BACK TO NEWS LETTERS

 

NAMA KHOI MUNISIPALITEIT

OMSENDBRIEF 1 VAN 2005

                                                                    FEBRUARY  2005

BELANGRIKE TELEFOONNOMMERS

Nama Khoi Munisipaliteit

027 – 7188100

Suid-Afrikaanse Polisiediens

027 – 7189100

 

Wet 60 van 2000

Wet op die beheer van vuurwapens “Amnestie”

 

Die Minister van Veiligheid en Sekuriteit het amnestie afgekondig op die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

 

Die tydperk van amnestie is vanaf 1 Januarie 2005 tot 31 Maart 2005.

 

Dit beteken dat enige persoon wat onwettig in besit van enige vuurwapen of vuuwapen onderdeel en ammunisie is,  dit in hierdie genoemde tydperk by die naaste Polisiestasie kan inhandig en die persoon word dan gevrywaar teen enige vervolging op die onwettige besit daarvan.

 

Vuurwapenlisensiehouers wie regmatiglik van sy/haar vuurwapens afstand wil doen,  kan dit ook by die naaste Suid-Afikaanse Polisiediens inhadig.

[Kaptein H.L. Magerman]

 

 

Belasting:  Afbetaling in maandelikse paaiemente

 

Ingevolge die bepalings van die Munisipale Ordonnansie kan eiendomsbelasting in twaalf maandelikse paaiemente afbetaal word.

 

‘n Beroep word gedoen op alle geregistreerde eienaars van eiendom binne die Nama Khoi Munisipale gebied,  wie belangstel om hulle belasting in maandelikse paaiemente af te betaal om by die onderskeie dienspunte die nodige aansoekvorms te voltooi voor of op 31 Mei 2005.

 

 

Vervreemding van voertuie

 

Graag wens ons dit onder u aandag te bring dat wanneer u u motorvoertuig vervreem,  moet u die motorregistrasie afdeling by die Munisipaliteit besoek en afstand teken van u voertuig

[B. Williams – Verkeer]

 

 

MAAK ASSEBLIEF SEKER DAT U U DIENSTEREKENING BETAAL VOOR OF OP DIE 25STE DAG VAN ELKE MAAND

 

 



 

NAMA KHOI MUNISIPALITEIT

 

Die volgende raadslede dien op die munisipale raad van Nama Khoi Munisipaliteit en indien u graag met u wyksraadslid wil skakel insake enige probleme wat u ondervind of insette wat u wil lewer is u welkom om met die betrokke Dienspunt kantoor te skakel ten einde die kontakbesonderhede van die raadslid te bekom.

Wyk  /   Proporsioneel

 

Dorp

 

Raadslid

 

Wyk 1

 

 

Steinkopf Noord

Bulletrap

 

W.C. Joseph

 

Wyk 2

 

 

Steinkopf Suid

 

E.D. Maritz

 

 

Wyk 3

Concordia

Goodhouse

Henkries & Vioolsdrift

 

M.G. Jonas

 

Wyk 4

 

 

Nababeep

 

Z.P. de Jongh

 

Wyk 5

Matjieskloof

Kleinzee

Vaalwater

 

S.D. Katzen

 

Wyk 6

 

 

Komaggas

Buffelsrivier

 

J.T. Gairnes

 

Wyk 7

 

 

Okiep

 

K.S. Ventura

 

Wyk 8

Springbok

Fonteintjie

Carolusberg

 

C. Dippenaar

 

Wyk 9

 

 

Bergsig

 

M.E. Simoyia

 

Proporsioneel

 

 

M.L. Isaacs

 

Proporsioneel

 

 

J.E. van Reenen

 

Proporsioneel

 

 

H.A.M. Groenewald

 

Proporsioneel

 

 

S.W.B. Lubbe

 

Proporsioneel

 

 

L.L. Vries

 

Proporsioneel

 

 

G.H. Nutt

 

Proporsioneel

 

 

M. Cloete

 

Proporsioneel

 

 

G. Coetzee

 

 

 

 

NAMA KHOI MUNISIPALE VIGSRAAD 2005

 

Die Nama Khoi Munisipale Vigsraad is op Donderdag 10 Februarie 2005 saamgestel.  Dié raad sal funksioneer binne die munisipale regsgebied en het ten doel om die nasionale beleid ten opsigte van MIV en Vigs uit te voer binne ons plaaslike gemeenskappe.

 

Die Vigsraad is gesetel by die Hoofkantoor van Nama Khoi Munisipaliteit en beoog om kwartaalliks byeen te kom vir vergaderings.

