NAMA KHOI MUNISIPALITEIT

 

 

VERVOERTOELAAGSKEMA VIR ESSENSIËLE GEBRUIKERS

 

 

 

SALGA het op 22 Oktober 2004 riglyne vir ‘n Vervoerskema aan Munisipaliteite voorsien.  Die Raad het genoemde riglyne goedgekeur op 1 November 2005.

 

Die riglyne behoort dan nou aan die hand van ‘n beleid geïmplimenteer te word.  Die vorige beleid van die voormalige Springbok Munisipaliteit, soos gewysig,  word dus herroep en vervang met hierdie beleid vir Nama Khoi Munisipaliteit, wat in werking tree op 1 Julie 2009.

 

 

 

1.       KWALIFISERENDE AMPTENARE:

 

Slegs amptenare wat nie tot die Perkskema behoort nie en van wie daar op ‘n gereelde basis verwag word om met private voertuie funksies vir die Raad te verrig in die uitvoering van pligte,  sal kwalifiseer.

 

Indien enige of almal van genoemde amptenare met vooraf kennisgewing verskuif word na ander poste weens operasionele redes en sodanige ander poste nie die vorige bepaling/voorwaarde vereis nie, sal die  betrokke amptenaar/are nie verder kwalifiseer vir subsidies nie.  

 

Om te kan kwalifiseer moet van ‘n werknemer verwag word om ten minste 300 kilometers en maksimum 1166 kilometers per maand amptelike ritte te onderneem.

 

Die kwalifiserende deelnemers word gekatigoriseer op grond van die pos wat beklee word met bo-perke vir amptelike ritte en wel 300 km, 500 km, 800 km en 1 166 kilometers per maand.

 

 

2.      VOERTUIGLENING

 

Geen amptenaar wat ‘n deelnemer is van die skema sal geregtig wees op, of aanspraak kan maak op enige interne lening by die Raad nie.

 

 

3.      INWERKINGTREDING

 

Hierdie skema vir essensiële gebruikers tree in werking op 1 Julie 2009

 

-2-

 

Die subsidie-siklus loop in tydkringe van 48 maande en geen gebruiker sal geregtig wees om ‘n voertuig in die skema in te bring binne ‘n korter periode.

 

Die inbring van ‘n voertuig in minder as 48 maande sal slegs toelaatbaar wees in geval van onherstelbare skade of algehele verlies en onbetroubaarheid van voertuig onderhewig aan die goedkeuring van Bestuur.

 

 

4.      DOEL VAN SKEMA

 

Die implementering en oogmerke van die skema is om werknemers wat deurlopend op ‘n daaglikse basis gebruik maak van hul private voertuie in die uitvoering van hul pligte te kompenseer.

 

Die essensiële gebruiker-vervoertoelaag moet gesien word as ‘n operasionele toelaag en nie as ‘n diensvoorwaarde nie.

 

Die skema is uitsluitlik vir essensiële gebruikers en bedoel nie om ‘n ekstra inkomste, die perkskema of ‘n diensvoordeel te wees nie.

 

 

5.      KRITERIA VIR DEELNAME:

 

5.1       Die pos moet die daaglikse gebruik van ‘n voertuig vereis ten einde hoë standaard dienslewering te verseker.

 

5.2       Die betrokke departement moet verseker dat voldoende fondse op die begroting voorsien is om die toelae te kan betaal.

 

5.3       Die vervoerreëlings en vervoer behoeftes van die Munisipaliteit moet in ag geneem word aan die hand van die volgende:

 

5.3.1   Hoe word daar huidiglik omgegaan met die vervoerbehoeftes binne elke department?

5.3.2   Is daar bestaande munisipale voertuie in gebruik?

5.3.3   Het daar vervangings plaasgevind of is daar addisionele voertuie beskikbaar?

5.3.4   Is deelname aan die essensiële skema die mees ekonomiese opsie?

5.3.5   Kwalifiseer die deelnemer vir deelname aan die skema?

 

 

6.      BEREKENING VAN TOELAAG:

 

6.1 Berekening van die toelaag geskied op grond van ‘n bepaling van die vaste- en loopkoste volgens die AA tabelle.

-3-

 

6.2       Vir berekeningsdoeleindes vir die kilometer tarief wat geld vir alle essensiële verbruikers, word die norm voertuig bepaal op ‘n motorvoertuig met ‘n aankoopprys van R 150 000,00 en ‘n enjin kapasiteit van 1400cc, (alhoewel die werknemer toegelaat word om ‘n voertuig van sy keuse aan te koop tot ‘n maksimum enjin kapasiteit van 2000cc met vooraf toestemming van Bestuur).

