NAMA KHOI

 

 

MUNISIPALITEIT

 

 

 

 

 

KONSEP EIENDOMSBELASTING

VERORDENING

 

 

 

 

 

 

 

 

(JANUARIE 2009)

 


 

NAMA KHOI PLAASLIKE MUNISIPALITEIT

EIENDOMSBELASTINGVERORDENING

 

Die Munisipale Bestuurder van Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit, publiseer hiermee in terme van Artikel 6 van die Plaaslike Regering:Wet op Munisipale Eiendomsbelasting, 2004 (Wet Nr 6 van 2004), die Eiendomsbelastingverordeninge vir Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit, soos vervolgens uiteengesit en goedgekeur deur die Raad.

 

Doel van die Verordening

Om die Raad te magtig om vaste eiendom in die munisipale gebied te waardeer en belasting daarop te hef op so wyse dat dit tot die effektiewe en ekonomiese dienslewering vir die hele gemeenskap sal bydra.

 

INHOUDSOPGAWE:

 

1.                       DEFINISIES

2.                       BEGINSELS

3.                       TOEPASSING VAN DIE VERORDENING

4.                       BEGINSELS VAN TOEPASSING OP DIE FINANSIERING VAN DIENSTE

5.                       EIENDOMSKATEGORIEë

6.                       EIENAARSKATEGORIEë

7.                       MEERDOELIGE EIENDOM

8.                       DIFFERENSIëLE BELASTING

9.                       VRYSTELLINGS EN ONTOELAATBARE BELASTING

10.                    VERMINDERINGS

11.                    KORTINGS

12.                    BETALING VAN BELASTING

13.                    LEWERING VAN REKENINGE

14.                    SPESIALE BELASBARE GEBIEDE

15.                    FREKWENSIE VAN WAARDASIES

16.                    DEELNAME DEUR DIE GEMEENSKAP

17.                    EIENDOMSREGISTER

18.                    GEREELDE HERSIENSINGSPROSES

19.                    KORTTITEL

20.                    IMPLIMENTERING

 

1.         Definisies

Vir die doel van hierdie verordeninge sal enige woord of uitdrukking soos gebruik in die Plaaslike Regering:Wet op Munisipale Eiendomsbelasting, 2004 (Wet Nr 6 van 2004), dieselfde betekenis inhou in die verordening behalwe as die inhoud anders aandui:-

 

1.1        “Wet” beteken die Plaaslike Regering: Wet op Munisipale Eiendomsbelasting, 2004 (Wet 6 van 2004);

1.2        “Definisies, woorde en uitdrukkings” soos gebruik in die Wet is van toepassing op die verordening

            waar dit ook al gebruik word.;

 

1.3        “Munisipaliteit” beteken die munisipaliteit van Nama Khoi

 

1.4               “Nuwe belasbare eiendom” beteken enige belasbare eiendom waarop eiendomsbelasting nie gehef

            is voor die einde van die finansiële jaar wat die datum waarop hierdie Wet geimplimenteer is

            voorafgaan, uitgesluit:-‘n eiendom wat nie belas is voor die genoemde datum omdat dit verkeerdelik

            weggelaat is uit die waardasierol; en ‘n eiendom deur die Minister geïdentifiseer in ‘n kennisgewing in

            die Staatskoerant waar die infasering van ‘n tarief nie geregverdig is nie.  

 

1.5        “Privaat dorpe deur die eienaar gediens” beteken enkel eiendomme in ‘n area geleë wat nie

            gewoonlik deur die munisipaliteit gediens word nie, verdeel deur onderverdeling of dorpstigting in (tien

            of meer) vol titel erwe en/ of deeltitels en waar alle dienste insluitende water, elektrisiteit, riool en

            vullisverwydering en die ontwikkeling van paaie geïnstalleer is op volle koste van die ontwikkelaar en

            gelewer en onderhou word deur die inwoners van die landgoed.

