NAMA
KHOI MUNISIPALITEIT
GESONDHEID-
EN VEILIGHEIDSBELEID
DIE
BESTUUR VAN NAMA KHOI MUNISIPALITEIT, BESKOU DIE GESONDHEID EN VEILIGHEID VAN SY
WERKNEMERS AS VAN DIE UITERSTE BELANG. DIE SAMEWERKING EN VOORBEELD VAN DIE
BESTUUR, SAL DIE VOLGENDE AS STANDAARDBELEID BESKOU.
=====================
1.
VEILIGE EN
HIGIËNIESE WERKSOMSTANDIGHEDE
2.
GEREELDE GESONDHEID- EN VEILIGHEIDSONDERSOEKE
3.
BEPLANNING VAN NUWE EN MEER EFFEKTIEWE MAATREËLS.
4.
PLAASLIKE GESONDHEID- EN VEILIGHEIDSOPLEIDING.
5.
ONMIDDELLIKE IMPLEMENTERING VAN LEWENSVATBARE GESONDHEIDS- EN
VEILIGHEIDSVOORSTELLE.
6.
IDENTIFISERING EN REGSTELLING VAN ONVEILIGE ARBEIDSPRAKTYKE.
7.
OPBOU VAN WERKERS SE MORAAL EN DIE VESTIGING VAN ‘
MET DIE SAMEWERKING VAN ELKE INDIVIDU SAL ONS
‘N GEWAARBORGDE, GESONDE, VEILIGE WERKSOMGEWING VIR ALLE WERKNEMERS DAARSTEL,
WAAR ELKE WERKNEMER AANGEMOEDIG SAL WORD OM TOT SY OF HAAR VOLLE POTENSIAAL TE
ONTWIKKEL.
................................................
........................................
KOÖRDINEERDER
BESTUURDER
BESTUURS-
EN WERKNEMERVERBINTENIS
Die veiligheid en gesondheid
van elke werknemer by Nama Khoi Munisipaliteit is vir Bestuur van kardinale
belang. Bestuur is, vir sovêr dit redelikerwys uitvoerbaar is, daartoe verbind
om ‘n veilige werksomgewing, wat sonder risiko vir die gesondheid van sy
werknemers is, tot stand te bring en te onderhou.
Nama Khoi Munisipaliteit stel
hom ten doel om die veiligheid van sy werknemers eerste te stel teenoor enige
ander doelwit van die organisasie. Om dit egter te
Van elke werknemer word verwag
om :
Redelik sorg te dra vir sy/haar eie veiligheid en gesondheid en diè van
ander persone wat geraak word deur sy/haar optrede; of
Enige plig, reël, prosedure, wetsvereiste, ensovoorts, stiptelik na te kom; ‘n Wettige opdrag wat aan hom/haar gegee is, uit te voer en die gesondheidsreëls, veiligheidsreëls en- prosedures wat voorgeskryf is deur die Bestuur van Nama Khoi Munisipaliteit, of iemand daartoe gemagtig in die belang van gesondheid of veiligheid, te gehoorsaam;
Enige onveilige handeling en/of toestand wat onder sy/haar aandag kom, so
gou moontlik aan te meld by die betrokke Toesighouer sodat regstellend opgetree
Indien hy/sy betrokke is by ‘n voorval wat sy/haar gesondheid, of wat
‘n besering aan hom/haarself veroorsaak het, daardie voorval so gou as
moontlik, maar nie later nie as die einde van die bepaalde skof waartydens die
voorval plaasgevind het, by sy/haar direkte Toesighouer of iemand deur die
Toesighouer daartoe gemagtig, of sy/haar Veiligheidsverteenwoordiger aan te
meld, tensy die omstandighede van so ‘n aard was dat die aanmelding van die
voorval nie moontlik was nie, in welke geval die voorval so gou moontlik daarna
aangemeld moet word.
ONTHOU :
Ongelukke
gebeur nie net nie. Ongelukke word veroorsaak. U en Bestuur
1.
RAPPORTERING VAN “AMPER ONGELUKKE” EN INSIDENTE :
Die
kern van Nama Khoi Munisipaliteit se Veiligheidsprogram is gemik op
ongeluksvoorkoming en nie genesing nie. Daarom is dit noodsaaklik dat elke
werknemer elke “Amper ongeluk” en insident wat skade en/of besering kon
veroorsaak het, onmiddellik by sy/haar direkte Toesighouer moet aanmeld sodat
voorkomende regstellende aksies betyds geneem
Alle
ongelukke (Beserings/beskadigings/insidente) sal deeglik ondersoek word om ‘n
herhaling te voorkom.
