NAMA KHOI MUNISIPALITEIT

 

INVORDERINGSBELEID

 

INLEIDING

 

Hierdie beleid tree in werking op 1 September 2005, en vervang die Raad se vorige Invorderingsbeid wat nie voorsiening gemaak het vir skuldafskrywings nie.

 

Enige uitstaande bedrae, ouer as 1 Augustus 2002, word nie in aanmerking geneem vir penalisering van dienste nie, d.w.s. vir die afsny van dienste nie.  Uitstaande bedrae vir dienste ouer as 1 Augustus 2002 waarvoor geen afbetalingsreëlings getref is nie, is onderhewig aan die normale geregtelike stappe ter invordering, op die onkoste van die verbruiker.  Nieteenstaande die feit dat hierdie bedrae nie in ag geneem mag word vir penalisering nie, behou die Raad die reg voor om dienste op te skort na gelang van die geval.

 

1.                  BESLUITE VAN DIE RAAD

 

1.1 Dat alle vorige Beleidsbesluite rakende die invordering van agterstallige debiteure, met die uitsluiting van bestaande ooreenkomste wat reeds onder die huidige beleid aanvaar is, in totaliteit herroep word en met ingang 1 Julie 2003 met die nuut voorgestelde beleid vervang word.

 

1.2 Dat daar ‘n duidelike onderskeid tussen Hulpbehoewende en vermoënde verbruikers getref word en dat die Kredietbeheer en Skuldinvorderingsbeleid op die vermoënde verbruikers van toepassing sal wees.  Dat die Hulpbehoewende verbruikers volgens die Hulpbehoewende Beleid van die Munisipaliteit behandel word.

 

1.3 Dat daardie Hulpbehoewende huishoudings wat versuim om op ‘n skriftelike versoek te reageer of aangedui het dat hulle nie bereid is om die beperkende voorwaardes te aanvaar nie, met onmiddellike effek as vermoënde verbruikers beskou sal word.

 

1.4 Dat ‘n subsidiebedrag, soos jaarliks deur die Raad tydens die opstel van die begroting bepaal, per Hulpbehoewende huishouding, per maand, met ingang 1 Julie van elke finansiële jaar toegeken sal word, indien die aansoeker kwalifiseer in lyn met die Raad se Hulpbehoewende Beleid.

 

1.5 Dat besighede ‘n verhoogde deposito betaal gelykstaande aan drie maande se gemiddelde verbruik.  Die verhoogde deposito sal jaarliks hersien word.

 

 

1.6 Dat daar in geval van vermoënde huishoudings waar die elektrisiteitstoevoer as gevolg van wanbetaling opgeskort word ‘n voorafbetaalde elektrisiteitsmeter onmiddelik geinstalleer word en dat die kostes vir die verbruiker se rekening sal wees.

 

 

 

1.7 Dat daar, soos voorgeskryf in Hoofstuk 9 van die Munisipale Stelsels Wet (Wet 32 van 2000) gepoog word om soveel as moontlik van die Munisipaliteit se dienste- en ander diverse rekeninge te konsolideer.

 

1.8 Dat rente op alle agterstallige rekeninge gehef sal word teen primakoers plus 1% soos bepaal in die Raad se Kredietbeheer Verordeninge.

 

1.9        Dat alle verbruikers skriftelik van die Raad se voorneme om die nuwe   Invorderingsbeleid te implimenteer in kennis gestel word en dat aan hulle eenmalig die geleentheid gebied word om binne hul finansiële vermoë reëlings vir afbetaling van die uitstaande bedrag te tref.  Die maandelikse afbetalingsbedrag soos in ‘n reëling vervat, kan van tyd tot tyd verander sou daar enige veranderinge in die verbruiker se omstandighede plaasvind.

 

1.10 Dat Wyksraadslede op ‘n maandelikse basis vir kennisname van verbruikers teen wie aksies geneem word, voorsien word.

 

1.11 Dat geen regsaksies teen verbruikers geneem sal word alvorens die Raad nie oor elke spesifieke geval besin het en ‘n besluit genem het dat regsaksies ingestel moet word nie.

 

1.12 Dat waar ‘n verbruiker sy/haar maandelikse rekening elektronies wil ontvang dit aan hulle op die manier voorsien kan word.