 

1.6        “Residensiële eiendom” beteken verbeterde eiendom wat:

(a)        oorheersend vir residensiële doeleindes gebruik word, insluitende enige aangrensende eiendom

            geregistreer in die naam van dieselfde eienaar en gebruik saam met die residensiële eiendom asof dit

            een eiendom is. Enige so groepering sal vir die doel van belasting kortings of waardasie vermindering        as een residensiële eiendom geag word.

(b)                 ‘n eenheid is wat geregistreer is, in terme van die Deeltitel Wet en hoofsaaklik vir residensiële

            doeleindes, aangewend word.

(c)                  besit word deur ‘n aandeleblokmaatskappy en hoofsaaklik vir residensiële doeleindes gebruik word.

(d)                ‘n wooneenheid is wat vir residensiële doeleindes gebruik word, op ‘n eiendom wat aangewend word vir

            opvoedkundige doeleindes.

            Eiendom wat vakant is, ongeag die sonering of voorgenome gebruik daarvan, is spesifiek uitgesluit van

            hierdie eiendomskategorie.

 

1.7        “Gestremde persone” beteken parapleeg, kwadrupleeg, gesig- en gehoorgestremde persone

 

1.8        Woorde in hierdie verordening wat in die manlike geslag is, sluit ook die vroulike geslag in, enkelvoud

            sluit ook die meervoud in en vice versa.

 

2.         Beginsels van die Verordening

 

2.1       Belasting word in ooreenstemming met die Wet op Eiendomsbelasting, 2004 as ‘n bedrag in die rand

            gebaseer op die markwaarde van alle belasbare eiendom wat opgeneem is in die munisipaliteit se

            waardasierol en aanvullende waardasierol.

2.2       Die munisipaliteit tref in ooreenstemming met die Wet onderskeid tussen die verskillende eiendoms

            kategorieë en kategorieë vir eienaars van eiendom, soos vervat in Artikels 5 en 6 van hierdie

            verordening.

2.3       Verligting van belasting word aan sekere eiendoms kategorieë en kategorieë vir eienaars van eiendom

            toegestaan.

2.4       Die munisipaliteit staan egter nie enige verligting ten opsigte van enige betalings van belasting aan

            enige kategorie van eiendom, of eienaars van eiendom op ‘n individuele basis toe nie.

2.5       Geen infasering van belasting sal op die nuwe waardasierol toegepas word, behalwe soos voorgeskryf

            deur wetgewing.

2.6       Die eiendomsbelastingbeleid van die munisipaliteit word op die volgende beginsels gebaseer:

(a)        Billikheid

            Die munisipaliteit sal alle belastingbetalers met soortgelyke eiendomme dieselfde hanteer.

(b)        Bekostigbaarheid

            ‘n Persoon se vermoëns om belasting te betaal sal in aanmerking geneem word deur die munisipaliteit.

            Wanneer daar met die hulpbehoewendes gedeel word, sal die munisipaliteit maatreëls vir verligting

            deur vrystellings, verminderings en kortings voorsien.

(c)        Volhoubaarheid

            Waardasie van ‘n eiendom sal op so ‘n wyse geïmplimenteer word dat:

i.          dit ‘n volhoubare plaaslike regering verseker deur ‘n stabiele en toenemende inkomste bron te voorsien

            binne die diskresionêre beheer van die munisipaliteit; en

ii.         dit plaaslike, sosio ekonomiese ontwikkeling ondersteun.

(d)        Koste doeltreffendheid

            Eiendomsbelasting sal op die waarde van alle belasbare eiendom gebaseer word en sal gebruik word

            om gemeenskaps- en gesubsideerde dienste te befonds nadat surplusse op handelsdienste (water,             elektrisiteit) en ekonomiese dienste (vullisverwydering, riool) in berekening gebring is asook die bedrae

            benodig om kwytskeldings, kortings en verminderings en die infasering van belasting te finansier, soos

            goedgekeur deur die munisipaliteit van tyd tot tyd.

 

3.         Omvang van die Verordening

 

3.1           Waar hierdie verordening teenstrydig is met nasionale wetgewing, geniet nasionale wetgewing  

              voorkeur bo hierdie verordening. Die Munisipale Bestuurder moet so teenstrydigheid onmiddelik

              onder die aandag van die munisipaliteit bring sodra hy bewus word daarvan en moet voorstelle om so

              teenstrydigheid reg te stel voorlê aan die munisipaliteit.

