TERUG NA BELEIDE

NAMA KHOI MUNISIPALITEIT

 

PERSONEEL VOORSIENING, BELEID EN PROSEDURES

 

 

Ooreenkomstig die Wet op Arbeidsverhoudinge No.66 van 1995, Wet op Basiese Diensvoorwaardes No.75 van 1997, Wet op Gelyke Indiensneming No.55 van 1998, Vaardigheids Ontwikkelings Wet No.97 van 1998 en sodanige ooreenkomste gesluit by die Bedingingsraad waarby beide werkgewers en werknemers partye vorm aanvaar die Raad ‘n aanstellingsbeleid soos hierna volgend uiteen gesit:

Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes word egter nie geraak deur enige ooreenkomste nie. Hierdie Wet of enigiets daarkragtens gedoen het voorrang bo enige ooreenkoms ongeag of dit voor of na die inwerkingtreding van hierdie Wet aangegaan is.

 

 

TOEPASSINGSBESTEK

 Die beleid gaan van toepassing wees oor die totale regsgebied van Nama Khoi Munisipaliteit.

 

 

VULLING VAN POSTE

Die vulling van poste geskied slegs binne die postestruktuur soos deur die raad en Uitvoerende Komittee goedgekeur en waarvoor daar op die Begroting voorsiening gemaak is.

Waar die behoefte ontstaan om ‘n vakante pos te vul sal interne werwing eerste prioriteit geniet.

Eksterne werwing sal eers oorweeg word nadat vasgestel is dat daar nie intern’n gepaste Kandidaat beskikbaaar is nie.

 

 

PROSEDURE

Munisipale Bestuurder           -          Volle Raad besluit oor aanstelling.

Posvlak 1 tot 3                                Uitvoerende komitee besluit oor aanstellings

Posvlak 4 tot 7                                Munisipale Bestuurder in oorleg met UK besluit oor aanstellings.

Posvlak 8 en laer                            Munisipale Bestuurder en Departementshoofde  besluit oor aanstellings.

 

 

BEPALING VAN KRITERIA VIR WERWING

Kwalifikasies, ervaring/ondervinding, persoonlike eienskapppe en spesiale vaardighede is bepalende faktore.

Kriteria wat kwalifikasies, ondervinding en vereistes vir ‘n bepaalde pos betref moet in lyn wees met riglyne van die Bedingingsraaad indien enige.

Die vereistes van die Gelyke IndiensnemingsPlan moet so ver moontlik in ag geneem word by die behoefte vir posvulling.

Die kriteria wat aangewend word by die keuring moet dieselfde wees soos in die advetensie gespesifiseer.

Besluite vir die vasslekking van Kriteria berus by die Raad, en Uitvoerende Komitee vir aanstellings van posvlak 1 tot 3.

Uitvoerende komitee, Munisipale Bestuurder en Departementshoofde stel Kriteria vas vir posvlakkke 4 tot 7.

Munispale Bestuurder, Deprtementshoofde en Menslike Hulpbron Bestuurder bepaal kriteria vir posvlakke 8 tot 15.

As daar nie eenstemmigheid bereik word tussen die partye oor die kriteria het die Uitvoerende Komitee beslissing oor die kriteria.

 

BEPALING VAN KRITERIA VIR KEURING

Kriteria vir die keuring van ‘n geskikte kandidaat moet gestruktureerd wees sodat die paneel op dieselfde aspekte kan fokus byvoorbeeld;

die spesifieke vaardighede wat van die persoon vereis word (tegniese, akademiese en sosiale vaardighede);
die werkservaring en kwalifikasies wat die persoon behoort te hê;
die verskeidenheid van behoeftes van die Munisipaliteit in die bree en die pos gevul moet word,
die spesifieke vereistes van die pos (sal ‘n gestremde persoon of ‘n vrou die pos met vrug kan vul indien sodanige persoon voldoen aan die kriteria)

 

 

ADVERTERING VAN POSTE

Alle poste wat by Nama Khoi Munisipaliteit vakant is sal intern geadverteer word op die kennisgewingsborde van die Munisipaliliteit ingesluit Dienspunte.