 

1.13 Dat indien tjeks deur die bank as “Verwys na trekker” teruggestuur sou word, die verbruiker se dienste beëindig word en dat ‘n kennisgewing by die perseel gelaat word waarin die verbruiker in kennis gestel word dat sy dienste gestaak is weens die feit dat die bank die tjek ter betaling van die rekening teruggestuur het en waarin die verbruiker in kennis gestel word dat die toevoer eers herstel sal word na betaling IN KONTANT van die volle uitstaande bedrag van die lopende rekening plus die nodige administrasiefooi en heraansluitingsfooi soos in die Raad se begroting vervat, sowel as enige addisionele fooie wat deur die bank gehef mag word.  Dat geen verdere tjeks van sodanige persoon aanvaar sal word nie.

 

1.14 Dat waar ‘n huishoudelike verbruiker se dienste weens wanbetaling gestaak is en daar ‘n sterfgeval in die betrokke huishouding sou voorkom, die verbruiker se dienste, sonder betaling van ‘n heraansluitingsfooi, aangeskakel sal word, na voorlegging van ‘n sterftesertifikaat aan die Wyksraadslid of die Kantoorhoof.  Die aansluiting sal geskied vanaf vyf dae voor die begrafnis tot die dag na die begrafnis.

 

1.15 Dat in enige verdienstelike gevalle, uitgesonderd sterfgevalle in die betrokke huishouding, die Munisipale Bestuurder of sy gedelegeerde, na voorlegging van bewyse en na konsultasie met die Wyksraadslid, die dienste na die vebruiker tydelik kan aanskakel sonder dat die heraansluitingsfooi betaal is.

 

 

2.                  MUNISIPALE DIENSTE

 

2.1 Die volgende Munisipale dienste word aan verbruikers gelewer:

 

2.1.1       Elektrisiteitsvoorsening (Konvernsioneel/Voorafbetaald)

2.1.2       Watervoorsiening (Konvensioneel/Voorafbetaald)

2.1.3       Vullisverwydering

2.1.4       Riooldienste

2.1.5       Suigtenkverwyderings

2.1.6       Nagvuilverwydering / Droëputstelsel

2.1.7       Diverse heffings

 

 

2.2 Betaling van Munisipale rekeninge:

 

2.2.1       Diensterekeninge word maandeliks gehef direk na die laaste betaaldag van elke maand.

 

2.2.2       Betaling van die betrokke rekening gelewer, moet voor of op die 25ste dag van die daaropvolgende maand betaal word.  Indien die 25ste oor ‘n naweek of ‘n openbare vakansiedag val, dan die eersvolgende werksdag daarna.

 

 

2.3 Uitstaande Munisipale rekeninge:

 

2.3.1       Indien die Munisipale rekening nie op datum voor die daaglikse afsluiting betaal is nie, sal die volgende stappe teen die verbruiker geneem word.  Die betaaldag van elke maand soos op rekening gespesifiseer.

 

2.3.2       Water- en/of elektrisiteit (konvensioneel) soos op rekening gespesifiseer sal afgesny word en kitskrag sal geblok word.  Indien ‘n verbruiker uitstaande skuld het op ‘n erf kan die verbruiker se water- en elektrisiteittoevoer op sy ander erf afgesny word.

 

2.3.3       Water- en/of elektrisitetstoevoer sal nie aangeskakel word alvorens die volle uitstaande bedrag nie vereffen is nie of die verbruiker nie ‘n skriftelike afbetalingsreëling het nie.

 

2.3.4       Bogenoemde aansluitings van dienste is onderworpe aan ‘n heraansluitingsfooi en is betaalbaar alvorens die dienste weer aangesluit sal word, met die uitsondering van die laer inkomste groep verbruiker wat ‘n dienste subsidie ontvang.

 

2.3.5       Geen afgesnyde dienste sal na-ure (d.w.s na 16h00) aangesluit word nie, behalwe waar dienste foutiewelik deur Nama Khoi Munisipaliteit afgesny is.

 

2.3.6       Enige verbruiker wie eie reg gebruik om meters wat toegemaak is self oop te maak, maak hom/haar skuldig aan vervolging, volgens Artikel 13(a) tot (g) van die Raad se afgekondigde Kredietbeheer Verordeninge.

 

2.3.7       Dat daar ‘n tweede rekening oopgemaak word en waarop die oorlewende op ‘n nuwe rekening begin.

 

 

2.4 Afbetalingsreëlings op agterstallige rekeninge wanneer ‘n verbruiker die bepalings van klousule 4 hieronder nie kan nakom nie.