 

3.2                    Indien daar enige konflik tussen hierdie verordening en die eiendomsbelastingbeleid van die

              munisipaliteit is,sal hierdie verordening voorrang geniet.

 

3.3           Na die heffing van die bedrag in die rand, vir elke komponent van die jaarlikse bedryfsbegroting, sal

              die munisipaliteit vrystellings, kortings of verminderings toestaan aan die eiendomskategoriëe en die

              eienaarskategoriëe.

 

 

4.         Beginsels van Toepassing op die Finansiering van Dienste

 

4.1       Onderhewig aan die riglyne voorsien deur Nasionale Tesourie en die Uitvoerende Komitee van die munisipaliteit, moet die Munisipale Bestuurder of sy/haar benoemde voorsiening maak, vir die klassifikasie van die volgende dienste:-

(a)        Handelsdienste

i.             Water

ii.         Elektrisiteit

(b)        Ekonomiese dienste

            i.          Vullisverwydering

            ii.          Riool

(c)        Gemeenskaps- en gesubsidieerde dienste (sluit in al die basiese dienste deur die munisipaliteit wat in

            die gewone loop van sake verskaf word, uitsluitend die wat in Artikel 4.1 (a) en (b) genoem word.

 

4.2       Handels- en ekonomiese dienste soos verwys na in sub artikels (a) en (b) moet gesamentlik gefinansier

            word deur dienste heffings, terwyl gemeenskaps- en gesubsidieerde dienste soos verwys na in sub

            artikel (c) gefinansier word deur surplusse van handels- en ekonomiese dienste, regulerende gelde,

            belasting en belastingverwante inkomste.

 

5.         Eiendomskategorieë

 

5.1        Verskillende belastings mag op verskillende kategorieë van belasbare eiendomme gehef word soos

            deur die munisipaliteit se eiendomsbelastingbeleid bepaal.

5.2        Sodanige belastings sal op ‘n jaarlikse basis gedurende die opstel van die jaarlikse begroting bepaal

            word.

5.3        Die volgende kriteria of ‘n kombinasie daarvan sal in ag geneem word wanneer ‘n kategorie van ‘n

            eiendom soos verwys na in 5.1 bepaal word:-

§                     Die formele sonering van die eiendom;

§                     Dorpstigting goedkeurings;

§                     Die gebruik van die eiendom;

§                     Die toegelate gebruik van die eiendom; en

§                     Die geografiese gebied waarin die eiendom geleë is.

 

5.4               Om sekerheid en konsekwentheid te verseker moet die kriteria soos genoem in 5.3 hierbo, toegepas

            word soos in die geprioritiseerde volgorde hieronder, sonder dat enige afwyking toegelaat sal word:-

5.4.1          Eiendomme sal heel eerste volgens die formele sonering gekategoriseer word.

5.4.2          Stadsbeplanningskemas en dorpstigtingskemas en regulasies mag gebruik word om die formele

            sonerings van eiendomme vas te stel.

5.4.3          Wanneer die status of sonering van ‘n eiendom vir een of ander rede nie vasgestel kan word in terme

            van 5.4.1 nie, sal die werklike gebruik daarvan dan bepaal word om sodoende ‘n toepaslike kategorie

            vir so eiendom vas te stel. Alle relevante inligting, insluitend omstandigheidsgetuienis, mag in ag

            geneem word in ‘n poging om vas te stel vir watter doel die eiendom gebruik word. Om die nodige

            inligting te bekom kan ‘n fisiese inspeksie van die eiendom gedoen word.

5.4.       Die geografiese gebied waarin die eiendom geleë is, mag gebruik word in die kategorisering van ‘n

            eiendom wanneer die voorskrifte van 5.4.1 nie toegepas kan word nie. Die geografiese gebied mag

            egter nie in isolasie aangewend word nie.