By berekening van die kilometer tarief sal gewerk word op 20 000 km per jaar vir alle essensiële gebruikers, en die kilometer tarief waarop gewerk word, word bereken deur die AA vastekostetarief, die dienstetarief,  bandetarief en die brandstoftarief bymekaar te tel.

            Die kilometer tarief,  wat vir alle essensiële verbruikers dieselfde is, word  vermenigvuldig met die getal kilometers waarmee die verskillende verbruikers maandeliks gesubsideer word.

 

6.3       Indien die Raad of ‘n essensiële verbruiker van mening is dat ‘n verbruiker se getal kilometers aangepas behoort te word, hetsy opwaarts of afwaarts, of daar is ‘n meningsverskil by die aanvanklike gesubsideerde getal kilometers, sal die verbruiker verplig word om vir drie agter eenvolgende maande voertuiglogstate by te hou van alle vooraf gemagtigde amptelike kilometers per dag gery. Die logstate moet daagliks as korrek  gesertifiseer word, deur die departementshoof. Die gemiddelde amptelike kilometers per maand gery, gedurende die drie maande, sal dan die getal kilometers wees waarop die verbruiker maandeliks gesubsideer word. Wanneer ‘n verbruiker se gesubsideerde kilometers per maand meer is as 1166 per maand sal ‘n spesiale tarief per kilometer bereken word volgens die AA tabelle, aangesien die kapitaaltarief dan afwaarts wysig.

 

6.4       Vir eis berekenings word, kilometers wat afgelê is buite die regsgebied van die Munisipaliteit en waarvoor daar reeds reis- en verblyfkoste uitbetaal word, nie in berekening gebring nie.

 

6.5       Die AA kilometer tarief sal een maal jaarliks op 1 Julie aangepas word, en sal dan van toepassing wees tot die volgende aanpassing. ‘n Kilometertarief mag dus fluksieer op of afwaarts, afhangende die nasionale marktoestande.

 

 

 

7.      BESKIKBAARHEID VAN VOERTUIG:

 

‘n Deelnemer aan die skema is daartoe verbind om sy/haar eie voertuig (of ‘n gehuurde voertuig wanneer sy/haar voertuig buite werking is) beskikbaar te stel vir dienslewering aan Nama Khoi Munisipaliteit volgens die vereistes van sy/haar pos, wat beteken dat ‘n doelmatige voertuig aangeskaf moet word.

 

Die deelnemer erken en verstaan dat geen munisipale voertuig aan hom beskikbaar gestel gaan word nie, behalwe indien hy ‘n vragmotor of

 

-4-

 

diensvoertuig moet bestuur by die afwesigheid van ‘n drywer, en om die werk te laat voortgaan.

 

Die beskikbaarstelling van ‘n alternatiewe voertuig sal vir die rekening van die deelnemer wees. Ingesluit ‘n Raadsvoertuig, indien beskikbaar, bereken op dieselfde tarief wat deelnemer ontvang.

 

‘n Werknemer wat nie oor sy eie privaat voertuig beskik nie, en nie in staat is om ‘n voertuig uit eie of geleende fondse aan te koop nie, kan nie gebruik maak van hierdie motorskema nie.

 

 

8.      SPESIALE VOORWAARDES:

 

8.1       Elke departementshoof sal aandui watter poste vereis dat die bekleër moet reis en dus kwalifiseer vir deelname aan die skema.

 

8.2       Die departementshoof sal ook aanbeveel watter soort voertuig ‘n doelmatige voertuig vir ‘n pos gaan wees,  byvoorbeeld indien die pos ‘n ligte afleweringsvoertuig vereis sal die deelnemer nie ‘n sedan motor kan aankoop of gebruik binne die skema nie. Die Menslike Hulpbronne afdeling sal ‘n register byhou van alle voertuie binne die skema,  datum van aankoop,  besonderhede van die voertuig, versekering ensovoorts.