VOORKOMING
IS BETER AS GENESING
2.
VEILIGHEIDSKOMITEE :
Bestuur
het ‘n Veiligheidskomitee daargestel met die doel om Nama Khoi Munisipaliteit
‘n veiliger werkplek te maak. U word ernstig versoek om van die Komitee
gebruik te maak deur voorstelle, navrae en klagtes in verband met veiligheid
onder die aandag van u naaste Veiligheidskomiteelid te bring. Alle Departemente
en Dienspunte is verteenwoordig en is lede op die Veiligheidskomitee en
3.
VEILIGHEIDSINSPEKSIES EN- OUDITTE :
Gereelde
maandelikse Veiligheidsinspeksies en - ouditte word deur Bestuur en
Veiligheidsbeamptes gedoen om te verseker dat werksplekke aan neergelegde
veiligheid standaarde voldoen. Wanneer afwykings identifiseer word, word
regstellende aksies geneem om veilige werksplekke te verseker.
4.
GESONDHEIDSVEREISTES :
Die dra van ‘n geskikte gasmasker is noodsaaklik wanneer daar met
gevaarlike chemikalië gewerk word, of wanneer iemand in ‘n gevaarlike
omgewing is waar gevaarlike gasse teenwoordig is.
Vanweë die gesondheids gevaar moet daar nie kos in dieselfde kas as
klere en ander besoedelde materiaal gebêre word nie.
Was die hande elke keer voordat daar ge-eet word.
Nuttig ‘n goeie maaltyd voordat vir die skof aangemeld word en ook in
die loop van die skof.
Sekere chemikalië veroorsaak huidontsteking by sommige persone. As so
‘n uitslag bemerk word, nadat met so ‘n stof gewerk is, moet daar dadelik
vir mediese behandeling aangemeld word.
Buisligte wat breek hou ‘n ernstige gesondheidsgevaar in wanneer die
stof uit die buis in die oë of oop wond kom en wanneer ‘n persoon deur ‘n
glasskerf afkomstig van so ‘n buis, gesny word. Hanteer buisligte met groot
versigtigheid. Uitgediende buisligte moet in ‘n spesiale drom gebreek word,
waarna die drom op ‘n spesiaal gekose terrein begrawe behoort te word.
Was uself en u klere dikwels. Hou die klere in ‘n skoon, droë kas as
dit nie gedra word nie.
Maak seker die werksplek word goed skoon gehou. As u nie self daarvoor
verantwoordelik is nie, en u dink dit is vuil, bespreek dit met u Toesighouer.
Vee altyd die werktuie en toerusting af met ‘n skoon lap of
papierhanddoek as u klaar daarmee gewerk het. As daar toerusting is wat spesiaal
skoon gemaak moet word, moet slegs die regte persoon dit doen.
Probeer
om nie die gesig of lyf te krap terwyl u werk nie.
Draai
weg van mense wat gaan hoes of nies en hou die hand oor die mond en neus indien
u hoes of nies. Hoes of nies versprei siektes! Moet nooit oor kos hoes of nies
nie.
Was altyd die hande goed voor en na die toilet gebruik is.
5.
NOODHULP :
Maak
seker dat u weet waar noodhulpkissies gehou word en wat die telefoonnommer van
die kantoor is. Hierdie nommer, sowel as die bystandnommers behoort op die
kissie aangebring te wees. ‘n Persoon wat ernstige beserings opgedoen het,
veral waar rug- of nek beserings vermoed word, moet nie van die ongelukstoneel
verwyder word nie. ‘n Ambulans/Noodvoertuig moet ontbied word en noodhulp
behandeling moet op die ongelukstoneel toegepas word (stop van bloeding,
toepassing van kunsmatige asemhaling, hartmassering, behandeling van beenbreuke,
ensovoorts).
Stel
die betrokke Toesighouer en Veiligheidsbeampte onmiddellik van die voorval in
kennis.
In
geval van ‘n ernstige ongeluk moet die ongelukstoneel onversteurd gelaat word,
met uitsondering van die afvoer van beseerde persone en die uitskakeling van
onmiddellike gevaar.
6.
GEKSKEERDERY :
Gekskeerdery
en poetsbakkery was al dikwels die oorsaak van ernstige beserings, al was dit
ook hoe onskuldig bedoel.
Bestuur
beskou optrede van hierdie aard in ‘n baie ernstige lig en dit
U
mag onder geen omstandighede werk doen sonder dat die nodige magtiging daarvoor
verkry is nie. U mag ook nie werk doen waarvoor u nie behoorlik opgelei is nie.
U mag nie privaatwerk gedurende werkstyd doen nie.