5.5        Meerdoelige eiendom sal gekategoriseer en gehef word ooreenkomstig artikel 9 van die Wet en soos

            meer volledig beskryf in artikel 7 van hierdie verordening.

 

6.         Eienaarskategorieë

 

6.1          Vir doeleindes van die toekenning van vrystellings, kortings of verminderings in terme van artikels 9,

10 en 11 van hierdie verordening onderskeidelik, word die volgende eienaarskategorieë van eiendom

bepaal:-

(a)           Die eienaars wat kwalifiseer en geregistreerde hulpbehoewendes is in terme van die munisipaliteit se

beleid vir hulpbehoewendes;

(b)          Die eienaars wat nie kwalifiseer as hulpbehoewendes in terme van die munisipaliteit se beleid vir

hulpbehoewendes, maar wie se totale maandelikse inkomste minder is as die bedrag wat in die

jaarliks begroting deur die munisipaliteit vasgestel is;

(c)           Eienaars van eiendom wat geleë is in gebiede wat geraak word deur:-

i.             ‘n ramp ooreenkomstig die betekenis soos beskryf deur die Wet op Rampbestuur, 2002 (Wet no 57

van 2002); of

ii.            enige ander ernstige ongunstige sosio ekonomiese toestande.

(d)          Eienaars van residensiële eiendomme met ‘n markwaarde minder as die bedrag wat jaarliks in die

begroting van die munisipaliteit bepaal word; en

(e)          Eienaars van landbou eiendomme.

(f)           Huishoudings waar minderjariges wat die eienaar se kind of ‘n kind is wat ‘n familielid van die eienaar

is en wat verantwoordelik is om na die ouers en kinders van die huishouding om te sien.

 

7.         Meerdoelige Eiendom

           

7.1          Belasting op eiendom wat vir meer as een doel aangewend word, word soos volg gehef:-

(a)           In ooreenstemming met die “toelaatbare gebruik van die eiendom”.

(b)          In ooreenstemming met die “dominerende gebruik van die eiendom” as (a) nie toegepas kan word nie;

of

(c)           In ooreenstemming met “verskillende gebruike” deur die toedeling van die markwaarde van ‘n

               eiendomskategorie tot die verskillende doeleindes waarvoor die eiendom gebruik word, as beide (a)

              en (b) nie toegepas kan word nie.

 

8.         Differensiële Belasting

 

8.1          Kriteria vir differensiële belasting op verskillende kategorieë eiendom is in ooreenstemming met –

8.1.1       Die aard van die eiendom insluitende die sensitiwiteit daarvan tot waardasies, bv. landbou

eiendomme wat vir landboudoeleindes gebruik word.

8.1.2       Die bevordering van sosio ekonomiese ontwikkeling binne die munisipaliteit.

8.2          Differensiële belasting tussen die verskillende kategorieë eiendom word gedoen deur ‘n verskillende

sent bedrag in die rand vir elke eiendomskategorie vas te stel; en

8.3          deur middel van verminderings en kortings soos in die munisipaliteit se eiendomsbelastingbeleid

               bepaal.

 

9.         Vrystellings en ontoelaatbare belasting

9.1       Eiendomskategorieë en eienaarskategorieë soos deur die munisipaliteit se eiendomsbeleid tydens die

            jaarlikse begrotingsproses bepaal, is vrygestel van die betaling van eiendomsbelasting.

 

9.2       Voorwaardes soos deur die munisipaliteit se eiendomsbelastingbeleid bepaal sal ooreenkomstig

            toegepas word.

 

9.3       Aansoeke om vrystellings moet ooreenkomstig die voorwaardes gestel in die eiendomsbelastingbeleid       gerig word, waar dit nie outomaties van toepassing is nie.

 

9.4       Die munisipaliteit mag nie belasting hef op eiendomme wat in terme van Artikel 17(1) van die         Munisipale Wet op Eiendomsbelasting, 2004 aangedui word nie.