 

v     Verbruikers wie nie sy/haar volle uitstaande Munisipale rekening kan vereffen nie of die bepalings onder klousule 4 hieronder kan nakom nie, kan ‘n afbetalingsreëling by sy/haar naaste dienspunt/betaalpunt soos volg tref:

 

2.4.1       5% van die totale agterstallige bedrag onmiddellik betaalbaar en die balans oor drie (3) maande.

 

2.4.2       Tweede reëling– 10% van die totale agterstallige bedrag onmiddellik betaalbaar en die balans oor ‘n verdere ses (6) maande.

                                                        

2.4.3       Die lopende rekening van die verbruiker moet in alle gevalle maandeliks op datum betaal word, bo en behalwe die afbetaling op agterstallige bedrae.

 

2.4.4       Water- en/of elektrisiteitstoevoer sal beëndig word totdat alle agterstallige gelde ten volle vereffen is.

 

2.4.5       Dat alvorens die rekening aan die prokureurs oorhandig word vir verdere stappe, moet die Invorderingsafdeling die aangeleentheid ondersoek en hanteer.

 

 

2.5 Alle nuwe verbruikers behalwe Hulpbehoewende gevalle wat ‘n diensteverbruikersooreenkoms met die Raad aangaan, moet ‘n dienstedeposit betaal, die bedrag soos van tyd tot tyd deur die Raad bepaal.  Geen dienste sal aangesluit word alvorens die volle depositobedrag nie betaal is nie.  

 

3.7 SUBSIDIE AAN DIE LAER-INKOMSTE GROEPE:

 

3.7.1                   Alle verbruikers wat skriftelike bewys lewer van ‘n bruto maandelikse inkomste kwalifiseer vir ‘n dienste subsidie, waar net die man se inkomste, kwalifiseer vir ‘n maandelikse dienstesubsidie in die volgende inkomste groepe, by voorlegging van ‘n subsidie aansoek, soos volg:  Vaste bates, Beleggings, roerende eiendomme (wat in kontak omgerek kan word). (Werkswinkel soos gehou op Vrydag, 19 Mei 2006)

 

 

INKOMSTE PER HUISHOUDING PER MAAND

MAANDELIKSE SUBSIDIE BEDRAG BETAALBAAR

R       0 – R1500

R 150.00

R 1501 – R2100

R   75.00

 

3.7.2                   Die uitbetaling van dienste subsidies is onderhewig aan staatsbefondsing en kan te eniger tyd deur die Raad opgeskort word of die subsidiebedrae gewysig word.

 

3.7.3                   Die afbetalingsooreenkoms vir Hulpbehoewende huishoudings is as volg:

 

Inkomste kategorie: R        0 - R2100.00 pm       -           R  50.00 p.m.

 

3.7.4                   Alle opgehoopte krediete wat op ‘n Hulpbehoewende verbruiker se rekening ontstaan mag aangewend word teen agterstallige gelde en huur.

 

3.7.5                   Hulpbehoewende gevalle se dienste word gratis aangesluit.

 

3.7.6                    

4.               UITSTELVERLENING – REëLINGS OM TE BETAAL OP AGTERSTALLIGE REKENINGE

 

v     Dat wat uitstelverlening soos in terme van die Raad se Kredietbeheer Verordeninge betref, die volgende sal geld:

 

TABEL(Werkswinkel soos gehou op Vrydag, 19 Mei 2006)

a.  Bruto huishoudelike inkomste  tussen R0 en R2100.00 p.m.

Kragtens die Raad se Hulpbehoewende Beleid

b.  Bruto huishoudelike inkomste tussen R2100.00 en R3500.00 p.m.

25% van die agterstallige gelde word onmiddellik betaal en die balans oor ‘n maksimum periode van 24 maande

c.  Bruto huishoudelike inkomste tussen R3501.00 en R5000.00 p.m.

40% van die agterstallige gelde word onmiddellik betaal en die balans oor ‘n maksimum periode van 24 maande

d.  Bruto huishoudelike inkomste bo R5001.00 p.m.

50% van die agterstallige gelde word onmiddellik betaal en die balans oor ‘n maksimum periode van 12 maande

e.  Besighede

GEEN afbetalingsreëling mag aan besighede toegestaan word nie, maar meriete gevalle sal oorweeg word deur die Speaker, Burgemeester, Munisipale Bestuurder en betrokke Wyksraadslid.

 

v     Die bruto huishoudelike inkomsteperke sal jaarliks aangepas word tydens die goedkeuring van die Raad se begroting.

