|
NAMA KHOI PLAASLIKE MUNISIPALITEIT KONSEP EIENDOMSBELASTING BELEID |
|
|
|
JANUARIE 2009 |
INHOUD
Bladsy
6. BEGINSELS VAN TOEPASSING OP DIE FINANSIERING
VAN DIENSTE
11. VRYSTELLINGS EN ONTOELAATBARE BELASTING
16. SPESIALE BELASBARE GEBIEDE
18. DEELNAME DEUR DIE GEMEENSKAP
NAMA KHOI PLAASLIKE MUNISIPALITEIT
EIENDOMSBELASTINGBELEID
1.1 Hierdie beleid word
gemagtig deur Artikel 3 van die Plaaslike Regering: Wet op Munisipale
Eiendomsbelasting, 2004 (Wet 6 van 2004), wat spesifiek bepaal dat ‘n
munisipaliteit ‘n Eiendomsbeleid moet aanvaar.
1.2 In
terme van Artikel 229 van die Konstitusie van die Republiek van Suid Afrika,
1996 (Wet 108 van 1996) mag ‘n Munisipaliteit eiendomsbelasting hef.
1.3 ‘n
Munisipaliteit, in terme van die Plaaslike Regering: Wet Munisipale
Eiendomsbelasting, 2004 (Wet 6 van 2004), kragtens-
a. Artikel 2(1), mag belasting op ‘n
eiendom in sy gebied hef; en
b. Artikel 2(3), moet die mag om
eiendomsbelasting te hef, uitoefen onderworpe aan:-
i. Artikel
229 en enige ander toepaslike bepalings van die Konstitusie;
ii. die
bepalings van die Eindomsbelasting Wet en enige regulasies afgekondig in terme
daarvan; en
iii. die belastingbeleid.
1.4 In
terme van Artikel 4 (1) (c) van die Plaaslike Regering: Wet op Munisipale
Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000), het die munisipaliteit die reg om die sake
van die munisipaliteit te finansier deur inter alia belasting op eiendomme te
hef.
1.5 In
terme van Artikel 62(1)(f)(ii) van die Plaaslike Regering: Munisipale
Finansiële Bestuurs Wet, 2003 (Wet 56 van 2003) moet die munisipale bestuurder
toesien dat die munisipaliteit ‘n eiendomsbelastingsbeleid het en dat dit
geïmplimenteer word.
1.6 Hierdie
beleid moet saam gelees word met die Plaaslike Regering: Wet op Munisipale
Eiendomsbelasting, 2004 (Wet 6 van 2004) en is onderworpe aan die stipulasies
van die Plaaslike Regering: Wet op Munisipale Eiendomsbelasting en enige
regulasies wat in terme daarvan afgekondig word.
2.1 “Wet” beteken die Plaaslike Regering:
Wet op Munisipale Eiendomsbelasting, 2004 (Wet 6 van 2004);
2.2 “Definisies, woorde en uitdrukkings” soos gebruik in die Wet is van
toepassing op die beleidsdokument waar dit ook al gebruik word.;
2.3 “Munisipaliteit”
beteken die munisipaliteit van Nama Khoi
2.4 “Nuwe
belasbare eiendom” beteken enige belasbare eiendom waarop eiendomsbelasting
nie gehef is voor die einde van die finansiële jaar wat die datum waarop hierdie
Wet geimplimenteer is voorafgaan, uitgesluit:-
‘n eiendom wat nie belas is voor die genoemde datum omdat dit
verkeerdelik weggelaat is uit die waardasierol; en
‘n
eiendom deur die Minister geïdentifiseer in ‘n kennisgewing in die Staatskoerant
waar die infasering van ‘n tarief nie geregverdig is nie.
2.5 “Privaat
dorpe deur die eienaar gediens” beteken enkel eiendomme in ‘n area geleë
wat nie gewoonlik deur die munisipaliteit gediens word nie, verdeel deur
onderverdeling of dorpstigting in (tien of meer) vol titel erwe en/ of
deeltitels en waar alle dienste insluitende water, elektrisiteit, riool en
vullisverwydering en die ontwikkeling van paaie geïnstalleer is op volle koste
van die ontwikkelaar en gelewer en onderhou word deur die inwoners van die
landgoed.
2.6 “Residensiële
eiendom” beteken verbeterde eiendom wat:
(a) oorheersend
vir residensiële doeleindes gebruik word, insluitende enige aangrensende
eiendom geregistreer in die naam van dieselfde eienaar en gebruik saam met die
residensiële eiendom asof dit een eiendom is. Enige
so groepering sal vir die doel van belasting kortings of waardasie vermindering
as een residensiële eiendom geag word.
(b) ‘n eenheid is wat geregistreer is, in terme
van die Deeltitel Wet en hoofsaaklik vir residensiële doeleindes, aangewend
word.
(c) besit word deur ‘n aandeleblokmaatskappy en
hoofsaaklik vir residensiële doeleindes gebruik word.
(d) ‘n
wooneenheid is wat vir residensiële doeleindes gebruik word, op ‘n eiendom wat
aangewend word vir opvoedkundige doeleindes.
Eiendom wat vakant is, ongeag die sonering of
voorgenome gebruik daarvan, is spesifiek uitgesluit van hierdie
eiendomskategorie.