 

8.3       Die deelnemer sal sorg dra dat sy/haar huurkooppaaiemente, indien enige, stiptelik betaal word en dat die voertuig behoorlik in stand gehou word.

 

8.4       Die deelnemer sal sorg dra dat die voertuig te alle tye verseker is.

 

8.5       Geen privaatvoertuie van amptenare, insluitende gesubsidieërde voertuie, sal in die munisipale werkswinkel toegelaat word,  en werknemers van die Munisipaliteit sal nie aan sodanige voertuie enige werk verrig nie.

 

8.6       Indien tweerigting radio’s of enige noodbeheer toerusting aan die voertuig aangebring moet word,  sal dit vir die koste van die Munisipaliteit wees en die eiendom van die Munisipaliteit bly. Toerusting word dus oorgebou op nuwe voertuie.

 

8.7       Die deelnemer sal nie kan aanspraak maak op amptelike parkeerruimte op grond van sy deelname nie.

 

9.      PROSEDURE VIR DEELNAME:

 

Voornemende deelnemers moet ‘n aanbeveling en motivering van die betrokke departementshoof voorlê tesame met ‘n formele aansoek.

-5-

 

Die ooreenkoms vervat in Bylae A moet deur beide partye onderteken word en vorm deel van hierdie beleid. Die oorspronklike getekende ooreenkoms sal op die deelnemer se persoonlike leêr aangebring word.

 

 

10.    TOEPASSINGSBESTEK

 

Die beleid gaan van toepassing wees vir die totale regsgebied van Nama Khoi Munisipaliteit.

 

 

11.     ALGEMEEN

 

Die beleid en ooreenkoms vestig ‘n verbintenis tussen die partye en ontbinding daarvan is onderhewig aan drie maande wedersydse kennisgewing.

 

In die geval van bedanking uit diens van die Raad sal die ooreenkoms onmiddellik ten einde loop.

 

Enige bepalende voorskrif van die Suid Afrikaanse Plaaslike Regerings Bedingingsraad sal verdere gronde vir ontbinding vestig, maar dan soos ooreengekom tussen die raad en verbruikers van die skema.

 

Alle huidige deelnemers sal op die nuwe beleid oorgaan met onmiddelike effek en sal vergoed word op die nuwe tarief soos bepaal op 1 Julie 2009,   en daarna jaarliks op 1 Julie.

 

Hierdie beleid is van toepassing vanaf 1 Julie 2009 op alle verbruikers van die huidige essensiële skema van die Raad, ongeag die datum van aanvaarding deur die Raad.

 


BYLAE A

 

 

Ooreenkoms tot Beleid

 

 

 

Aangegaan deur en tussen

 

 

NAMA KHOI MUNISIPALITEIT

 

(hierin verteenwoordig deur die Munisipale Bestuurder)

 

 

………………………………………………………………………………………

 

 

EN

 

NAAM: ……………………………………………………………………………………..

 

ID:……………………………………………………………………………………………

 

(hierna genoemd die Deelnemer)

 

 

 

 

NADEMAAL die Munisipaliteit begerig en bereid is om ‘n Essensiële Vervoerskema aan die Deelnemer beskikbaar te stel en die Deelnemer begerig en bereid is om die beleid te aanvaar kom die partye ooreen tot die namkoming en handhawing van die beleid.

 

 

 

 

 

ALDUS GEDOEN EN GETEKEN TE ……………………………………… OP HEDE DIE

 

……………………………….. DAG VAN …………………………………….. 2…………..

 

 

 

 

………………………………………….                                           ………………………………

MUNISIPALE BESTUURDER                                           DEELNEMER


BYLAE B

 

 

 

 

AFSTAND

 

 

VASTE KOSTE

 

LOOP KOSTE

 

TOELAAG

 

 

20000 Km

 

1,57

 

,82

 

2,39 x   Kilometers

 

 

 

 

2,39 x   300  = R    717,00

 

2,39 x   500  =  R1 195,00

 

2,39 x   800  =  R1 912,00

 

2,39 x 1 666  =  R3 981,74

 

 

 

 

Beoogde maksimum toelaag beloop dus R3 981,74 per maand


NAMA KHOI MUNISIPALITEIT

 

ESSENSIëLE MOTORVOERTUIGSKEMA

 

BESPREKING/VERSLAG

 

 

Die voorlopige verslag soos voorberei deur die Interne Oudit afdeling word bespreek op die Bestuursvergadering van 10 November 2008 in die Raadsaal.

