betaal wanneer sodanige persoon die Raad verteenwoordig by ‘n   geleentheid,  waarop vooraf skriftelike goedkeuring verleen is deur

(a) die Burgemeester / Speaker ten opsigte van Raadslede  en (b) die Munisipale Bestuurder of sy genomineerde ten opsigte van alle personeellede.

 

3.2.      Dit word van Raadslede en amptenare verwag om volledig rekord te hou van sy of haar reis en verblyf uitgawes, asook die tyd en datum van sy of haar vertrek vanaf Nama Khoi en die datum en tyd van terugkeer.

 

3.3       Indien ‘n persoon sy of haar eis ten opsigte van Reis en Verblyfkoste voor die aanvang van die reis indien en die reis word vroeër as beplan voltooi, is sodanige persoon verplig om terugbetaling te doen en die Munisipale Bestuurder te voorsien van ‘n afskrif van die kwitansie.   Indien ‘n persoon wat vooraf sy eis ingedien het en hy/sy vertoef langer as waarvoor die eis ingedien is, mag hy/sy ‘n verdere eis indien.

 

3.4       Indien ‘n persoon vergoed word ingevolge tarief D, sal hy/sy ook geregtig wees om ‘n dagfooi eis in te dien  ingevolge tarief C.

 

3.5       Volledige besonderhede van die aktiwiteit waarvoor ‘n eis ingedien word, moet die aansoek vergesel, tesame met die verlangde goedkeuring,

 

3.6       Tariewe soos vermeld in paragrawe 2  sal deur die Raad op aanbeveling van die Uitvoerende Komitee gewysig word wanneer omstandighede dit vereis.

 

3.7       Eise vir uitbetaling word ingedien by die betrokke Departementshoofde, Munisipale Bestuurder of Burgemeester /Speaker wat die eise verwerk en goedkeur,   voordat dit aan die Finansies Departement oorhandig word vir kontrolering en uitbetaling.

 

3.8       Persone wat fiktiewe eise indien of nalaat om foutiewe uitbetalings of oorbetalings terug te betaal sal ingevolge die Raad se dissiplinęre prosedures vir oneerlikheid vervolg  word.

 

3.9       Persone wat oor gesubsideerde vervoer beskik,  sal nie toegelaat word om saam te ry met ongesubsideerde persone  wat  dan eise  indien ingevolge tarief  E.

 

 

-3-

 

3.10    n Raadslid of amptenaar aan wie reis- en verblyfkostes uitbetaal is, sal verplig wees om skriftelik verslag te doen van die aktiwiteit wat bygewoon is.

 

Hierdie beleid is deur die Raad aanvaar op ………………………………………

 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

 

 

 

 

BYLAE TOT DIE REIS- EN VERBLYF BELEID

 

 

 

TARIEWE

 

 

Die volgende tariewe is deur die Raad bepaal met inwerkingstredings datum: …………..………………………

 

TARIEF A:           Voorskot bedrag: R550.00 per nag,

indien fakture in Nama Khoi se naam nie voorsien word nie, is LBS van toepassing.

 

TARIEF B:          Dagfooi van R208.00 (soos deur SARS voorgeskryf) kan geëis word.

 

TARIEF C:          Direkte uitgawes en ‘n dagfooi van R208.00 (soos deur SARS voorgeskryf) kan geeis word.

 

TARIEF D:          R4,00 per km   (ongesubsideerde vervoer)

 

TARIEF F:           R2.30 per km   (gesubsideerde vervoer)