2.7 ”Gestremde persone” beteken parapleeg,
kwadropleeg, gesig- en
Gehoorgestremde persone
3.1 Belasting
word in ooreenstemming met die Wet as ‘n bedrag in die rand gebaseer op die
markwaarde van alle belasbare eiendom wat opgeneem is in die munisipaliteit se
waardasierol en aanvullende waardasierol.
3.2 Die munisipaliteit tref in ooreenstemming
met die Wet onderskeid tussen die verskillende eiendoms kategorieë en
kategorieë vir eienaars van eiendom, soos vervat in Artikels 7 en 8 van hierdie
beleid. Verligting van belasting word aan sekere eiendoms kategorieë en
kategorieë vir eienaars van eiendom toegestaan, soos vervat in Artikels 11 tot
13 van hierdie beleid. Die munisipaliteit staan egter nie enige verligting ten
opsigte van enige betalings van belasting aan enige kategorie van eiendom, of
eienaars van eiendom op ‘n individuele basis toe nie.
3.3 Geen infasering van belasting sal op die
nuwe waardasierol toegepas word, behalwe soos voorgeskryf deur wetgewing en
ooreenkomstig artikel 16 van hierdie beleid.
3.4 Die eiendomsbelastingbeleid van die
munisipaliteit word in
terme van Artikel 3(3) van die Wet op die volgende beginsels gebaseer:
(a) Billikheid
Die munisipaliteit sal alle belastingbetalers
met soortgelyke eiendomme dieselfde hanteer.
(b) Bekostigbaarheid
‘n Persoon se vermoëns om belasting te betaal
sal in aanmerking geneem word deur die munisipaliteit. Wanneer daar met die
hulpbehoewendes gedeel word, sal die munisipaliteit maatreëls vir verligting
deur vrystellings, verminderings en kortings voorsien.
(c) Volhoubaarheid
Waardasie van ‘n eiendom
sal op so ‘n wyse geïmplimenteer word dat:
i. dit ‘n volhoubare plaaslike regering
verseker deur ‘n stabiele en toenemende inkomste bron te voorsien binne die
diskresionêre beheer van die munisipaliteit; en
ii. dit plaaslike, sosio ekonomiese
ontwikkeling ondersteun.
(d) Koste
doeltreffendheid
Eiendomsbelasting sal op die waarde van alle
belasbare eiendom gebaseer word en sal gebruik word om gemeenskaps en
gesubsideerde dienste te befonds nadat surplusse op handelsdienste (water,
elektrisiteit) en ekonomiese dienste (vullisverwydering, riool) in berekening
gebring is asook die bedrae benodig om kwytskeldings, kortings en verminderings
en die infasering van belasting te finansier, soos goedgekeur deur die
munisipaliteit van tyd tot tyd.
4.1 Die vasstelling (of hersiening) van die
jaarlikse eiendomsbelasting word deur hierdie beleidsdokument bestuur. Geen
spesifieke eiendomsbelasting voorstelle word gemaak nie. Besonderhede met
betrekking tot die toepassing van die verskillende eiendomsbelasting jaarliks, word
in die Provinsiale Koerant en die munisipaliteit se tariewe skedule gepubliseer
en moet in samewerking met die beleid gelees word.
5.1 Na die heffing van die bedrag in die
rand, vir elke komponent van die jaarlikse bedryfsbegroting, sal die
munisipaliteit vrystellings, kortings of verminderings toestaan aan die
eiendomskategoriëe en die eienaarskategoriëe, soos in die beleid bepaal.
6.1 Onderhewig
aan die riglyne voorsien deur Nasionale Tesourie en die Uitvoerende Komitee van
die munisipaliteit, moet die Munisipale Bestuurder of sy/haar benoemde
voorsiening maak, vir die klassifikasie van die volgende dienste:-
(a) Handelsdienste
i. Water
ii. Elektrisiteit
(b) Ekonomiese dienste
i. Vullisverwydering
ii. Riool
(c) Gemeenskaps- en gesubsidieerde dienste
(sluit in al die basiese dienste deur die munisipaliteit wat in die gewone loop
van sake verskaf word, uitsluitend die wat in Artikel 6.1 (a) en (b) genoem
word).
6.2 Handels-
en ekonomiese dienste soos verwys na in sub artikels (a) en (b) moet
gesamentlik gefinansier word deur dienste heffings, terwyl gemeenskaps- en
gesubsidieerde dienste soos verwys na in sub artikel (c) gefinansier word deur
surplusse van handels- en ekonomiese dienste, regulerende gelde, belasting en
belastingverwante inkomste.
7.1 Verskillende belastings mag op verskillende kategorieë van
belasbare eiendomme gehef word en sodanige belastings sal op ‘n jaarlikse basis
gedurende die opstel van die jaarlikse begroting bepaal word -
(neem kennis dat kategorieë eers gefinaliseer word na die voltooiing van die
waardasierol).