 

10.       Verminderings

 

10.1        Vermindering in die munisipale waardasie soos beoog in artikel 15 van die Wet word in die volgende

gevalle toegestaan op ‘n ad-hoc basis:-

10.1.1     Waar gedeeltelike of totale verwoesting van eiendom plaasgevind het.

10.1.2     In geval van rampe ooreenkomstig die betekenis soos in die Wet op Rampbestuur, 2002 (Wet no 57

van 2002).

10.2        Die volgende voorwaardes sal van toepassing wees met betrekking tot 10.1:-

10.2.1     Eienaars soos beskryf in 10.1.1 sal skriftelik om vermindering van die belasting betaalbaar aansoek

doen en die onus rus op so aansoeker om tot die munisipaliteit se tevredenheid te bewys dat sy/haar

eiendom totaal of gedeeltelik verwoes is.

10.2.2     Sy/hy sal ook moet aandui tot watter mate die eiendom steeds gebruik kan word en die impak

daarvan op die waarde van die eiendom;

10.2.3     Eienaars sal alleenlik vir verminderings kwalifiseer in terme van 10.1.2 indien sy/hy deur ‘n ramp soos

vervat in die Wet op Rampbestuur, 2002 (Wet 57 van 2002) getref word;

10.2.4           In terme van 10.1.1 en 10.1.2 sal ‘n maksimum vermindering soos deur die eiendomsbeleid bepaal,

toegelaat word;

10.2.5     Die munisipaliteit sal krediet toestaan aan ‘n eienaar wanneer belasting vooruit betaal is voordat die

vermindering toegestaan is, soos bepaal vanaf die datum waarop die vermindering toegestaan is tot

wanneer die vermindering wegval of die einde van die periode waarvoor die betaling gemaak is, watter een ookal eerste is;

10.2.6     ‘n Ad-hoc vermindering sal nie vir ‘n periode langer as ses (6) maande toegelaat word nie, behalwe as

die munisipaliteit ‘n verdere aansoek om verlenging toestaan.

 

11.       Kortings

 

11.1.     Eiendomskategorieë

11.1.1   Die munisipaliteit mag kortings toestaan aan eiendomskategorieë soos jaarliks tydens die

            begrotingsproses bepaal in die eiendomsbelastingbeleid van die munisipaliteit.

 

11.2      Eienaarskategorieë

11.2.1   Die munisipaliteit mag kortings toestaan aan eienaarskategorieë soos jaarliks tydens die

            begrotingsproses bepaal in die eiendomsbelastingbeleid van die munisipaliteit.

 

11.3      Aansoeke om kortings moet die munisipaliteit bereik voor die datum soos vasgestel in die

            eiendomsbelastingbeleid van die munisipaliteit voor die begin van die finansiële jaar waarvoor daar om

            finansiële verligting aansoek gedoen word.

 

11.4      Die munisipaliteit behou die reg voor om aansoeke om vrystellings te weier indien die besonderhede

            wat op die aansoekvorm verskyn onvolledig, verkeerd of onwaar is.

 

11.5        Eiendomme met ‘n markwaarde onder die voorgeskrewe waardasievlak van ‘n waarde wat jaarliks

deur die munisipaliteit bepaal word mag, instede van ‘n tarief vasgestel op die markwaarde, belas

word teen ‘n eenvormige vaste bedrag per eiendom.

 

11.6        Die omvang van die korting in terme van 11.1, 11.2 en 11.5 sal jaarliks deur die munisipaliteit bepaal

word en sal ingesluit word in die jaarlikse begroting.

 

12.       Betaling van Belasting

 

12.1      Die Raad kan die betaling van belasting vorder:-

12.1.1   Op ‘n maandelikse basis of minder gereeld soos voorgeskryf in die Munisipale Finansies Bestuurswet

            (Wet Nr.56 van 2003) of

12.1.2   Jaarliks, soos ooreengekom met die eienaar van die eiendom.

 

12.2      Indien belasting betaalbaar is:-

12.2.1   In ‘n enkele bedrag jaarliks, moet dit betaal word voor of op ‘n datum soos bepaal deur die

            munisipaliteit.