 

Mev A Beukes lig die vergadering in dat die volgende gebreke in die Essensiele Motorvoertuigskema wat toegepas word, bevind is.

 

1.                  Kriteria vir die skema word nie nagekom.

2.                  Kom ook nie die raadsbesluit na nie.

3.                  Kontrakte van motorvoertuigskema is nie deur die Munisipale Bestuurder onderteken nie.

4.                  Baie amptenare het ook nie ‘n kontrak onderteken nie, maar ontvang motortoelaes.

5.                  Van die amptenare ontvang ‘n motorvoertuigtoelaag, maar het nie ‘n voertuig nie.

6.                  Ritstate word nie ingedien nie.

 

Die Wnde Munisipale Bestuurder verduidelik dat die ou beleid van Springbok Munisipaliteit net so oorgekom het na Nama Khoi en dit eers so gebruik is.  Die nuwe motorskema beleid is eers op 19 Maart 2008 goedgekeur.

 

 

Beleid vir Vervoertoelaagskema vir Essensiële Gebruikers:

 

1.                  Elkeen moet ‘n ligte voertuig aanskaf

2.                  Ritstate moet voorgelë word om te kan kwalifiseer vir skema

3.                  Elkeen moet dieselfde toelaag ontvang elke maand.

 

 

Die verskillende departementshoofde verduidelik soos volg insake hul amptenare wat die motorvoertuigskema gebruik:

 

a)         Daar is een nuwe verbruiker in die Tegniese Afdeling wat nie kwalifiseer vir die skema nie.  Amptenaar word ad hoc R3,30 betaal.

b)         Afdelingshoofde R Hartley en A M Huisamen word anders gehanteer.  Hul word nie gekoppel aan kilometers.  Kwalifiseer nie vir R5 000,00.

c)         Afdelingshoofde Mnr B Boois en Me A Hollenbach ontvang R1 700,00

d)         Mnre Kloppers en D Magerman moet ritstate indien en ontvang beperkte kilo’s.

 

BESLUIT: DAT AFDELINGSHOOFDE MOET ALMAL DIESELFDE GEHANTEER WORD EN DAT HUL VIR DIESELFDE BEDRAG EN KILOMETERS MOET KWALIFISEER:

-2-

 

 

R C HARTLEY

ANN HOLLENBACH

BRANDON BOOIS

NAZ HASSAN

B WILLIAMS

G V/D BYL

MARTIN BOOYSEN

CHRISTO BONN

 

 

Die beleid en kontrak stem op baie punte  nie ooreen met mekaar nie en moet dit reggestel word.

 

Die volgende leemtes in die Beleid word uitgewys:

 

1.                  Op die voorstel van Wnde Munisipale Bestuurder dat amptenare terugwerkend die regstellings ontvang, verduidelik Mnr W Bowers dat regstellings van amptenare nie  nou terugwerkend gedoen kan word voordat beleid nie reggestel is nie.

2.                  Kan nie beleid implementeer voordat beleid reggestel en in plek is nie.

3.                  Gekyk word na Punte 1. en 8.4 van Beleid.

 

Die volgende moet in die Beleid ingebring word:

 

1.                  Tot en met Posvlak 2 amptenare – Kwalifiseer vir motorvoertuigskema

2.                  Posvlak 1 en 0 amptenare – Onderhandelbaar met pakket

3.                  Indien persoon ‘n voertuig moet hê moet daar vasgestel word of amptenaar wel daarvoor kwalifiseer.

4.                  Indien amptenaar nie ‘n voertuig het nie kan daar nie beperkte kilometers gegee word nie.

5.                  Kilometers van 300, 500, 800 en 1 666 moet bepaal word

6.                  Alle verbruikers  moet kontrakte ontvang  en geonderteken word.

7.                  Amptenare wat kwalifiseer moet ‘n beskikbare/doelmatige voertuig aanskaf.

8.                  Nuwe amptenare wat aansluit by skema moet vorentoe ritstate indien vir die eerste 3 maande na die toelaag betaalbaar is waarna ‘n vaste maandelikse bedrag bereken sal word per gemiddelde kilometer.