7.1.1
Residensiële eiendom;
7.1.2
Industriële eiendom;
7.1.3
Besigheidseiendomme;
7.1.4
Plaaseiendom
(insluitend kleinhoewes) wat gebruik word vir:-
§
Landbou doeleindes;
o
Besproeiings doeleindes
o
Veeboerdery doeleindes
§
Kommersiële doeleindes;
§
Industriële doeleindes;
§
Ontspanning doeleindes
soos sport en of oorde of wildsplase;
§
Residensiële
doeleindes
§
Myn doeleindes;
§
‘n
Kombinasie van die bogenoemde kategoriëe;
7.1.5
Plaaseiendomme
wat nie vir enige doel aangewend word nie;
7.1.6
Staatseiendom;
7.1.7
Munisipale eiendom;
7.1.8
Openbare
dienste infrastruktuur soos verwys na in die Wet;
7.1.9
Privaat
dorpe deur die eienaar gediens;
7.1.10
Gemeenskapseiendom
soos gedefinieer in Artikel 1 van die Wet op Gemeenskapsgrond Regte, 2004;
7.1.11 Eiendomme-
§
verkry deur middel van
die Wet op Voorsiening van Grond en Bystand,1993 (Wet no 126 van 1993), of die
Wet op die Restitusie van Grondregte,1994 (Wet no 22 van 1994); of
§
Eiendomme
onderworpe aan die Wet op Gemeenskap Eiendomsassosiasie, 1996 (Wet no 28 van
1996);
7.1.12
Eiendom wat behoort aan ‘n Welsynsorganisasie;
7.1.13 Eiendomme
wat meerdoelig gebruik word;
7.1.14 Privaat
ontwikkelde landgoedere.
7.2 Die
volgende kriteria of ‘n kombinasie daarvan sal in ag geneem word wanneer ‘n
kategorie van ‘n eiendom soos verwys na in 7.1 bepaal word:-
§
Die
formele sonering van die eiendom;
§
Dorpstigting
goedkeurings;
§
Die
gebruik van die eiendom;
§
Die
toegelate gebruik van die eiendom; en
§
Die geografiese gebied
waarin die eiendom geleë is.
7.3 Om
sekerheid en konsekwentheid te verseker moet die kriteria soos genoem in 7.2
hierbo, toegepas word soos in die geprioritiseerde volgorde hieronder, sonder
dat enige afwyking toegelaat sal word:-
7.3.1 Eiendomme sal heel eerste volgens die
formele sonering gekategoriseer word. Stadsbeplanningskemas en
dorpstigtingskemas en regulasies mag gebruik word om die formele sonerings van
eiendomme vas te stel.
7.3.2
Wanneer die status
of sonering van ‘n eiendom vir een of ander rede nie vasgestel kan word in
terme van 7.3.1 nie, sal die werklike gebruik daarvan dan bepaal word om
sodoende ‘n toepaslike kategorie vir so eiendom vas te stel.
Alle relevante inligting, insluitend
omstandigheidsgetuienis, mag in ag geneem word in ‘n poging om vas te stel vir
watter doel die eiendom gebruik word. Om die nodige inligting te bekom kan ‘n fisiese inspeksie van die
eiendom gedoen word.
7.3.3 Die geografiese gebied waarin die eiendom
geleë is, mag gebruik word in die kategorisering van ‘n eiendom wanneer die
voorskrifte van 7.3.1 nie toegepas kan word nie. Die geografiese
gebied mag egter nie in isolasie aangewend word nie.
7.4 Meerdoelige eiendom sal gekategoriseer en
gehef word ooreenkomstig artikel 9 van die Wet en soos meer volledig beskryf in
artikel 9 van hierdie beleidsdokument.
8.1 Vir doeleindes van die toekenning van
vrystellings, kortings of verminderings in terme van artikels 11, 12 and 13 van
hierdie beleid onderskeidelik, word die volgende eienaarskategorieë van eiendom
bepaal:-
(a) Die
eienaars wat kwalifiseer en geregistreerde hulpbehoewendes is in terme van die munisipaliteit
se beleid vir hulpbehoewendes;
(b) Die
eienaars wat nie kwalifiseer as hulpbehoewendes in terme van die munisipaliteit se beleid
vir hulpbehoewendes, maar wie se totale maandelikse inkomste minder is as die
bedrag wat in die jaarliks begroting deur die munisipaliteit vasgestel is;
(c) Eienaars van
eiendom wat geleë is in gebiede wat geraak word deur:-
i. ‘n ramp ooreenkomstig
die betekenis soos beskryf deur die Wet op Rampbestuur, 2002 (Wet no 57 van
2002); of
ii. enige
ander ernstige ongunstige sosio ekonomiese toestande.
(d) Eienaars
van residensiële eiendomme met ‘n markwaarde minder as die bedrag wat jaarliks
in die begroting van die munisipaliteit bepaal word;
(e) Eienaars
van landbou eiendomme soos verwys na in artikel 13.1(b) van hierdie beleid; en
(f) Huishoudings
waar minderjariges wat die eienaar se kind of ‘n kind is wat ‘n familielid van
die eienaar is en wat verantwoordelik is om na die ouers en kinders van die
huishouding om te sien.
9.1 Belasting op
eiendom wat vir meer as een doel aangewend word, word soos volg gehef:-
(a) In
ooreenstemming met die “toelaatbare gebruik van die eiendom”.
(b) In ooreenstemming
met die “dominerende gebruik van die eiendom” as (a) nie toegepas
(c) In ooreenstemming
met “verskillende gebruike” deur die toedeling van die markwaarde van ‘n
eiendomskategorie tot die verskillende doeleindes waarvoor die eiendom gebruik
word as beide (a) en (b) nie toegepas
10.1 Kriteria vir differensiële belasting
op verskillende kategorieë eiendom ingevolge artikel 8(1) van die Wet is in
ooreenstemming met –
(a) Die aard van
die eiendom insluitende die sensitiwiteit daarvan tot waardasies, bv. landbou
eiendomme wat vir landboudoeleindes gebruik word.