Moenie
huiwer om die Toesighouer te verwittig wanneer u gewaar dat iemand gekskeer of
poetse bak wat tot beserings mag lei nie.
Dit
is gevaarlik om mekaar te jaag of te hardloop by die werksplek, veral waar
trappe is of waar die vloer nat en glad is.
7.
NOODGEVALLE :
Moenie
tydens ‘n noodgeval paniekerig raak nie. Dink voordat u handel en bly ten alle
tye kalm.
8.
ALGEMENE GOEIE HUISHOUDING :
Hou
die werksplek altyd skoon en netjies. Minder tyd gaan verlore om te soek na iets
as elke ding op sy plek gehou word.
Die werksomgewing is ‘n spieëlbeeld van u karakter. Dit weerspieël
die kwaliteit van jou werk sowel as van jou netheid tuis.
‘n
Voldoende hoeveelheid vullisdromme is op die terrein geplaas. Gebruik dit.
Wanneer u klaar op ‘n plek gewerk het, ruim alle rommel op voordat u
van diens gaan.
Verwyder olie- en ghrieskolle voordat iemand daarop gly en val. Dit
Maak seker dat alle mangate en slote bedek is sodra u klaar gewerk het.
Indien die werk nie binne dieselfde skof voltooi is nie, beveilig die sloot of
gat op so ‘n wyse dat niemand per ongeluk daarin
Verwyder onmiddellik enige obstruksie in loop- en rypaaie wanneer u dit
teëkom.
Laat toilette, wasgeriewe en eetplekke in dieselfde toestand as wat u dit
graag sal wil aantref.
Moenie kos in klere- of gereedskapkaste plaas of bêre nie. Dit skep ‘n
gesondheidsgevaar.
Moenie
los voorwerpe bo-op kaste, panele, vensterbanke, ensovoorts pak of stoor nie.
Moenie die toegang tot brandblussers, elektriese panele en ander
noodtoerusting toepak nie. Maak liewer gebruik van afgemerkte bergingsareas.
9.
VIER STAPPE TOT VEILIGHEID :
Vra uself altyd die volgende 4 vrae af in enige werksituasie :
Is dit ‘n gevaarlike situasie?
Is hier gereedskap of toerusting wat gevaarlik is?
Doen werknemers enigiets gevaarliks?
Wat gaan u nou daaraan doen?
DAADWERKLIKE
OPTREDE EN POSITIEWE BYDRAES TOT VEILIGHEID
10. ELEKTRISITEIT
:
Niemand mag aan elektriese apparaat wat voorsien is vir veiligheid of
beskerming peuter of dit buite werking stel nie, tensy dit noodsaaklik is om
werk wat met sodanige apparaat in verband staan, te verrig.
Geen ondersoek, versteuring, toetsing, herstelwerk of ander werk wat dit
noodsaaklik maak om gevaarlik naby elektriese apparaat te kom, of dit te hanteer,
mag verrig word nie, tensy sodanige apparaat dood is. Met dien verstande dat
waar die apparaat lewendig moet wees vir die doeleindes van ondersoek,
verstelling, toetsing, herstelwerk of ander werk, dit gedoen mag word deur of
onder die direkte toesig van ‘n bevoegde persoon.
Niemand behalwe ‘n behoorlike gemagtigde bevoegde persoon mag ‘n plek
waar elektriese apparaat geinstalleer is, binnegaan nie, tensy alle lewendige
geleiers wat daarin is, voldoende geisoleer is of andersins doeltreffend beskerm
is teen onopsetlike aanraking. Met dien verstande dat ‘n gemagtigde bevoegde
persoon in ‘n noodgeval bygestaan mag word deur ‘n persoon wat onder sy
direkte persoonlike toesig werk.
Wanneer werk verrig word aan elektriese apparaat wat van alle
toevoerbronne geisoleer is, moet voldoende voorsorgmaatreëls getref word deur
aarding of op ‘n ander wyse om sodanige apparaat en aangrensende apparaat
elektries te ontlaai om te voorkom dat enige geleier of apparaat per ongeluk of
onopsetlik lewendig gemaak word terwyl ‘n persoon daaraan werk.
Geen metaalleer of leer met metaalversterkte kante mag vir ondersoek,
herstelwerk of ander werk wat dit nodig maak om gevaarlik naby te kom of werk te
doen aan elektriese apparaat, gebruik word nie.
11. SLOTWOORD
:
U
veiligheid is vir ons belangrik. Daarom wil ons ‘n beroep op elke werknemer
doen om te alle tye waaksaam te wees met betrekking tot almal se veiligheid.
DINK
VOOR U WERK. VERHOED ONGELUKKE EN SPAAR LEWENS.