 

VOORWAARDES VIR DIE TOEGEWINGS ONDER PUNT 4

 

  1. Die verbruiker moet ‘n pro-forma vorm voltooi en onderteken, ten einde sy/haar inkomste en uitgawe asook die maandelikse bedrag betaalbaar op die agterstalliges te bepaal.

 

  1. Uitstel word verleen op voorwaarde dat die verbruiker ‘n afbetalingsooreenkoms onderteken.

 

  1. Die Munisipale Bestuurder of sy gedelegeerde of die Wyksraadslid mag in uitsonderlike gevalle sy/haar diskresie gebruik om die onmiddellike betaalbare bedrae te wysig, op voorwaarde dat die verbruiker ‘n afbetalingsooreenkoms geteken het met die voorraadplegging met die Munisipale Bestuurder of Dienspunt hoof deur middel van bewysende dokumente. (Werkswinkel soos gehou op Vrydag, 19 Mei 2006)

 

  1. ‘n Verbruiker wat, sonder om die Munisipale Bestuurder of sy/haar gedelegeerde of die Wyksraadslid in kennis te stel, nalaat om aan bogemelde ooreenkomste te voldoen, is outomaties uitgesluit van die reg om vir verdere uitstelverlenings oorweeg te word.  Die Munisipale Bestuurder of sy/haar gedelegeerde is nie verplig om die verbruiker van die versuim in kennis te stel nie en die Kredietbeheerproses volg outomaties en die gefasseerde afsnyproses ten opsigte van alle dienste neem outomaties ‘n aanvang.

 

  1. Die Munisipale Bestuurdeer of sy gedelegeerde kan, indien die debiteur, nadat sy dienste weer aangesluit is, weer om ‘n ooreenkoms aansoek doen, die versoek oorweeg.  As die dienste egter afgesny of beperk is, sal sodanige ooreenkomste die voortsetting van die diens uitsluit, totdat die volle betaling deur die Munisipaliteit ontvang is.

 

  1. Die ooreenkomste sal outomaties die voorwaarde insluit dat alle toekomstige maandelikse rekeninge op die vereiste betaaldatum betaal sal word.

 

  1. Die verbruiker moet aan die Munisipalitiet geseritifiseerde bewyse van inkomste en Identiteitsdokumente voorsien.

 

  1. Rente op die agterstallige bedrae sal gehef word teen ‘n koers van prima plus 1% en sal maandeliks gekapitaliseer word.

 

  1. Indien die voorwaardes, soos ooreengekom, nie stiptelik nagekom word nie, sal die normale Kredietbeheerprosedures geimplementeer word.

 

  1. Wanneer ‘n verbruiker om verdere uitstel of ooreenkoms aansoek doen sal die dienste afgesny bly totdat die finale betaling ontvang is.

 

  1. Alle toekomstige lopende rekenings moet betaal word op die vasgestelde betaaldag.

 

  1. Indien ‘n verbruiker nie die voorwaardes van die ooreenkoms vir uitstelverlening nakom nie, sal die totale verskuldigde bedrag, insluitende rente en kostes, sonder enige verdere kennisgewing aan die debiteur, onmiddellik betaalbaar wees.  Die agterstallige verbruiker se naam sal aan die Nasionale Krediet Buro oorhandig word.

 

  1. Indien ‘n persoon geplaas word, of alreeds onder Administrasiebevel geplaas is in terme van die Wet op Landdroshowe, Wet 32 van 1944, dan sal voorafbetaalde elektrisiteits- en watermeters geinstalleer word.

 

 

5.               AANSLUITING EN VOORTSETTING VAN DIENSTE

 

5.1             NUWE DIENSAANSLUITING

 

v     Aansluitings en voorsiening van nuwe dienste kan slegs geskied nadat alle heffings ten opsigte van deposito’s / aansluitingsgelde ten volle betaal is, onderworpe daaraan dat die verbruiker geen ander skuld by die Raad het nie.

 

 

5.2                         VOORSETTING VAN AFGESNYDE DIENSTE

 

Indien die verbruiker:

 

(a)               die volle uitstaande bedrag betaal het, OF

 

(b)               ‘n ooreenkoms, soos bepaal in klousule 4 hierbo, met die Munisipaliteit aangegaan het om die agterstallige bedrag af te betaal, sal dienste voorgesit word.

 

 

5.3                         ONGEMAGTIGDE VERBRUIK, PEUTERING MET METERS, SKADES EN STRAWWE

 

(i)                 Ongemagtigde verbruik, –aansluitings of –heraansluitings, peutering met meters, toerusting of retikulasie, bedrieglike aktiwiteite met betrekking tot die voorsiening van dienste is ‘n misdryf.