(b) Die bevordering van sosio ekonomiese ontwikkeling
binne die munisipaliteit.
10.2 Differensiële belasting tussen die
verskillende kategorieë eiendom
word gedoen deur ‘n verskillende sent bedrag in die rand vir elke
eiendomskategorie vas te stel; en
10.3 deur middel van verminderings en kortings soos
in hierdie beleidsdokument bepaal.
11.1 Die volgende eiendomskategorieë is vrygestel van die betaling
van eiendomsbelasting:-
(a) Munisipale
eiendom
Munisipale eiendom, behalwe by die verhuring
daarvan, is vrygestel van die betaling van eiendomsbelasting aangesien dit die
belastinglas of dienste heffings op eienaars van eiendom of verbruikers sal
vergroot. In geval van verhuurde eiendom is die huurder aanspreeklik vir die
betaling van eiendomsbelasting soos per vasgestelde tarief.
(b) Residensiële eiendom
Residensiële eiendom met ‘n markwaarde minder
as die bedrag wat jaarliks deur die munisipaliteit vasgestel word, is vrygestel
van die betaling van eiendomsbelasting.
Die uitgeslote belasting soos beoog in terme van artikel 17(1) (h) van
die Wet is ingesluit in die bedrag soos hierbo na verwys soos jaarliks deur die
munisipaliteit vasgestel. Die doel
hiervan is hoofsaaklik daarop gerig om armoede te bekamp en maak ‘n belangrike
deel uit van die munisipaliteit se beleid vir hulpbehoewendes.
(c) Openbare dienste infrastruktuur
Is
vrygestel van die betaling van belasting aangesien dit noodsaaklike dienste aan
die gemeenskap verskaf.
(d) Openbare Welsyns organisasies
Die volgende Openbare Welsyns organisasies mag aansoek
doen om vrystelling van eiendomsbelasting onderworpe daaraan dat ‘n belasting
vrystellingsertifikaat soos uitgereik deur die Suid Afrikaanse
Inkomstebelastingdiens (SAID), soos bepaal volgens Gedeelte 1 van Skedule 9 van
die Wet op Inkomstebelasting, 1962 (Wet 58 van 1962), voorgelê word:-
(e) Welsynsorganisasies
Eiendom uitsluitlik
vir die gebruik van ouetehuise en huise vir gestremdes.
(f) Kleuterskole
Alle
kleuterskole binne die regsgebied van die Munisipaliteit word
(g) Huishoudings waar
minderjariges aan die hoof staan
i. Huishoudings waar minderjariges aan
die hoof staan is word vrygestel van die betaling van belasting ooreenkomstig
die huishouding se maandelikse inkomste. Om te kwalifiseer vir die vrystelling
moet die hoof van die familie :-
a. die
eiendom bewoon as sy/haar normale woning;
b. nie
ouer as 18 jaar wees nie;
c. steeds
‘n skolier of werkloos wees; en
d. in
besit wees van ‘n totale maandelikse inkomste vanuit alle bronne, wat nie meer
is as die bedrag wat jaarliks deur die munisipaliteit vasgestel word tydens die
begroting;
ii. Die
hoof van die familie moet op ‘n voorgeskrewe vorm vir vrystelling , soos deur
die munisipaliteit vasgestel aansoek doen en moet deur die vrygestel van
belasting
(h) Kerke,
Pastorie waarin ampsdraer woon, begraafplase en krematoriums
waar dit
die eiendom van die kerke is
11.2 Vrystellings
is onderworpe aan die volgende voorwaardes:
(a) Vrystellings
in (a) tot (c) moet outomaties van toepassing wees en geen aansoek word deur
die munisipaliteit vereis nie;
(b) Alle
aansoeke in (d) moet skriftelik wees en aan die munisipaliteit gerig word;
(c) SAID-belastingvrystellingsertifikaat
moet by alle aansoeke aangeheg wees;
(d) Alle
aansoeke moet deur die munisipale bestuurder of sy/haar benoemde goedgekeur
word;
(e) Aansoeke
moet die munisipaliteit nie later as 31 Mei van die jaar voor die begin van die
nuwe munisipale finansiële jaar waarvoor daar om finansiële verligting aansoek
gedoen word, bereik; en
(f) Die munisipaliteit behou
die reg voor om aansoeke om vrystelling te weier indien die besonderhede wat op
die aansoekvorm verskyn onvolledig, verkeerd of onwaar is.
11.3
Ontoelaatbare belasting:
In terme van artikel 17(1) van die Wet op
Eiendomsbelasting, 2004, mag die munisipaliteit, inter alia nie belasting
hef:
(a)
Op daardie gedeeltes van ‘n spesiale natuurreservaat,
nasionale parke of natuurreservate soos vervat in die Wet op Nasionale
Omgewingsbestuur: Beskermde Gebiede, 2003 of van ‘n nasionale botaniese tuin
soos deur die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur : Biodiversiteit, 2004 omskryf,
wat nie ontwikkel of gebruik word vir kommersiële, besigheid of residensiële
landbou doeleindes nie.
(b)
Op minerale regte soos omskryf
in paragraaf (b) van artikel 1 van die Wet se definisie van “eiendom”.
(c)
Op ‘n eiendom wat behoort aan ‘n
begunstigde van grond hervormings of sy of haar erfgename, op voorwaarde dat
die vrystelling verval 10 jaar nadat die begunstigde se titel geregistreer is
in die Akteregister4.