9.                  Amptenare reeds in skema werk nog op die ou norm en dien nie ritstate in nie.

 

 

1.   BESLUIT: DAT MNR J VICTOR, HOOF: KORPORATIEWE DIENSTE OOK ‘N PERK SKEMA BELEID SAL OPSTEL WAARIN VOORSIENING GEMAAK WORD VIR DIE VERSKILLENDE KATEGORIEE.

     

 

 

2. BESLUIT: DAT ALLE VERBRUIKERS VAN DIE ESSENSIëLE

MOTORVOERTUIGSKEMA KONTRAKTE MOET ONDERTEKEN ANDERS ONTVANG HUL NIE  DIE TOELAAG AAN EINDE VAN MAAND NIE.

 

-3-

 

 

3.         REGSTELLINGS MOET OP DIE BELEID GEDOEN WORD EN VORENTOE

KORREK GEIMPLEMENTEER WORD.

 

4.         GEKORRIGEERDE BELEID MOET AAN EERSKOMENDE RAADSVERGADERING VOORGELê  WORD VIR GOEDKEURING.

 

5.         ELKE DEPARTEMENTSHOOF MOET TOESIEN DAT DEELNEMERS BINNE SY/HAAR DEPARTEMENT VOLDOEN AAN DIE MOTORVOERTUIGSKEMA BELEID.

 

 

 

 

GETEKEN:

 

J W NORTJE ……………………………………………….

 

J C VICTOR ………………………………………………..

 

W J BOWERS ………………………………………………

 

R C HARTLEY …………………………………………….

 

J CLOETE ……………………………………………..

 

 

 


NAMA KHOI MUNISIPALITEIT

 

 

VERVOERTOELAAGSKEMA VIR ESSENSIëLE GEBRUIKERS

 

 

 

SALGA het op 22 Oktober 2004 riglyne vir ‘n Vervoerskema aan die munisipaliteite voorsien.  Die Raad het genoemde riglyne goedgekeur op 1 November 2005.

 

Die riglyne behoort dan nou aan die hand van nuwe beleid geïmplimenteer te word.  Die vorige beleid van die voormalige Springbok Munisipaliteit, soos gewysig,   word dus herroep en vervang met hierdie beleid vir Nama Khoi Munisipaliteit, wat in werking tree op 1 Julie 2009.

 

 

 

1.       KWALIFISERENDE AMPTENARE:

 

Slegs amptenare wat nie tot die Perkskema behoort nie en van wie daar op ‘n gereelde basis verwag word om met private voertuie funksies vir die Raad te verrig in die uitvoering van pligte,  sal kwalifiseer.

 

Indien enige of almal van genoemde amptenare met vooraf kennisgewing verskuif word na ander poste weens operasionele redes en sodanige ander poste nie die vorige bepaling /voorwaarde vereis nie, sal die  betrokke amptenaar/are nie verder kwalifiseer vir subsidies nie.  

 

Om te kan kwalifiseer moet van ‘n werknemer verwag word om ten minste 300 kilometers en maksimum 1666 kilometers per maand amptelike ritte te onderneem. 

 

Die kwalifiserende deelnemers word gekatigoriseer op grond van die pos wat beklee word met bo-perke vir amptelike ritte en wel 300 km, 500 km, 800 km en 1 666 kilometers per maand.

 

 

2.      VOERTUIGLENING

 

Geen amptenaar wat ‘n deelnemer is van die skema sal geregtig wees op, of aanspraak kan maak op enige interne lening by die Raad nie.

 

 

3.      INWERKINGTREDING

 

Hierdie skema vir essensiële gebruikers tree in werking op 1 Julie 2009.

 

 

-2-

 

‘n Subsidie siklus loop in tydkringe van 48 maande en geen gebruiker sal geregtig wees om ‘n voertuig in die skema in te bring binne ‘n korter periode.

 

Die inbring van ‘n voertuig in minder as 48 maande sal slegs toelaatbaar wees in geval van onherstelbare skade of algehele verlies en onbetroubaarheid van voertuig onderhewig aan die goedkeuring van die Bestuur. 

 

 

4.      DOEL VAN SKEMA

 

 

Die implementering en oogmerke van die skema is om werknemers wat deurlopend op ‘n daaglikse basis gebruik maak van hul private voertuie in die uitvoering van hul pligte te kompenseer.