12.2.2   In paaiemente, moet dit betaal word voor of op ‘n datum in elke periode soos bepaal deur die

            munisipaliteit.

 

12.3      Rente op agterstallige belasting, hetsy betaalbaar jaarliks of in gelyke maandelikse paaiemente, word

            bereken ooreenkomstig die bepalings van die munisipaliteit se beleid op kredietbeheer,

            skuldinvordering en hulpbehoewendheid.

 

12.4      Indien ‘n eienaar van eiendom wat ingevolge hierdie verordening vir die betaling van

            eiendomsbelasting verantwoordelik is versuim om sodanige belasting op die voorgeskrewe wyse te

            betaal, word dit van hom/haar verhaal in ooreenstemming met die bepalings van die munisipaliteit se

            beleid op kredietbeheer, skuldinvordering en hulpbehoewendheid.

 

12.5      Agterstallige belasting word ingevolge artikel 28 en 29 van die Wet, soos volg van huurders, okkupante

            en agente vir die eienaar verhaal:-

12.5.1   Indien ‘n bedrag, verskuldig vir eiendomsbelasting, nie betaal is deur die eienaar op die vasgestelde

            dag soos aangedui op die rekening en geen reaksie van die eienaar verkry word na skriftelike

            aanmanings uitgereik is nie, sal die munisipaliteit die volle bedrag of ‘n gedeelte daarvan soos volg

            verhaal:-

12.5.1.1   Van die agent wat wetlik aanspreeklik is vir die invordering van kommissie of huur op die betrokke

               eiendom;

12.5.1.2   Van die huurder of bewoner van die eiendom, alleen wanneer ‘n poging aangewend is om dit van die

               agent verwys na in 12.5.1.1 te vorder en so poging onsuksesvol was, of so agent nie bestaan nie of

               alleenlik ‘n gedeelte van die uitstaande bedrag teruggekry kon word.

              

12.5.2   Die bedrag wat verhaal kan word is beperk tot die bedrag aangedui in die Wet en dit mag alleenlik

            ingevorder word nadat skriftelike kennisgewing gedien is op die betrokke party (huurder, bewoner of

            agent) van die verskuldige eiendomsbelasting, wat nog nie deur die eienaar van die eiendom betaal is

            nie.

12.5.3   Die kennisgewing verwys na in 12.5.2 sal die betrokke party ten minste veertien (14) kalender dae gun

            om die uitstaande belasting te betaal.

 

12.6      Waar die belasting op ‘n spesifieke eiendom verkeerd bepaal is, hetsy weens ‘n fout of versuim aan die

            kant van die munisipaliteit of vals inligting voorsien deur die eienaar van die betrokke eiendom of ‘n

            oortreding van die toegelate gebruik waarvoor die betrokke eiendom aangewend mag word, word die

            belasting betaalbaar toepaslik terugwerkend aangepas vir die tydperk van die datum waarop die fout of

            versuim bespeur word, tot die datum waarop die belasting aanvanklik gehef is ingevolge die huidige

            waardasierol.

 

12.7      Indien die fout ontstaan het as gevolg van vals inligting voorsien deur die eienaar van die eiendom of

            as gevolg van oortreding van die toegelate gebruik waarvoor die betrokke eiendom aangewend mag

            word, word rente op die onbetaalde gedeelte van die aangepaste belasting betaalbaar gehef teen die

            maksimum rente toegelaat, ingevolge heersende wetgewing.

 

13.       Lewering van Rekeninge

 

13.1   Die munisipaliteit sal elke person verantwoordelik vir die betaling van belasting van ‘n geskrewe rekening

         voorsien, wat die volgende sal spesifiseer:

 

13.1.1   die bedrag verskuldig vir belasting betaalbaar;

13.1.2   die datum voor of op wanneer die bedrag betaalbaar is;

13.1.3   hoe die bedrag vasgestel is;

13.1.4   die markwaarde van die eiendom; en

13.1.5   vrystellings, verminderings en kortings of die infassering van belasting, indien toepaslik.