(d)
Op ‘n eiendom wat geregistreer is in die naam van en wat
hoofsaaklik gebruik word vir die beoefening van openbare godsdiens, insluitend
die offisiële woning geregistreer in die naam van die kerk wat bewoon word deur
die ampsdraer wat as dienswaarnemer van die kerk optree.
12.1 Vermindering
in die munisipale waardasie soos beoog in artikel 15(1)(b) van die Wet word toegestaan
op ‘n ad-hoc basis:-
12.1.1 Waar
gedeeltelike of totale verwoesting van eiendom plaasgevind het.
12.1.2 In geval van
rampe ooreenkomstig die betekenis soos in die Wet op Rampbestuur, 2002 (Wet no 57
van 2002).
12.2 Die
volgende voorwaardes sal van toepassing wees met betrekking tot 12.1:-
12.2.1 Eienaars
soos beskryf in 12.1.1 sal
skriftelik om vermindering van die belasting betaalbaar aansoek doen en die
onus rus op so aansoeker om tot die munisipaliteit se tevredenheid te bewys dat
sy/haar eiendom totaal of gedeeltelik verwoes is. Sy/hy sal ook moet aandui tot
watter mate die eiendom steeds gebruik kan word en die impak daarvan op die
waarde van die eiendom;
12.2.2 Eienaars sal alleenlik vir verminderings
kwalifiseer in terme van 12.1.2 indien sy/hy deur ‘n ramp soos vervat in die Wet op Rampbestuur,
2002 (Wet 57 van 2002) getref word;
12.2.3 In terme van
12.1.1 en 12.1.2 sal ‘n maksimum vermindering van 80% toegelaat word;
12.2.4 Die munisipaliteit sal
krediet toestaan aan ‘n eienaar wanneer belasting vooruit betaal is voordat die
vermindering toegestaan is, soos bepaal vanaf die datum waarop die vermindering
toegestaan is tot wanneer die vermindering wegval of die einde van die periode
waarvoor die betaling gemaak is, watter een ookal eerste is;
12.2.5 ‘n Ad-hoc
vermindering sal nie vir ‘n periode langer as ses (6) maande toegelaat word nie,
behalwe as die munisipaliteit ‘n verdere aansoek om
verlenging toestaan.
13.1. Kategorieë
van eiendom
Die volgende kategorieë van eienaars kwalifiseer vir
korting op belasting.
munisipaliteit geassisteer word met die
voltooiing van die vorm.
(b) Hulpbehoewende
eienaars
Die eienaars wat kwalifiseer en geregistreerde
hulpbehoewendes is in terme van die munisipaliteit se beleid vir
hulpbehoewendes.
(c) Aansoeke
moet vergesel word van:-
a. ‘n
gesertifiseerde afskrif van die identiteitsdokument of enige ander bewys van
die aansoeker se ouderdom wat aanvaarbaar is vir die munisipaliteit;
b. voldoende bewys van die totale
huishouding inkomste; en
c. ‘n verklaring van die aansoeker.
(d) Aansoeke
sal oorweeg word ooreenkomstig die bepalings van die
munisipaliteit se beleid oor kredietbeheer,
(e) Die
munisipaliteit behou die reg voor om aansoeke om vrystellings te weier indien
die besonderhede wat op die aansoekvorm verskyn onvolledig, verkeerd of onwaar
is.
(f) Alle staatseiendomme
‘n Standaard korting wat jaarliks deur die munisipaliteit hersien word
sal toegeken word aan alle staatseiendomme
(g) Privaat
dorpsontwikkelings gediens deur die eienaar
Die
munisipaliteit staan ‘n addisionele korting wat jaarliks bepaal word toe aan
privaat dorpsontwikkelings, soos gedefinieer in artikel 2.5 van hierdie beleid,
wat deur die eienaar gediens word, op voorwaarde dat ‘n aansoek tot
hierdie effek die munisipaliteit bereik voor die einde van Mei van die jaar
voor die begin van die nuwe munisipale finansiële jaar waarvoor daar om
finansiële verligting aansoek gedoen word.
(h) Korting op landbou eiendom
i.
‘n Standaard korting wat jaarliks
deur die munisipaliteit hersien word sal toegeken word aan landbou/plaas
eiendomme op voorwaarde dat die plaaseienaar belas word deur SAID as ‘n boer en
dat bewys daarvan in die vorm van die laaste belastingaanslag ingedien word. Indien geen belastingaanslag voorsien kan word nie,
word bewys verlang dat inkomste van landbou aktiwiteite 40% oorskry van die
inkomste van die huishouding. Vir die doeleindes van die jaar van
inwerkingtreding van hierdie beleid sal die standaard korting vasgestel word op
50%.
ii. Addisionele
kortings, soos jaarliks deur die munisipaliteit hersien, sal toegeken word met
betrekking tot die volgende:-
a. Vir die voorsiening van akkomodasie in
‘n permanente struktuur aan voltydse plaaswerkers en hulle afhanklikes of
families. Vir die doeleindes van die jaar van inwerkingtreding van hierdie beleid
sal die addisionele korting vasgestel word op 10%.
b Indien sulke residensiële eiendomme
van drink water
voorsien is. Vir die doeleindes van die jaar van
inwerkingtreding van hierdie beleid sal die addisionele
korting vasgestel word op 10%.