 

(ii)               Waar enige gedrag, in paragraaf 5.3(i) hierbo beskryf opgemerk word, moet die voorsiening van dienste na die verbruiker onmiddellik gestaak word.  Die verbruiker is vir alle heffings ten opsigte van vermoedelike of berekende verbruik op ‘n basis bepaal in die Raad se Verordeninge, asook vir voorafberekende boetes, verantwoordelik, en sodanige boetes sal bykomend wees tot die boetes deur ‘n Hof opgelê, ingevolge Artikel 13 van die Raad se Kredietbeheer Verordeninge.

 

(iii)             Waar persone water of elektrisiteit aan ander verbruikers verkoop sal daar streng teen hulle opgetree word, aangesien dit teen die bepalings van die Wet is om water of elektrisiteit onderling te verkoop en sal die water of elektrisiteitstoevoer onmiddellik opgeskort word.

 

 

6.               AFSNY PROSEDURE

 

6.1             ELEKTRISITEIT

 

v     Indien die bedag betaalbaar vir elektrisiteit nie teen die betaaldag betaal is nie, sal die elektrisiteitsvoorsiening beëindig word deur:

 

(a) Die verwydering van die hoofsmeltdraad of enige soortgelyke aksie.

(b) Die stroombreker af te skakel en te seël.

(c)  Verwydering van die meettoerusting, stroombreker en elektriese bedrading.

(d) Die verwydering van ondergrondse elektriese kabels of oorhoofse geleiers.

(e) Blok van voorafbetaalde elektrisiteit

 

v     In alle omstandighede sal ‘n skrywe, waarin verdere vergeldende aksies wat sal volg verduidelik word, by die perseel gelaat word.

 

 

6.1.1                   VOORWAARDES VIR DIENSVOORTSETTING

 

v     Die Raad behou die reg voor om:

 

6.1.1.1            Die volle betaling van die rekening of ooreenkoms kragtens paragraaf 4 hierbo te eis.

 

6.1.1.2            Op ‘n verhoogde deposito en heraansluitingsfooie, soos van tyd tot tyde deur die Raad vasgestel    goedgekeur, aan te dring voordat die krag heraangesluit word.  In geval van voortgesette versuim, mag die Raad die installering van ‘n voorafbetaalde meter aanbeveel en dubbel die voorafbetaalde tarief hef waarvan 50% van sodanige heffing teen die agterstallige bedrag gekrediteer sal word.

 

6.1.1.3            Onmiddellik na die afsluitingsdatum, indien geen reaksie van die verbruiker ontvang is nie, opvolg aksies uit te voer insluitend om onwettige heraansluitings te monitor.

 

6.1.1.4            Sou die posisie na die opvolgaksie onveranderd gevind word, word ‘n finale aanmaning per pos aan die verbruiker gestuur waarin hy/sy 7 (sewe) werksdae gegun word om die volle bedrag te betaal.

 

6.1.1.5            By versuim om binne die aanmaningstydperk te reageer, sal die normale regsproses ‘n aanvang neem, nadat Raadsgoedkeuring verkry is.

 

 

 

6.2             WATER EN ELEKTRISITEIT

 

6.2.1                   Indien die bedrag betaalbaar vir water en elektrisiteit nie voor of op die betaaldatum betaal is nie, sal die water- en elektrisiteitstoevoer kragtens klousule 6.1 (a) tot 6.1 (e) hierbo afgesny word.

 

 

6.2.2                   DIENSVOORTSETTINGSVOORWAARDES

 

v     Die voorwaardes kragtens klousule 6.1.1 sal van toepassing wees.

 

 

 

6.3             BELASTING, HUUR ONGEMETERDE DIENSTE EN DIVERSE HEFFINGS

 

6.3.1       Indien die uitstaande bedrag ten opsigte van huur, ongemeterde dienste en diverse heffings nie op die betaaldag, soos bepaal deur die Raad, betaal is nie, sal die elektrisiteit- en watertoevoer kragtens klousule 6.1 (a) tot 6.1 (e) hierbo afgesny word.

 

6.3.2       Belasting sal kragtens die wettige skuldinvorderingsbeleid ingevorder word.

 

6.3.3       DIENSVOORTSETTINGWSVOORWAARDES ONDER SUB-PARAGRAAF 6.3

 

v     Die voorwaardes kragtens klousule 6.1.1 sal van krag wees.