 

Kontakbesonderhede:         Tel:        027 71 – 88100

                                                Faks:     027 71 – 21635

                                                e-pos:    springbok@namakhoi.org.za

BESTUURSKOMITEE

 

Voorsitter                     :           Raadslid M E Simboya (Burgemeester)

Onder Voorsitter         :           Raadslid Z P de Jongh

Sekretaresse              :           Me C Visser

Tesourier                     :           Me P Dirkse

 

Die volgende Taakspanne is uit die lede saamgestel:

               

1.         VERSORGING VAN VIGSLYERS

 

            Sr C Engelbrecht                      -        Departement van Gesondheid

            Raadslid ML Isaacs                   -        Nama Khoi Munisipaliteit

            Mnr E Jantjies                            -        SAMWU(Sameroeper)

            Raadslid HAM Groenewald       -         Nama Khoi Munisipaliteit

            Me R Mouton                              -        Komaggas Wykskomitee

 

2.         OPLEIDING, BEWUSMAKING, VOORKOMING

 

            Mnr R Tuck                                -        Gemeenskapsontwikkelingswerker

            Edlin Maritz                                -        Gemeenskapsontwikkelingswerker

            Mnr Dario Vries                          -        Gemeenskapsontwikkelingswerker

            Me L Swartbooi                         -         Departement  van Gesondheid

            Mnr L Cloete                               -        Concordia Wykskomitee

            Mnr F van Wyk                           -        Nicro Namakwaland

            Raadslid ZP de Jongh               -        Nama Khoi Munisipaliteit

            Me P Watt                                  -        SAMWU

            Me P Dirkse                               -        Nama Khoi Munisipaliteit (Sameroeper)

            Mnr W T Cloete                         -        Nama Khoi Munisipaliteit

            Me N Le Breton                          -        Nama Khoi Munisipaliteit

            Mnr B Fritz                                 -        Nama Khoi Munisipaliteit

            Mnr A Pienaar                            -        Komaggas Advieskantoor

 

3.         VERSORGING VAN VIGSWESIES

 

            Raadslid ME Simboya               -   Nama Khoi Munisipaliteit (Sameroeper)

            Me J Nitzky                                 -   Nababeep Advieskantoor

            Me S Cloete                                -   Carolusberg Wykskomitee

            Mnr A Cloete                              -   SAMWU

            Me E Adonis                               -   Komaggas Advieskantoor

            Me C Visser                               -   Nama Khoi Munisipaliteit

[C. Visser – Gemeenskapsdienste]

 

       

 

WENKE VIR WATERBESPARING

Binne die huis

 

► Moenie water in die drein afgooi nie as dit gebruik kan word om die tuin nat te maak,  of selfs vir skoonmaak doeleindes.

► Maak seker dat die huis drupvry is,  want baie huise het verskuilde lekkasies.  Lees jou watermeter voor en na ‘n 2 uur periode wanneer geen water gebruik is nie.  As die lesing nie dieselfde is nie,  dan is daar ‘n lekasie waaraan u dadelik moet aandag gee.

► Herstel druppende krane deur wassers te vervang.  As jou kraan drup teen ‘n druppel per sekonde kan jy verwag dat 12 274 liters water per jaar vermors wat bydra tot koste verhoging.

► Kyk vir lekasies by die toiletbak deur voedselkleursel in die bak te gooi.  Kleur sal binne 30 sekondes verskyn.  Kyk ook in die toilet vir gebuigde, verrote of beskadigde parte.  Meeste vervangbare parte is nie te duur,  onmiddelik beskikbaar en maklik om te installer.  (Spoel dadelik die toilet as jy klaar is met die toets want die kleursel kan aanpak).

► Verhoed onnodige spoeling van die toilet.  Sneesdoekies,  insekte en ander afval moet in ‘n houer gegooi word in plaas daarvan om dit in die toiletpot te gooi.

► Neem korter storte.  Vervang die stortkop met ‘n stadigvloeiende stroomkop.  Eenhede is beskikbaar wat kan help om die vloei af te sny sonder om die watertemperatuur te verander.

► Gebruik ‘n minimale hoeveelheid water om in te bad.

► Moenie die water laat loop as jy besig is om te skeer of jou gesig afspoel nie.  Borsel eers jou tande terwyl jy wag vir die water om warm te word,  dan was of skeer jy nadat jy die wasbak gevul het met water.

► Gebruik skottelgoedwassers en wasmasjiene slegs as jy ‘n klomp goed het om te was of maak seker die regte watervlak is gestel vir die hoeveelheid vrag wat jy het.

► Wanneer jy skottelgoed met die hand was,  vul die een bak met seepwater,  spoel dan af onder ‘n kraan wat baie stadig loop.

► Berg drinkwater in die yskas in plaas daarvan om elke keer die kraan te laat loop as jy koue water wil hê.

► Moenie lopende water gebruik om vleis of gevriesde kos te ontdooi nie,  ontvries oornag of maak gebruik van die mikrogolfoond.

► Oorweeg die installering van kits verwarmers by ‘n opwasbak sodat water nie lank hoef te loop voordat dit warm word nie.

► Isoleer waterpype,  water sal vinniger warm wees om sodoende watervermorsing te voorkom terwyl dit opwarm.

► Moet nooit water-tot-lug verwarmerspomp of lugversorger installeer nie.  Lug-lug modelle is net so doeltreffend en mors nie water nie.

► Wanneer jy water temperatuur verstel,  in plaas van om die water stroom op te stel,  probeer om dit af te stel.  As die water te warm of te koud is,  draai liewer die begeleider af en vermeerder die stroom om die temperatuur te balanseer.

► As die toilet se spoel handvatsel vashaak in die spoel beweging,  water loop dan aanhoudend, vervang of verstel dit.

[Gemeenskapsdienste – V. Swartbooi]