 

Die essensiële gebruiker vervoertoelaag moet gesien word as ‘n operasionele toelaag en nie as ‘n diensvoorwaarde nie.

 

Die skema is uitsluitlik vir essensiële gebruikers en bedoel nie om ‘n ekstra inkomste, die perkskema of ‘n diensvoordeel te wees nie.

 

 

5.      KRITERIA VIR DEELNAME:

 

 

5.1       Die pos moet die daaglikse gebruik van ‘n voertuig vereis ten einde hoë standaard dienslewering te verseker.

 

5.2       Die betrokke departement moet verseker dat voldoende fondse op die begroting voorsien is om die toelae te kan betaal.

 

5.3       Die vervoerreëlings en vervoer behoeftes van die munisipaliteit moet in ag geneem word aan die hand van die volgende:

 

5.3.1   Hoe word daar huidig omgegaan met die vervoerbehoeftes binne elke department?

5.3.2   Is daar bestaande munisipale voertuie in gebruik?

5.3.3   Het daar vervangings plaasgevind of is daar addisionele voertuie beskikbaar?

5.3.4   Is deelname aan die essensiële skema die mees ekonomiese opsie?

5.3.5   Kwalifiseer die deelnemer vir deelname aan die skema?

 

 

 

-3-

 

6.      BEREKENING VAN TOELAAG:

 

6.1       Berekening van die toelaag geskied op grond van ‘n bepaling van die vaste- en loopkoste volgens die AA tabelle.

 

 

6.2       Vir berekeningsdoeleindes vir die kilometer tarief wat geld vir alle essensiele verbruikers, word die norm voertuig bepaal op ‘n motorvoertuig met ‘n aankoopprys van R150 000.00, en n enjin kapasiteit van 1400cc. (alhoewel die werknemer toegelaat word om ‘n voertuig van sy keuse aan te koop tot ‘n maksimum enjin kapasiteit van 2000cc.)

            By berekening van kilometer tarief sal gewerk word op 20 000 km per jaar vir alle essensiële gebruikers,   en die  kilometer tarief waarop gewerk word,  word bereken deur die AA kapitaaltarief, die onderhoudstarief en die brandstoftarief bymekaar te tel.  

            Die kilometer tarief wat vir alle essensiele verbruikers dieselfde is,  word laastens vermenigvuldig met met die getal kilometers waarmee die verskillende verbruikers maandeliks gesubsideer word.   

 

6.3       Indien die raad of n essensiele verbruiker van mening is dat n verbruiker se getal kilometers aangepas behoort te word, hetsy opwaarts of afwaarts, of daar is n meningsverskil by die aanvanklike gesubsideerde getal kilometers,  sal die verbruiker verplig word om vir drie agter eenvolgende maande voertuiglogstate by te hou van alle vooraf gemagtigde amptelike kilometers per dag gery.  Die logstate moet daagliks as korrek gesertifiseer word,  deur die departementshoof.   Die gemiddelde amptelike kilometers per maand gery,  gedeurende die drie maande, sal dan die getal kilometers wees waarop die verbruiker maandeliks gesubsideer word.      Wanneer n verbruiker se gesubsideerde kilometers per maand meer is as 1166 per maand sal n spesiale tarief per kilometer bereken word volgens die AA tabelle, aangesien die kapitaaltarief dan afwaarts wysig.

 

6.4       Vir eis berekenings word,   kilometers wat afgelê is buite die regsgebied van die munisipaliteit en waarvoor daar  reis- en verblyfkoste uitbetaal word, nie in berekening gebring nie.

6.5       Die AA kilometer tarief sal een maal jaarliks op 1 Julie aangepas word, en sal dan van toepassing wees tot die volgende aanpassing.  n Kilometertarief mag dus op of afwaarts aangepas word, afhangende die nasionale markstoestande.

 

 

7.      BESKIKBAARHEID VAN VOERTUIG:

 

‘n Deelnemer aan die skema is daartoe verbind om sy eie voertuig (of ‘n gehuurde voertuig wanneer sy voertuig buite werking is) beskikbaar te stel vir

 

-4-

 

dienslewering aan Nama Khoi Munisipaliteit volgens die vereistes van sy pos,  wat beteken dat ‘n doelmatige voertuig aangeskaf moet word.