c Indien
die residensiële eiendomme van die plaaswerkers geëlektrifiseer is. Vir die
doeleindes van die jaar van inwerkingtreding van hierdie beleid sal die addsionele
korting vasgestel word op 10%.
d Vir die voorsiening van grond vir
grafte, opvoedkundige en rekreasie doeleindes vir eie en werkers van nabygeleë
plase. Vir die doeleindes van die
jaar van inwerkingtreding van hierdie beleid sal die addsionele korting
vasgestel word op 5%.
iii. Die
toekenning van addisionele kortings is onderworpe aan:-
a. die
aflegging van ‘n verklaring teen 31 Mei van elke jaar, insluitend die
sertifikaat van die eienaar se ouditeur
wat aandui dat dienslewering en ontwikkelings verpligtinge van die
munisipaliteit en bydraes tot die sosio en ekonomiese welsyn van plaaswerkers
aan voldoen is;
b. ‘n
beraamde skatting deur die munisipale bestuurder of sy/ haar benoemde wat aandui dat die applikant
kwalifiseer.
(c) Dienssentrums
vir bejaardes
Doen
aansoek op voorgeskrewe vorm voor 31 Mei van van die jaar voor die begin van
die nuwe munisipale finansiële jaar waarvoor daar om finansiële verligting
aansoek gedoen word.
13.2 Kategoriëe van eienaars
(a) Kortings
vir Afgetrede en Gestremde persone
i. Afgetrede en gestremde persone
kwalifiseer vir spesiale kortings ooreenkomstig hulle maandelikse huishoudelike
inkomste. Om vir die korting te kwalifiseer moet die eienaar van die eiendom:-
a. die eiendom okkupeer as sy/haar normale
woonplek;
b. ten minste sestig (60) jaar oud of
gestremd wees en ‘n ongeskiktheid pensioen ontvang van die Departement Welsyn
en Bevolkingsontwikkeling;
c. se maandelikse inkomste bronne
(insluitend inkomste van die eienaar se eggenoot) nie ‘n bedrag soos jaarliks deur
die munisipaliteit vasgestel, oorskry nie;
d. nie die eienaar van meer as een eiendom
wees nie; en
e. met dien verstande dat waar die eienaar
nie in staat is om die eiendom te okkupeer vir ‘n rede wat nie aan die eienaar
toegeskryf kan word nie, kan die eggenoot of minderjarige kinders die okkupasie
vereiste bevredig.
ii. Eienaars van eiendom moet op die
voorgeskrewe aansoekvorm soos deur die munisipaliteit bepaal vir ‘n korting
aansoek doen.
iii. Aansoeke moet vergesel word van:-
a. ‘n
gesertifiseerde afskrif van die identiteitsdokument of enige ander bewys van
die aansoeker se ouderdom wat aanvaarbaar is vir die munisipaliteit;
b. voldoende bewys van die inkomste van
die eienaar en sy/haar eggenoot; en
c. ‘n verklaring van die eienaar.
d.
die bewys
van die ongeskiktheidspensioen wat deur die staat aan die eienaar betaal word
indien die eienaar ‘n gestremde persoon is; en
iv. Hierdie
aansoeke moet die munisipaliteit bereik voor die einde van Mei van die jaar
voor die begin van die nuwe munisipale finansiële jaar waarvoor daar om
finansiële verligting aansoek gedoen word.
v. Die
munisipaliteit behou die reg voor om aansoeke om vrystelling te weier indien
die besonderhede wat op die aansoekvorm verskyn onvolledig, verkeerd of onwaar
is.
13.3 Eiendomme
met ‘n markwaarde onder die voorgeskrewe waardasievlak van ‘n waarde wat
jaarliks deur die munisipaliteit bepaal word mag, instede van ‘n tarief
vasgestel op die markwaarde, belas word teen ‘n eenvormige vaste bedrag per
eiendom.
13.4 Die
omvang van die korting in terme van 13.1, 13.2 en 13.3 sal jaarliks deur die
munisipaliteit bepaal word en sal ingesluit word in die jaarlikse begroting.
14.1 Die Raad kan die betaling van belasting
vorder:-
(a) Op
‘n maandelikse basis of minder gereeld soos voorgeskryf in die Munisipale Finansies
Bestuurswet; of
(b) Jaarliks, soos ooreengekom met die
eienaar van die eiendom.
14.2 Indien belasting betaalbaar is:-
(a) In ‘n enkele bedrag jaarliks, moet dit
betaal word voor of op 30 September soos bepaal deur die munisipaliteit.
(b) In paaiemente, moet dit betaal word voor of op die 25ste van
elke maand soos bepaal deur die munisipaliteit.
14.3 Rente op agterstallige belasting, hetsy betaalbaar jaarliks of
in gelyke maandelikse paaiemente,
word bereken ooreenkomstig die bepalings van die munisipaliteit se beleid oor
kredietbeheer, skuldinvordering en hulpbehoewendheid.
14.4 Indien ‘n eienaar van eiendom wat ingevolge
hierdie beleid vir die betaling van eiendomsbelasting verantwoordelik is
versuim om sodanige belasting op die voorgeskrewe wyse te betaal, word dit van hom/haar verhaal in
ooreenstemming met die bepalings van die munisipaliteit se beleid oor
kredietbeheer, skuldinvordering en hulpbehoewendheid.