Alle Departementshoofde en Vakverenigings sal voorsien word van ‘n afskrif na die advertensie.

Alle poste wat nie  intern gevul kan word nie sal ekstern in die nuusblaaie en op kennisgewingborde geadverteer word.

Die salariskomponent vorm ’n integrale deel van die begroting en daarom sal die goedkeuring van die Uitvoerende komitee advertensies vir posvlakke 7 en hoër vooraf gaan.

Advertensies behoort die volgende te bevat;

die posbenaming
die status van Nama Khoi Munisipaliteit
die kern aspekte van die pos
die sleutel prestasie aanwysers en keurings aspekte
die diensvoorwaardes en byvoordele
die vereiste optredes wat aansoekers moet volgens die sluitingsdatum – advertensies sal vir ten minste 14 dae loop
die munisipaliteit se verbintenis tot gelyke indiensneming
die belofte dat aansoeke vertroulik hanteer sal word
die norm dat indien antwoord nie binne dertig dae ontvang word nie beskou moet word dat die aaansoek onsuksesvol was.

 

 

 

LENGTE VAN ADVERTENSIE

Die kriteria vir die onderskeie poste sal die lengte van’n advertensie bepaal.

Die personeelafdeling sal die advertensies saamstel en aan die betrokkke Departementshoof voorlê vir goedkeuring waarna dit ook aan die Werkplek Forum voorgelê sal word.

 

 

AANSOEKE, KORTLYSTE EN VERWYSING

Alle aansoeke word gerig aan die Munisipale Bestuurder in eie handskrif of op ‘n voorgeskrewe vorm wat die geval ookal mag wees.

Aansoeke moet wees in die vorm van ‘n brief/vorm met ‘n Curriculum Vitae.

 

 

PROSEDURE

Die personeel afdeling ontvang alle aansoeke ongeag watter pos geadverteer is.

Die personeel afdeling sorteer die aansoeke en stel profiele op om Kortlysting te vergemaklik.

Die personeel afdeling stel, Kortlyste ssaam aan die hand van die vereistes van die pos, kwalifikasies, ervaring/ondervinding, gelyke indeinsneming en ander vereistes wat in die advertensie vervat mag wees en lê dit aan die UK, Munisipale Bestuurder, en Departementshoofde voor vir goedkeuring afhangende van watter party of partye dit moet behandel.

In bepaalde gevalle kan die kortlyste ook aan die werkplek forum voorgelê word vir kennisname en Bespreking om toekomstige argumente uit te skakel.

 

 

VERWYSINGS/REFERENTE

Alle referente kan gekontak word nadat die kortlys saamgestel is.

Die personeel afdeling in samewerking met Departementshoofde hanteer die nagaan van referente.

Die nagaan van referente kan telefonies of skriftelik geskied.

Alle informasie hieruit verkry bly die streng vertoulike eiendom van die paneel wat die onderhoude voer.

 

 

ONDERHOUDE

Waar aansoeke vir aanstellings die nodigheid het om onderhoude te voer sal die toepaslike paneel die onderhoud voer.

Ten einde deelnemende Bestuur en deursigtigheid te bewerkstelllig word een verteenwoordiger van elke vakvereniging en die Voorsitter van die Werkplek Forum as waarnemers tot die paneel toegelaat.

In alle gevalle word die Menslike Hulpbronbestuurder  as adviseur toegelaat, andersins as waarnemer.

Die paneel kies sy eie voorsitter en elke lid kry bepaalde vrae om te stel.

Alle onderhoude vind plaas in ‘n ooreengekome wetensakplike formaat vry van intimidasie of beïnvloeding.

Alle onderhoude gaan plaasvind in die taal waarmee die kandidaat gemaklik is.

Alle vrae sal standaard wees byvoorbeeld vrae oor die kandidate se persoonlike data, terwyl ander vrae spesifiek gerig gaan wees op die spesifieke pos nagelang van die vereiste geletterheidsgraad en die vereistes van die pos byvoorbeeld vrae vir ‘n rekenmeester sal verskil van vrae vir ‘n elektrisiën.