 

13.2        ‘n Persoon verantwoordelik vir die betaling van belasting bly verantwoordelik vir die betaling, selfs al

het so persoon nie ‘n skriftelike rekening van die munisipaliteit ontvang nie. Navrae moet deur so

persoon, wat nie ‘n skriftelike rekening ontvang het nie, aan die munisipaliteit gerig word.

 

13.3   In die geval van gesamentlike eienaarskap sal die munisipaliteit, om kostes laag te hou en onnodige

         administrasie te voorkom, deurlopend die belasting verhaal van een van die gesamentlike eienaars,

         onderhewig daaraan dat dit met beide eienaars se toestemming geskied.

 

14.       Spesiale Belasbare Gebiede

 

14.1            Die munisipaliteit sal, wanneer dit nodig geag word, in oorleg met die relevante gemeenskappe soos

bepaal in artikel 22 van die Wet deur middel van ‘n Raadsbesluit ‘n spesiale belasbare gebied,

vasstel.

14.2      Wanneer die vasstelling van ‘n spesiale heffing oorweeg word sal die volgende aangeleenthede in

            oorlegpleging met die komittee, soos verwys na in artikel 14.3, oorweeg word:-

14.2.1   Voorgestelde grense van die spesiale belasbare gebied;

14.2.2   Statistieke van die betrokke gebied wat ‘n volledige opsomming van die hoeveelhede erwe met die

            betrokke sonering en die dienste wat gelewer word en besonderhede soos die kapasiteit, hoeveelheid

            leë erwe en die dienste wat nie gelewer word nie;

14.2.3   Voorgestelde verbeterings wat duidelik die geraamde kostes van elke individuele verbetering aandui;

14.2.4   Voorgestelde finansiering van die verbeteringe of projekte;

14.2.5   Prioriteite van die projekte, indien meer as een;

14.2.6   Faktore wat die betrokke gemeenskap se sosio ekonomiese toestande raak;

14.2.7   Die verskillende eiendomskategorieë;

14.2.8   Die bedrag van die voorgestelde spesiale heffing;

14.2.9   Besonderhede met betrekking tot die implimentering van die spesiale heffing;

14.2.10 Addisionele inkomste wat deur die spesiale heffing gegenereer sal word.

 

14.3      Die munisipaliteit sal geadviseer word oor die voorgestelde heffing, soos verwys na hierbo, deur ‘n

            komitee wat saamgestel word uit ses (6) lede, waarvan drie (3) vroue is. Die komitee sal deur die

            inwoners van die betrokke gebied wat agtien (18) jaar en ouer is, verkies word. Persone onder die                ouderdom van agtien (18) mag nie verkies word om op die komitee te dien nie. Die verkiesing van so          komitee sal onder leiding van die Munisipale Bestuurder geskied.

            Die komitee sal oor geen besluitnemingsmagte beskik nie en sal alleenlik in adviserende hoedanigheid

            optree.

 

14.4            Die vereiste toestemming van die betrokke gemeenskap sal skriftelik verkry word of deur middel van ‘n

formele stem proses wat onder die voorsitterskap van die Munisipale Bestuurder sal geskied. ‘n

Meerderheidstem sal geag word 50% plus een van die huishoudings wat daardeur geraak word.

 

            Elke relevante huishouding, dit is elkeen wat ‘n maandelikse rekening ontvang, sal oor een (1) stem

            alleenlik beskik.

 

14.5      Die munisipaliteit sal, wanneer die spesiale addisionele tariewe vasgestel word, onderskei tussen

            verskillende kategorieë soos verwys na in artikel 5 van hierdie verordening.

 

14.6      Die addisionele tariewe wat gehef word, sal aangewend word vir die verbetering of opgradering van die

            spesifieke gebied alleenlik en vir geen ander doel nie.

 

14.7      Die munisipaliteit sal ‘n aparte rekening en rekordhouding sisteem, wat voldoen aan AAMRP/AARP,

daarstel vir die bepaalde gebied en die betrokke huishoudings sal op ‘n jaarlikse basis op hoogte gehou word met die vordering van projekte en die finansiële implikasies.