14.5 Agterstallige belasting word ingevolge artikel 28 en 29 van die Wet,
soos volg van huurders, okkupante en agente vir die eienaar verhaal:-
14.5.1 Indien ‘n bedrag, verskuldig vir
eiendomsbelasting, nie betaal is deur die eienaar op die vasgestelde dag soos
aangedui op die rekening en geen reaksie van die eienaar verkry word na
skriftelike aanmanings uitgereik is nie, sal die munisipaliteit die volle
bedrag of ‘n gedeelte daarvan verhaal:-
14.5.1.1 Van die agent
wat wetlik aanspreeklik is vir die invordering van kommissie
of huur op die betrokke eiendom;
14.5.1.2 Van die huurder of bewoner van die
eiendom, alleen wanneer ‘n poging aangewend is om dit van die agent verwys na
in 14.5.1.1 te vorder en so poging onsuksesvol was, of so agent nie bestaan nie
of alleenlik ‘n gedeelte van die uitstaande bedrag teruggekry kon word.
14.5.2 Die bedrag wat verhaal
14.5.3 Die kennisgewing verwys na in 14.5.2 sal die
betrokke party ten minste veertien (14) kalender dae gun om die uitstaande belasting
te betaal.
14.6 Waar die belasting op ‘n spesifieke eiendom
verkeerd bepaal is, hetsy weens ‘n fout of versuim aan die kant van die
munisipaliteit of vals inligting voorsien deur die eienaar van die betrokke
eiendom of ‘n oortreding van die toegelate gebruik waarvoor die betrokke
eiendom aangewend mag word, word die belasting betaalbaar toepaslik terugwerkend
aangepas vir die tydperk van die datum waarop die fout of versuim bespeur word,
tot die datum waarop die belasting aanvanklik gehef is ingevolge die huidige
waardasierol.
14.7 Indien die fout ontstaan het as gevolg van
vals inligting voorsien deur die eienaar van die eiendom of as gevolg van
oortreding van die toegelate gebruik waarvoor die betrokke eiendom aangewend mag word, word rente op die
onbetaalde gedeelte van die aangepaste belasting betaalbaar gehef teen die
maksimum rente toegelaat, ingevolge heersende wetgewing.
15.1 Die munisipaliteit sal elke persoon
verantwoordelik vir die betaling van belasting van ‘n geskrewe rekening
voorsien, wat die volgende sal spesifiseer:-
(i) die bedrag verskuldig vir belasting
betaalbaar;
(ii) die
datum voor of op wanneer die bedrag betaalbaar is;
(iii) hoe die bedrag vasgestel is;
(iv) die markwaarde van die eiendom; en
(v) vrystellings, verminderings en kortings
of die infassering van belasting, indien toepaslik.
15.2 ‘n Persoon verantwoordelik vir die betaling
van belasting bly verantwoordelik vir die betaling, selfs al het so persoon nie
‘n skriftelike rekening van die munisipaliteit ontvang nie. Navrae moet deur so
persoon, wat nie ‘n skriftelike rekening ontvang het nie, aan die
munisipaliteit gerig word.
15.3 In die geval van gesamentlike eienaarskap
sal die munisipaliteit, om kostes laag te hou en onnodige administrasie te
voorkom, deurlopend die belasting verhaal van een van die gesamentlike
eienaars, onderhewig daaraan dat dit met beide eienaars se toestemming geskied.
16.1
Die munisipaliteit kan, wanneer
dit nodig geag word, in oorleg met die relevante gemeenskappe soos bepaal in
artikel 22 van die Wet deur middel van ‘n Raadsbesluit ‘n spesiale belasbare
gebied, vasstel.
16.2 Wanneer
die vasstelling van ‘n spesiale heffing oorweeg word sal die volgende
aangeleenthede in oorlegpleging met die komittee, soos verwys na in artikel 16.3,
oorweeg word:-
16.2.1 Voorgestelde grense van die spesiale belasbare
gebied;
16.2.2 Statistieke van die betrokke gebied wat ‘n
volledige opsomming van die hoeveelhede erwe met die betrokke sonering en die
dienste wat gelewer word en besonderhede soos die kapasiteit, hoeveelheid leë
erwe en die dienste wat nie gelewer word nie;
16.2.3 Voorgestelde verbeterings wat duidelik die
geraamde kostes van elke individuele verbetering aandui;
16.2.4 Voorgestelde finansiering van die verbeteringe
of projekte;
16.2.5 Prioriteite van die projekte, indien meer as
een;
16.2.6 Faktore wat die betrokke gemeenskap se sosio
ekonomiese toestande raak;
16.2.7 Die verskillende eiendomskategorieë;
16.2.8 Die bedrag van die voorgestelde spesiale
heffing;
16.2.9 Besonderhede met betrekking tot die
implimentering van die spesiale heffing;
16.2.10 Addisionele inkomste wat deur die
spesiale heffing gegenereer sal word.
16.3 Die
munisipaliteit sal geadviseer word oor die voorgestelde heffing, soos verwys na
hierbo, deur ‘n komitee wat saamgestel word uit ses (6) lede, waarvan drie (3)
vroue is. Die komitee sal deur die inwoners van die betrokke gebied wat agtien
(18) jaar en ouer is, verkies word. Persone onder die ouderdom van agtien (18)
mag nie verkies word om op die komitee te dien nie. Die verkiesing van so komitee sal onder leiding van die Munisipale
Bestuurder geskied.
Die komitee sal oor geen besluitnemingsmagte
beskik nie en sal alleenlik in adviserende hoedanigheid optree.
