NAMA
KHOI MUNISIPALITEIT
HULPBEHOEWENDE BELEID (INDIGENT
POLICY)
- Die Munisipaliteit verbind hom met die breë beginsels van basiese
diensverskaffing aan sy gemeenskap, en onderneem om nie teen enige van die
gemeenskapslede te diskrimineer nie. Voorts onderneem die munisipaliteit
om op ‘n doeltreffende en effektiewe wyse huishoudings te identifiseer en
basiese diensverskaffing soos water- en elektrisiteitsverskaffing,
vullisverwydering, riool en sanitasie te lewer.
- Definisie van hulpbehoewende huishoudings – Wie kwalifiseer:
‘n Huishouding waar die gekombineerde bruto inkomste
van die aansoeker en gade (uitgesluit enige ander inwoners) minder is as R 2100.00 per maand, of met die diskresie van die
wykskomitee, tot ‘n maksimum van R2100.00 per maand.
- BEPALINGS VAN DIE HULPBEHOEWENDE BELEID:
a.
Die onus berus by die verbuiker om
vir geldelike bystand aansoek te doen sou hy/sy vir sodanige hulp kwalifiseer
en onderneem om hom/haar aan die beperkende voorwaardes soos hieronder
uiteengesit, te onderwerp.
- Dat die inligting rakende die registrasie as hulpbehoewende aan
alle belanghebbende partye, beide in die privaat en publieke sektor,
ingesluit die Provinsiale en Nasionale Regering, asook die Kredietburo en
Plaaslike Nuusblad, beskikbaar gestel sal word.
- Die Raad behou hom die reg voor om die maksimum verbruike ten
opsigte van water en elektrisiteit te bepaal.
- Die lopende heffings ten opsigte van enige dienste teen ‘n
rekening gedebiteer, nie vir uitstel ingevolge die Raad se
Kredietbeheerbeleid kwalifiseer nie, behalwe met die diskresie van die
Wyksraadslid of die Munisipale Bestuurder.
- Dat die onus op die verbruiker berus om die Raad onverwyld van
enige verandering in sy/haar finansiële posisie in kennis te stel.
- Die onus berus op die verbruiker om jaarliks as hulpbehoewende te
herregistreer. Indien die verbruiker versuim om te herregistreer sal
alle voordele in terme van hierdie beleid wat die huishouding ontvang,
gestaak word. Die Raad behou hom die reg voor om die subsidie te
kanselleer indien daar by herregistrasie en/of hersiening gevind word dat
die begunstigde se omstandighede sodanig verander het, dat hy/sy nie
langer daarvoor kwalifiseer nie. Herregistrasie vir die hulpbehoewendes
moet jaarliks gedoen word en kennisgewing van herregistrasie aan die
verbruikers gelewer word ten minste 3 maande voor 1 Julie van elke
finansiële boekjaar. Ten einde papier, tyd en liasseerruimte te bespaar,
moet die voorheen voltooide, aangepaste subsisidevorm tydens
herregistrasie gebruik word en slegs die vereiste nuwe dokumentasie, soos
per paragraaf C(l) in die hulpbehoewende beleid uiteengesit, daarby
aangeheg word, asook enige adresveranderinge, indien enige. Die
hersieningsdatum moet voor op die vorm aangebring word.
- Dat die aansoeker bewys van eienaarskap van die eiendom moet lewer
indien die eienaar die aansoeker is, of ‘n geldige huurkontrak in die
geval van ‘n subsidie huurder.
- Geen aansoeker of gade, mag ander vaste eiendom besit nie.
- Dat die installering van voorafbetaalde elektrisiteit en water,
indien moontlik, outomaties deel van die registrasieproses vorm.
- Diefstal van enige munisipale dienste sal, behoudens die normale
aksies, die totale diskwalifikasie van ‘n hulpbehoewende verbruiker met
betrekking tot daardie eiendom tot gevolg hê.
- Indien die aansoeker agterstallig is met sy/haar munisipale
rekening, moet hy/sy ‘n afbetalingsooreenkoms met die munisipaliteit
aangaan waarvolgens hy/sy onderneem om ten minste R20.00 op die
agterstallige rekening af te betaal. Geen administrasiekoste mag van die
hulpbehoewende verhaal word tydens die invul van vorms nie en geen
skulderkenningsvorms mag voltooi word nie.
- Dokumente benodig by aansoek/herregistrasie:
Die aansoeker moet die volgende oorspronklike
dokumente tydens die aansoekproses indien:
-
jongste salarisstaat of betaalkoevert
ten opsigte van aansoeker
-
jongste pensioenariskwitansie ten
opsigte van aansoeker
-
jongste toelaekwitansie ten opsigte
van aansoeker
-
identiteitsdokument van aansoeker
-
nuutste munisipale rekening
-
beëdigde verklaring van finansiële
posisie van aansoeker
-
aantal vee. (Werkswinkel soos gehou op Vrydag, 19 Mei 2006)
- Dat alle subsidie verbruikers twee keer ‘n jaar moet aansoek doen
vir oorweging en goedkeuring, maar dat die boperk verhoof word tot R2100.00 ten einde beide pensionarisse te
akkommodeer.
- DISKWALIFIKASIE:
Diskwalifikasie sal outomaties in werking tree
indien:
- enige vals inligting verstrek word, of indien daar op ‘n latere
stadium vasgestel word dat vals inligting verstrek was in welke geval die
plaaslike owerheid hom die reg voorbehou om ‘n regsgeding aanhangig te
maak en/of aan te dring op terugbetaling van daardie bedrag reeds in
subsidie deur sodanige persoon ontvang.
- skuldig maak of voordeel trek uit peutering, soos omskryf in die
Invorderingsbeleid en die Kredietbeheer Verordeninge.
- weier tot die installering van vooruitbetaalde elektrisiteit en
water, of waar die vooruitbetaalde water nie beskikbaar is nie, die
installering van ‘n sperder.
- nie herregistreer op of voor die datum waarop dit gedoen moet word
nie.
- waar die hulpbehoewende enige van die Hulpbehoewende en
Invorderingsbeleid en die Kredietbeheer Verordeninge oortree.
- BETALING VAN VOORDELE
(i)
Bruto inkomste
R 0–R1500.00 per maand – 100% subsidie. (Werkswinkel soos gehou op Vrydag, 19 Mei 2006)
(ii)
Bruto inkomste
R R1501.00–R2100.00 per maand – 50% subsidie.
- WAT BEHELS DIE GRATIS BASIESE DIENSTE WAT PER
MAAND VERSKAF WORD:
(i)
6 kiloliter water
(ii)
riool/sanitasie
(iii)
vullis
(iv)
50 eenhede kwh
elektrisiteit
- AFBETALINGSOOREENKOMS
Inkomste kategorie: E (i) hierbo – R50.00. (Werkswinkel soos gehou op Vrydag, 19 Mei 2006)
- BEGRAAFPLASE:
Hulpbehoewende persone wie nie voorsiening gemaak het
vir begrafnisdekking nie, kwalifiseer vir ‘n gratis grafperseel, of gevalle
waar wel voorsiening gemaak is vir begrafnisdekking, maar die polis nie ‘n
grafperseel insluit nie, kwalifiseer ook vir ‘n gratis grafperseel.
- BRANDBESTRYDING:
Hulpbehoewende persone wie nie versekeringsdekking
geniet nie, kwalifiseer vir gratis brandbestrydingsdienste vanaf datum van
inwerkingtreding van hierdie beleid.