 

15.       Frekwensie van Waardasies

 

15.1        Die munisipaliteit sal elke vier (4) jaar ‘n nuwe waardasierol opstel, met die opsie om die geldigheid

daarvan met die goedkeuring van die Lid van die Uitvoerende Raad vir Plaaslike Regering en

Behuising te verleng tot vyf (5) jaar.

15.2      Aanvullende waardasies sal op ‘n deurlopende basis gedoen word ten einde te verseker dat die

            waardasierol onderhou word.

15.3      Die munisipaliteit behou kopiereg op die inligting vervat in die waardasierol.

 

16.       Deelname deur die Gemeenskap

 

16.1      Voordat die munisipaliteit die eiendomsbelastingverordening aanvaar sal die Munisipale Bestuurder ‘n

            proses van publieke deelname, soos voorgeskryf in hoofstuk 4 van die Munisipale Stelselswet, 2000,

            volg wat voldoen aan die volgende vereistes:

16.1.1   Die konsep eiendomsbelastingverordening aaneenlopend vir ‘n periode van dertig (30) dae by die

            munisipaliteit se hoofkantoor, satelliet kantore en bibilioteke en op die webtuiste vertoon.

16.1.2   ‘n Kennisgewing in die media plaas waarin vermeld word dat die konsep eiendomsbelastingverordening

            opgestel is vir voorlegging aan die Raad en dat sodanige verordening beskikbaar is by die onderskeie

            munisipale kantore en op die webtuiste vir publieke inspeksie. Eienaars van eiendomme en

            belangstellende persone kan ‘n kopie van die konsep verordening van die munisipale kantoor

            gedurende kantoorure verkry, teen ‘n voorgeskrewe fooi per kopie.

16.1.3   Eienaars van eiendomme en belangstellende persone word uitgenooi om geskrewe voorstelle of vertoë

            aan die munisipaliteit te rig binne die voorgeskrewe periode in die kennisgewing.

16.1.4      Die Raad sal alle voorstelle en/ of vertoë ontvang oorweeg tydens die finalisering van die

            eiendomsbelastingverordening.

 

17        Eiendomsregister

 

17.1        n Eiendomsregister, verdeel in Gedeeltes A en B, ten opsigte van alle eiendomme in die munisipale

regsgebied moet saamgestel en onderhou word deur die munisipaliteit.

 

17.2        Gedeelte A van die register sal bestaan uit die huidige waardasierol van die munisipaliteit en sal alle

aanvullende waardasies, soos van tyd tot tyd gedoen, insluit.

 

17.3        Gedeelte B van die register sal spesifiseer watter eiendomme op die waardasierol of enige

aanvullende waardasierol onderworpe is aan:-

17.3.1     Vrystelling van belasting in terme van artikel 15 van die Wet op Eiendomsbelasting, 2004;

17.3.2     Vermindering of korting in terme van artikel 15 van die Wet;

17.3.3     Infasering van tariewe in terme van artikel 21 van die Wet; en

17.3.4     Uitsluitings soos verwys na in artikel 17 van die Wet.

 

17.4        Die register sal oop wees vir inspeksie deur die publiek gedurende kantoorure by die hoofkantoor van

die munisipaliteit of op die internet webtuiste van die munisipaliteit.

 

17.5        Gedeelte A van die register sal minstens jaarliks tydens die aanvullende waardasie proses deur die

munisipaliteit opgedateer word.

 

17.6        Gedeelte B van die register sal op ‘n deurlopende basis opgedateer word.

 

 

18        Gereelde Hersieningsproses

 

18.1      Die eiendomsbelasingbeleid van die munisipaliteit moet op ‘n jaarlikse basis hersien word om te

            verseker dat dit voldoen aan die strategiese doelstellings van die munisipaliteit soos vervat in die

            Geïtegreerde Ontwikkelingsplan en ander wetgewing.

 

19.       Korttitel

            Hierdie verordening staan bekend as die eiendomsbelastingverordening van die Nama Khoi  

            Munisipaliteit.

 

20.       Implimentering

Hierdie verordening tree in werking op 1 Julie 2009