 

 

 

 

 

 

 

7.               WETLIKE SKULDINVORDERING

 

 

7.1             WETTIGE STAPPE WAT DIE MUNISIPALITEIT TEEN ‘N AGTERSTALLIGE VERBRUIKER MAG INSTEL OM UITSTAANDE SKULD TE VORDER

 

v     Afbetalingsooreenkoms

v     Dat geleentheid aan die Wyksraadslid gegee word om met agterstallige rekeninghouers te kommunikeer en met die Munisipale Bestuurder, Burgemeester en Speaker te konsulteer.

v     Dagvaarding

v     Verstek Vonnis

v     Eksekusie Verkope

v     Besoldigingsbeslagbevele (waar die bedrag van die debiteur se salaris afgetreik word en deur die werkgewer van die debiteur aan die Munisipaliteit oorbetaal word).

v     Enige ander manier wat deur die Wet voorsiening gemaak is.

 

 

 

MUNISIPALE BELASTING

 

8.               EIENDOMSBELASTING

 

 

8.1             JAARLIKS / MAANDELIKS

 

8.1.1       Eiendomsbelasting is jaarliks betaalbaar voor of op 30 September van elke finansiële jaar waar daar geen reëlings vooraf gemaak is om in maandelikse paaiemente te betaal nie.

 

8.1.2       Dat alle moontlike inligting aan Raadslede deurgegee word insake die hantering van boedels.     

 

 

 

9.         AFSKRYWING VAN ONINBARE SKULD EN REGSTELLINGS VAN FOUTIEWE HEFFINGS

 

v     In die volgende gevalle sal die Bestuur voorstelle aan die Raad maak vir die afskrywing van uitstaande dienste en of belasting skuld van debiteure wat aan die ondergenoemde vereistes voldoen.  Die Finansiële Komitee sal die gevalle ondersoek en n voorstel tot afskrywing/regstelling aan die Raad voorlê.

 

9.1                        Op aanvraag van die betrokke debiteur die afskrywing van oordra skuld wat uitstaande is vanaf die tydperk van voor amalgamasie, en waarvan die Munisipalitiet nie ‘n bewys kan lewer waarvoor die uitstaande rekening was nie, en ook nie die stawende dokumente kan voorlê nie.

 

9.2                        Alle uitstaande skulde van debiteure vir die tydperk van voor amalgamasie, wat volgens die Raad nie ‘n regverdigbare of billike heffing was nie.

 

9.3                        Op aanvraag van die betrokke debiteur die afskrywing van ‘n diensteheffing wat na die oordeel van die Raad, onbillik en onregverdigbaar was vanwee die fiet dat daar nie aanvaarbare bewyse is dat die betrokke debiteur wel die diens ontvang het nie.

 

9.4                        Die afskryf van ‘n dienste heffing waar bewys kan word dat die betrokke elektrisiteit of watermeter foutief was, en waar n verkeerde lesing geregistreer was.  ‘n Eenmalige hoë meterlesing is en nie ‘n bewys van ‘n foutiewe meter nie, maar ‘n meter is slegs foutief indien die meter deur die Munisipaliteit getoets en daarna foutief bewys is.

 

9.5                        Alle oninbare skulde, ouer as drie jaar word afgeskryf. (Werkswinkel soos gehou op Vrydag, 19 Mei 2006)

 

 

9.6                        Uitstaande belasting van debiteure wat nie opgespoor kan word nie, en waar die eiendom reeds oorgedra is na ‘n nuwe eienaar, en waar die belastinguitklaringsertifikaat uitgereik is voordat alle uitstaande belasting in aanmerking geneem of betaal is.

 

9.7                        Uitstaande belasting mag slegs afgeskryf word soos beskryf in paragraaf 6 hierbo, en in geen ander geval nie.  Waar die eiendom nog nie oorgedra is aan ‘n nuwe eienaar nie, moet die belasting eers verhaal word en waar die eienaar oorlede is, sal die boedel of erfgenaam van die eiendom of die nuwe eienaar, indien die boedel die eiendom verkoop, aanspreeklikheid vir die belasting moet aanvaar.

 

9.8                        Enige foutiewe heffing gemaak op die rekening van ‘n debiteur, moet onmiddelik deur die administrasie reggestel word, en is dus nie onderhewig aan ‘n Raadsbelsuit nie.

 

9.9                        Enige ander skulde wat na oordeel van die Raad geag te word oninbaar te wees.