16.4 Die vereiste toestemming van die betrokke
gemeenskap sal skriftelik verkry word of deur middel van ‘n formele stem proses
wat onder die voorsitterskap van die Munisipale Bestuurder sal geskied. ‘n
Meerderheidstem sal geag word 50% plus een van die huishoudings wat daardeur
geraak word.
Elke relevante
huishouding, dit is elkeen wat ‘n maandelikse rekening ontvang, sal oor een (1)
stem alleenlik beskik.
16.5 Die munisipaliteit sal, wanneer die
spesiale addisionele tariewe vasgestel word, onderskei tussen verskillende
kategorieë soos verwys na in artikel 7 van hierdie beleidsdokument.
16.6 Die addisionele tariewe wat gehef word, sal
aangewend word vir die verbetering of opgradering van die spesifieke gebied
alleenlik en vir geen ander doel nie.
16.7 Die munisipaliteit sal ‘n aparte rekening
en rekordhouding sisteem, wat voldoen aan AAMRP/AARP, daarstel vir die bepaalde
gebied en die betrokke huishoudings sal op ‘n jaarlikse basis op hoogte gehou
word met die vordering van projekte en die finansiële implikasies.
17.1 Die munisipaliteit sal elke vier (4) jaar
‘n nuwe waardasierol opstel, met die opsie om die geldigheid daarvan met die
goedkeuring van die Lid van die Uitvoerende Raad vir Plaaslike Regering en
Behuising te verleng tot vyf (5) jaar.
17.2 Aanvullende waardasies sal op ‘n
deurlopende basis gedoen word ten einde te verseker dat die waardasierol
onderhou word.
18.1 Voordat die munisipaliteit die
eiendomsbelastingbeleid aanvaar sal die Munisipale Bestuurder ‘n proses van
publieke deelname, soos voorgeskryf in hoofstuk 4 van die Munisipale
Stelselswet, volg en voldoen aan die volgende vereistes:
18.1.1 Die konsep eiendomsbelastingbeleid
aaneenlopend vir ‘n periode van dertig (30) dae by die munisipaliteit se
hoofkantoor, satelliet kantore en bibilioteke en op die webtuiste vertoon.
18.1.2 ‘n Kennisgewing in die media plaas waarin
vermeld word dat die konsep eiendomsbelasting beleid opgestel is vir
voorlegging aan die Raad en dat sodanige beleid beskikbaar is by die onderskeie
munisipale kantore en op die webtuiste vir publieke inspeksie.
18.1.3 Eienaars van eiendomme en belangstellende
persone kan ‘n kopie van die konsep beleid van die munisipale kantoor gedurende
kantoorure verkry, teen ‘n voorgeskrewe fooi per kopie.
Eienaars van eiendomme en belangstellende
persone word uitgenooi om geskrewe voorstelle of vertoë aan die munisipaliteit
te rig binne die voorgeskrewe periode in die kennisgewing.
18.1.4 Die Raad sal alle voorstelle en/ of vertoë
ontvang oorweeg tydens die finalisering van die eiendomsbelastingbeleid.
18.1.5 Kommentaar en/of vertoë ontvang, sal deur
die Raad in ag geneem word met die finalisering van die belastingbeleid.
19.1 ‘n Eiendomsregister, verdeel in Gedeeltes A
en B, ten opsigte van alle eiendomme in die munisipale regsgebied moet
saamgestel en onderhou word deur die munisipaliteit.
19.2 Gedeelte A van die register sal bestaan uit
die huidige waardasierol van die munisipaliteit en sal alle aanvullende waardasies,
soos van tyd tot tyd gedoen, insluit.
19.3 Gedeelte B van die register sal spesifiseer
watter eiendomme op die waardasierol of enige aanvullende waardasierol
onderworpe is aan:-
i. Vrystelling
van belasting in terme van artikel 15 van die Wet;
ii.
Vermindering of korting in terme
van artikel 15;
iii.
Infasering
van tariewe in terme van artikel 21; en
iv.
Uitsluitings soos verwys na in
artikel 17.
19.4 Die
register sal oop wees vir inspeksie deur die publiek gedurende kantoorure by
die hoofkantoor van die munisipaliteit of op die internet webtuiste van die
munisipaliteit.
19.5 Gedeelte
A van die register sal minstens jaarliks tydens die aanvullende waardasie
proses deur die munisipaliteit opgedateer word.
19.6 Gedeelte B van die register sal op ‘n
deurlopende basis opgedateer word.
20. VERORDENINGE
20.1 Verordeninge sal deur die munisipaliteit
afgekondig word om die implimentering van die Beleid op Eiendomsbelasting
teweeg te bring. Hierdie verordeninge mag onderskei tussen verskillende
eiendomskategorieë en verskillende kategorieë eienaars van eiendomme wat
verantwoordelik is vir die betaling van belasting.
21. HERSIENINGSPROSESSE
21.1 Die Eiendomsbelastingbeleid moet op ‘n
jaarlikse basis hersien word om te verseker dat dit voldoen aan die strategiese
doelstellings van die munisiplaiteit, soos vervat in die Geïntegreerde
Ontwikkelingsplan en ander toepaslike wetgewing.
22.1 Hierdie
beleid is goedgekeur deur die Munisipaliteit in terme van besluit ………….……..gedateer
………….…..en tree in werking op 1 Julie 2009.