Die personeel afdeling gaan die vrae tabuleer en moontlike antwoorde ook voorsien in oorleg met die  betrokke Departemnetshoof.

 

 

PROSEDURE

Die strukturering vir die voer van ‘n onderhoud sal gedoen word deur die personeel  afdeling en voorgelê word vir  goedkeuring deur die relevante paneel.

Vir aanstellings van Munisipale Bestuurder en  posvlakke 1 tot 3 sal die Raad die struktureing goedkeur  Posvlakke 4 tot 7 sal deur die Uitvoerende Komitee en Departementshoofde en personeel afdeling goedgekeur word.

Posvlakke 8 tot 15 sal deur die Departementshoofde en personeel  afdeling goedgekeur word.

Gedurende die onderhoude sal die paneel gebruik maak van puntelyste vir evaluerings doeleiendes.

In gevalle waar ‘n aanstelling noodwendig moet uitloop op regstellende aksie of gelyke indiensneming moet vooraf ooreengekom word om ‘n addisionele 3 of 5 punte toe te ken aan ‘n  kandidaat wat in een van die toepaslike kategorieë val.

Na die onderhoude sal die paneel hul punte kombineer en die kandidaat met die hoogste punte sal aangestel word.

Indien dit gebeur dat twee of meer kandidate dieselfde punte behaal  sal ‘n ander vorm van evaluasie aangewend word om die beste kandidaat te keis.

‘n Gevallestudie gaan ‘n gepaste vorm wees.

DISKWALIFIKASIE VAN APPLIKANT

Indien bevind word dat ‘n kandidaat besig is met gunswerwing by van die paneellede of Raadslede sal so ‘n kandidaat gediskwalifiseer word.

Gunswerwing kan wees in die vorm van omkopery, beïnvloeding van Raadslede en amptenare, asook dat beloftes van aanstelling vooraf gemaak is.

Doelbewuste weerhouding van noodsaaklike inligting in die aansoek wat ‘n  wanvoorstelling te weeg bring of wat ‘n wesenlike invloed op die besluitneming kan hê , kan ook ‘n kandidaat laat diskwalifiseer.

 

 

AANSTELLING

Na die onderhoude gevoer is sal die mees geskikte kandidaat aangestel word.

Die goedkeuring van die aanstelling geskied deur die paneel wat die onderhoud gevoer het en sal beteken ‘n goedkeuring deur die Raad.

 

 

PROSEDURE

Die Munisipale Bestuurder stel die Personeel afdeling skriftelik in kennis van die aanstelling van die kandidaat.

Die Personeel Afdeling stel die kandidaat skriftelik in kennis van die aanstelling en versoek skriftelike aanvaarding.

Die skrywe sal inligting aangaande die pos bevat, aanvangsdatum van diens, proeftydperk, werksure, salaris en aftrekkings, datum waarop betaling geskied en wyse van betaling, byvoordele, verlof, diensvoorwaardes, pligstaat en enige ander tersaaklike inligting na gelang van die pos.

Die Personeel Afdeling sal ook die onsuksesvolle kandidate skriftelik kennis gee.

In bepaalde geval kan hierdie skrywers uitgaan nadat die suksesvolle kandidaat aanvaarding van aanstelling aangedui het.

 

 

INDUKSIE

Induksie is die proses waardeur die nuwe werknemer aan die Nama Khoi Munisipaliteit en personeel voorgestel word en die verskillende departemente se werksaamhede verduidelik  word.

Die werknemer se kantoor (waar van toepassing) word aangewys en die gesagshiërargie word verduidelik.

Die induksie proses is die verantwoordelikheid van die Personeel Afdeling.

Die program sal insluit ‘n historiese oorsig van die munisipaliteit, die doelwitte, norme en standaarde, die organisatoriese strukture, dienste  en werksomgewing van die munisipaliteit.

Beleide en prosedures van die munisipaliteit sal verduidelik word.

Toepaslike dokumente soos die gedragskode, Griewe en Dissiplinere Prosedures, Bywoningsregister ens. Sal aan die werknemer uitgereik word.