 

Die deelnemer erken en verstaan dat geen munisipale voertuig aan hom beskikbaar gestel gaan word nie,  behalwe indien hy n vragmotor of

diensvoertuig moet bestuur by die afwesigheid van n drywer,  en om die werk te laat voorgaan

 

Indien die deelnemer se voertuig  onklaar word  of vir een of ander rede nie beskikbaar is nie, is dit die deelnemer se eie verantwoordelikheid om ‘n geskikte plaasvervangende  voertuig beskikbaar te stel.

 

Die beskikbaarstelling van ‘n alternatiewe voertuig sal vir die rekening van die deelnemer wees.  Ingesluit ‘n Raadsvoertuig, indien beskikbaar, bereken op dieselfde tarief wat deelnemer ontvang.

 

n Werknemer wat nie oor sy eie privaat voertuig beskik nie,  en nie in staat is om n voertuig uit eie of geleende fondse aan te koop nie,  kan nie gebruik maak van hierdie motorskema nie.

 

 

 

8.      SPESIALE VOORWAARDES:

 

8.1       Elke departementshoof sal aandui watter poste vereis dat die bekleer moet reis en du swat kwalifiseer vir deelname aan die skema,  

 

8.2       Die departementshoof sal ook aanbeveel watter sort voertuig ‘n    doelmatige voertuig vir ‘n pos gaan wees.   Bv. Indien die pos ‘n ligte afleweringsvoertuig vereis sal die deelnemer nie ‘n sedan motor kan aankoop of gebruik binne die skema nie. 

Geen nuwe voertuig mag in die skema ingebring word nie,  sonder die skriftelike toestemming van die bestuur nie. Die Menslike Hulpbronne afdeling sal n register  byhou van alle voetuie binne die skema.

 

8.3       Die deelnemer sal sorg dra dat sy/haar huurkooppaaiemente  indien enige stiptelik betaal word  en die voertuig behoorlik in stand gehou word.

 

8.4       Die deelnemer sal sorg dra dat die voertuig te alle tye verseker is.

 

8.5       Geen privaatvoertuie van amptenare insluitende gesubsidieërde voertuie sal in die munisipale werkswinkel toegelaat word en werknemers van die munisipaliteit sal nie aan sodanige voertuie enige werk verrig nie.

 

8.6       Indien tweerigting radio’s of enige noodbeheer toerusting aan die voertuig aangebring moet word sal dit die koste van die munisipaliteit wees en die

 

-5-

 

 

eiendom van die munisipaliteit bly.   Toerusting word dus oorgebou op nuwe voertuie.

 

8.7       Die deelnemer sal nie kan aanspraak maak op amptelike parkeerruimte op grond van sy deelname nie.

 

 

9.      PROSEDURE VIR DEELNAME:

 

Voornemende deelnemers moet ‘n aanbeveling en motivering van die betrokke departementshoof voorlê tesame met ‘n formele aansoek.

 

Die ooreenkoms vervat in Bylae A moet deur beide partye onderteken word en vorm deel van hierdie beleid. Dit sal op die deelnemer se persoonlike leer aangebring word (oorspronklike getekende vorm)

 

 

10.    TOEPASSINGSBESTEK

 

Die beleid gaan van toepassing wees vir die totale regsgebied van Nama Khoi Munisipaliteit.

 

 

11.     ALGEMEEN

 

Die beleid en ooreenkoms vestig ‘n verbintenis tussen die partye en ontbinding daarvan is onderhewig aan drie maande wedersydse kennisgewing.

 

In geval van bedanking uit diens van die raad sal die ooreenkoms onmiddellik ten einde loop.

 

Enige bepalende voorskrif van die Suid Afrikaanse Plaaslike Regerings Bedingingsraad sal verdere gronde vir ontbinding vestig, maar dan soos ooreengekom tussen die raad en verbruikers van die skama.

 

Alle huidige deelnemers sal op die nuwe beleid oorgaan met onmiddellike effek, en sal ook verged word op die nuwe tarief soos bepaal op 1 Julie 2009.

 

 

Hierdie beleid is van toepassing vanaf 1 Julie 2009 op alle verbruikers van die huidige essensiele skema van die raad,  ongeag die datum van aanvaarding deur die Raad.